Volgens die ombudsman vir korttermynversekering se jaarverslag vir 2017, wat verlede bekendgemaak is, het die meeste verbruikers by die ombudsman gekla oor motorversekeringseise (49,3%), huiseienaarsversekeringseise, (20,4%), sake-eise (7,9%) en huisinhoudsversekeringseise (6,2%). Ina Opperman het gaan kyk waaroor verbruikers gekla het en hoe hulle soortgelyke klagtes in die toekoms kan vermy.
Kleinhandel ervaar groter optimisme
Is kleinhandelverkope die hartklop van die Suid-Afrikaanse ekonomie? Dit blyk uit die jongste gegewens wat Statistiek Suid-Afrika gister uitgereik het.
Ramaphosa wil ekonomie só op dreef kry
Ekonome sê dit is ʼn goeie span met baie vernuf en kennis. Volgens ʼn ontleder is hulle ʼn moeilike taak opgelê, maar met weldeurdagte beplanning en die regte beleid kan hulle slaag.
Oorlog in Sirië ook slegte nuus vir die rand
Die rand en veral Suid-Afrikaanse verbruikers gaan aan die kortste ent trek weens die VSA se volgehoue aantygings oor chemiese wapens wat in Sirië gebruik is in die oorlog teen rebellemagte.
Ombudsman waarsku oor duurder bankdienste
Dít kom te midde stygende pryse van brandstof, skoolgeld en ander verbruikersitems.
Murray & Roberts skop vas teen Aton se aanbod
Ontleders sê die maatskappy is aanloklik vir buitelandse beleggers omdat dit die hoofaandeelhouer in die Gautrein is.
Vermy dié slaggate as jy ʼn tweedehandse motor koop
“As verbruikers nie versigtig is met die aankoop van tweedehandse voertuie nie, kan hulle ʼn reuseherstelprojek of ʼn ongeluk wat wag om te gebeur koop.”
Nuwe uitvoerende leierskap vir Barclays Africa
David Hodnett, die groep se uitvoerende adjunkhoof, sal twee maande lank sabbatsverlof neem.
Handelsoorlog: SA in kruisvuur
Ontleders maan dat die handelsoorlog Suid-Afrikaanse verbruikers ook hard gaan slaan.
Ekonomie: Kredietverkope styg weens knelgreep
Ekonome en ontleders voorspel dat kredietverkope gaan styg namate die verhoging in belasting, brandstofpryse en ander dergelike noodsaaklikhede verbruikers begin wurg.
Is privatisering op hande?
Mike Schussler, hoofekonoom by economists.co.za, sê dat privatisering ʼn positiewe begin sal wees. Volgens Schussler is dit noodsaaklik om staatsbeheerde maatskappye om te draai.
SA se duur openbare diens – ʼn groot politieke en ekonomiese uitdaging
“Dit blyk dat geen politieke party die regte antwoord vir hierdie raaisel het nie en tyd is besig om uit te hardloop.”
Administratiewe kostes gaan verbruikers hard slaan
Roodt wys daarop dat veral vervoerkostes opgejaag word, wat noodsaaklike produkte se pryse gaan laat styg.
Ekonome verwag stewiger groei
Ekonome sê ook dat die groeikoers wat deur Malusi Gigaba, die vorige minister van finansies, tydens die begroting aangekondig is, dalk te konserwatief is. Gigaba het 1,1% in die vooruitsig gestel.
Negester Klein-Kariba bied jou die Bosveld op sy beste
Negester Klein-Kariba, met sy pragtige Bosveld-fauna en -flora, is ‘n beveiligde en volhoubare leefstyl-landgoed vir vyftigplussers.
Sassa-toue kronkel ál langer
ʼn Sassa-werknemer se aansoeke om toelaes styg weens werkloosheid en daar is kommer oor die uitwerking van die hoër BTW op armes.
Moody’s: Dade praat nou harder as woorde
Ekonome waarsku dat die regering nou sal moet uithaal en bewys dat hy ʼn nuwe rigting inslaan. Anders kan dit ʼn negatiewe uitwerking op toekomstige graderings hê.
‘Brei BTW-mandjie uit’
Die kenner wys daarop dat daar tans net 19 basiese voedselsoorte is wat van BTW vrygestel is.
Ekonome hoopvol oor Moody’s se besluit
Ekonome is versigtig optimisties dat Suid-Afrika se kredietgradering onveranderd sal bly.
Hoe gaan die BTW-verhoging jou sak raak?
Van 1 April vanjaar moet grapjasse opsy staan. Dit is die dag waarop belasting op toegevoegde waarde (BTW) van 14% tot 15% gaan styg. En dit gaan geen grap wees nie.