Afrikaans.com het onlangs aangekondig dat hy vanjaar nóg nege skole uit die Wes-Kaap by sy muurkunsprojek, wat in 2017 van stapel gestuur is, gaan betrek. Sedert die ontstaan van die projek het 30 skole landswyd betrokke geraak.
Groot legendes word beskermhere vir kinderhuis
Wynand Claassen, ʼn voormalige Springbokkaptein, dr. Riekie Smit, ʼn mediese praktisyn, die sangeres Corlea Botha en Elzaan van der Merwe, ʼn motiveringspreker en bekende ontwerper, is die nuwe beskermhere van die Abraham Kriel-kinderhuis Nylstroom in Modimolle, Limpopo.
Kom ry saam na Namakwaland
Het jy al ooit gedroom om saam met ʼn groot groep vriende in ʼn veld vol blomme piekniek te hou? Kom kuier dan saam met Maroela Media in Namakwaland! Vanaf 9 tot 13 September 2020 toer ons met ʼn luukse bus deur die blomryke vlaktes van Namakwaland.
‘FroueVonds’: ‘Ek het jou op jou naam geroep’
Liewe meisie, vrou, ma, tannie, ouma… uiteindelik maak dit nie saak waar jy vandaan kom, wat jy verloor het of watter naam jy het nie. Ál wat van belang is, is dat jy jóú naam voortaan met trots sal dra. Dit moet jy wees in alles wat jy dink, doen, hoop en glo.
Gedagte vir die dag: Trotseer
Julle moet julle vyande liefhê. Doen goed aan dié wat julle haat. Seën dié wat julle vervloek. Bid vir hulle wat julle seermaak (Lukas 6:27-28)
ToekomsVenster: Dis chaos
Dis tyd vir herlewing. Dis tyd dat die kerk na vore tree en sy roeping vervul. Dis tyd dat Christene opdaag waar daar chaos is en orde bring.
Baba met gesplete verhemelte ʼn brawe knaap
“Noah was ses dae in die hospitaal, maar teen die tweede dag was hy sy ou self en het hy amper geen tekens van pyn getoon nie.”
Akademia bied nou ook LLB aan
Akademia het pas bekendgemaak dat die Afrikaanse hoëronderwysinstelling van 2020 die graad BCom (Ekonomie en Regte) aanvul met Baccalaureus Legum (LLB).
Gedagte vir die dag: Waar, ongeag
Alles wat U sê, is betroubaar; u regverdige bepalings is vir altyd (Psalm 119:160)
Video: Singende dokter van SA maak wéér opslae
Die Suid-Afrikaanse dokter wat oornag bekend geraak het as “die singende dokter” roer weer hartsnare.
ToekomsVenster: Die teken sê stop
Waarom jaag ons oor God se stopstrate?
Gedagte vir die dag: Reik uit
Julle moet mekaar steeds met ware broederliefde liefhê. Moenie nalaat om gasvry te wees nie. Deur gasvry te wees het party mense, sonder dat hulle dit besef, selfs engele tuis ontvang! (Hebreërs 13:1-2)
Gedagte vir die dag: Punt tot punt
’n Mens kan hoeveel planne maak, maar op die ou einde gebeur wat die Here besluit het (Spreuke 19:21)
Oupas en oumas word ook vir Kersfees bederf
Die Oupa-en-Ouma-projek bederf bejaardes tydens die Kersseisoen wanneer die meeste families bymekaarkom en tyd saam deurbring.
Gedagte vir die dag: Reis, want daar is ’n toekoms
Jy sal altyd ’n toekoms hê. Jou hoop sal nooit beskaam word nie (Spreuke 23:18)
ToekomsVenster: In God se wêreld
Hy het ons wrede wêreld betree en genesing gebring. Hy ruk mense daagliks uit hul skynbestaan uit. Hy bring bevryding en roep hulle dan om ander te help om vry te kom.
Staffie, eienaar ná twee jaar herenig
Daar was min van die groot bruin ogies te siene toe hy gevind is, met die velsiekte wat so gevorderd is dat sy oë amper toegeswel is, maar tog het Zeus se stert geswaai.
Gedagte vir die dag: ’n Ander geldeenheid
Vroeër was hierdie dinge ook deel van julle leefstyl. Maar nou moet julle ook nog van al die volgende ontslae raak: kwaad wees, woedebuie, gemeenheid, gevloek. Vuil taal moenie uit julle mond kom nie (Kolossense 3:7-8)
ToekomsVenster: Het jy My waarlik lief?
Jy sê jy het die Here lief. Wys dit dan!
Wenner van Entrepreneur van die Jaar-kompetisie aangewys
“Ons wil plaaslike entrepreneurs aanmoedig en beloon. Ons sien hul harde werk raak en harde werk is noodsaaklik om in Suid-Afrika suksesvol te wees.”