Die moordbeskuldigde Shrien Dewani se verhoor kan moontlik so vroeg as Oktober begin indien ‘n paneel van kenners rakende geestesgesondheid bevind hy is geskik om verhoor te word, het die Wes-Kaapse hooggeregshof Vrydag gehoor.
Video: “Die stelsel stort in duie”
Dringende ingryping is glo nodig in die Vrystaatse gesondheidsdepartement as die totale ineenstorting van dienste daar voorkom wil word.
Video: Asma is ten volle beheerbaar
Die nasionale asma-opvoedingsprogram sê dié siekte neem plaaslik toe. Daar is byna vier miljoen lyers in Suid-Afrika en een uit elke vyf skoolkinders toon die simptome.
Boek: Die Daniël-plan
Wil jy graag fisiek, emosioneel en geestelik gesonder leef? Dan is Die Daniël-plan vir jou bedoel.
Video: “Pil verhoog nie bloedklont-risiko”
‘n Groep ginekoloë vat diegene aan wat beweer dat die voorbehoedmiddel, bekend as die pil, die risiko vir bloedklonte sodanig verhoog dat dit nie gebruik moet word nie.
Nies- en hoesdruppeltjies trek veel verder as voorheen gedink
Klein nies- en hoesdruppeltjies kan tot 200 keer so ver trek as wat voorheen gemeen is, aldus ‘n ondersoek deur ‘n span navorsers van die MIT.
Miljoene vir presidente se gesondheid
Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die minister van verdediging, het gesê dit is baie duur om mediese dienste aan president Jacob Zuma, sy afhanklikes en voorgangers te verskaf.
Wetgewing wat rook beperk positief vir kindergesondheid
Wetgewing wat beperkings op rook plaas, soos ‘n rookverbod in openbare geboue, het ‘n positiewe uitwerking op die gesondheid van kinders, blyk uit wêreldwye navorsing wat pas in die vaktydskrif, The Lancet, gepubliseer is.
Billy Graham se toestand verswak
Die bekende Amerikaanse evangelis, Billy Graham, se toestand het die afgelope ruk baie verswak, aldus sy seun, Franklin.
“Madiba behou steeds sy veggees”
Oud-president Nelson Mandela se dogter, Makaziwe Mandela, het gesê Madiba is baie sterk, en leer mense steeds ʼn les in geduld, liefde en verdraagsaamheid.
Zuma besoek Mandela, oorhandig vredesprys
President Jacob Zuma het Maandag oud-pres. Nelson Mandela by sy huis in Houghton in Johannesburg gaan besoek waar Zuma ʼn vredesprys aan Mandela oorhandig het.
“Dit gaan goed met Mandela”
Winnie Madikizela-Mandela, die eksvrou van voormalige pres. Nelson Mandela, het Sondag aan die SAUK gesê dit gaan goed met dié oudstaatsman.
Mandela sit glo regop
Oudpres. Nelson Mandela “sit regop en kyk rond”, het The New Age Donderdag berig.
Uitstel vir “vet” SA-man
Albert Buitenhuis, wat tans in Nieu-Seeland woon en met deportasie gedreig is weens sy gewig, het Maandag ʼn 23 maandlange grasie ontvang.
Staking raak Madiba-huis
Oudpresident Nelson Mandela se huis in Houghton, Johannesburg, is Woensdagaand in donkerte gehul toe werkers van City Power met ʼn onwettige staking begin het en glo die kragtoevoer afgesny het.
“Mandela reageer op behandeling”
Oudpresident Nelson Mandela reageer op die behandeling wat hy tans by sy huis in Johannesburg ontvang, het president Jacob Zuma Dinsdag gesê.
Mandela moontlik terug by die huis
Voormalige president Nelson Mandela is glo ontslaan uit die hospitaal en terug by die huis, maar die presidensie het dit nog nie bevestig nie.
“Mandela steeds kritiek maar verbeter”
Oud.pres. Nelson Mandela se toestand is steeds kritiek maar verbeter geleidelik.
Dettol en Domestos: Meer inligting oor produkte wat herroep word
Dettol-ontsmettingsmiddel wat van die Verenigde Koninkryk af ingevoer is, word landswyd herroep omdat dit glo ʼn gesondheidsrisiko kan inhou, het die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies (NRCS) Dinsdag gesê.
Dettol word glo herroep
Dettol-ontsmettingsmiddels moet herroep word, aangesien dit glo ʼn gesondheidsrisiko vir verbruikers inhou, het die Nasionale Reguleerder van Verpligte Spesifikasies (NRCS) Dinsdag gesê.