BMW is ywerig besig met nuwe modelle en nuwe tegnologie wat binnekort beskikbaar gaan wees, insluitend ‘n elektriese bromponie en ‘n nuwe slim ry- bril.
Wiele2Wiele leer Suzuki se Grand Vitara ken
Hierdie week bring Wiele2Wiele tyd met Suzuki se Grand Vitara deur en gaan ry met Volkswagen se nuwe Amarok 2.0 BiTDI-bakkie. Kia se nuwe Picanto, wat verseker die koppe gaan laat draai, is op pad en jy kan nou ’n gepantserde Mercedes-Benz V-Class kry deur SVI.
Lexus se luukse bielie en buksie
Wat luukse Japannese motors betref, is Lexus beslis die voorloper-handelsmerk, en hou dié maklik kers vas by enige van sy Duitse eweknieë. Boonop staan Lexus ook voor in die tou wat tegnologie en vakmanskap betref, soos die splinternuwe LX-super-sportnuts en kompakte NX wéér bewys.
Triumph Street Triple 765 RS nou met Moto2-woema
Daar is heelwat kaalfietse in Suid-Afrika beskikbaar in hierdie klas, en elkeen het sy eie karakter. As ek egter in die mark was vir hierdie klas van fiets, sou ek die Street Triple sterk oorweeg.
Wiele2Wiele ry met V6 Wildtrak
Hierdie week gaan kyk Wiele2Wiele hoe word Killarney-renbaan met ’n historiese Blou-gedenkplaat bekroon. Hulle gaan ry met die Ford Ranger 3.0 V6 Wildtrak en daar is interessante algemene nuus. Die vraag oor hoe vinnig jy teoreties van 0-100km/h kan versnel word beantwoord en Honda se nuwe Hornet-motorfiets is hier.
Nuwe kar kan ook help met beurtkrag-blues
Die Chinese vervaardiger BYD het pas sy Atto 3-model in Suid-Afrika bekend gestel.
Kingsley Holgate en kie weer op pad
Kingsley en sy span het pas hul 41ste reistog begin – ʼn reis deur 12 Afrikalande.
Vlieënde motors is hier!
Vir sowat R5,6 miljoen kan jy jou eie eerste vlieënde elektriese motor aanskaf.
Kan VW die halftonbakkie weer laat terugkeer?
Nissan se NP200 kom in Desember tot ʼn einde en Nissan het nie vir hom ʼn plaasvervanger nie. Brendon Staniforth is egter oortuig dat Volkswagen met die perfekte oplossing sit.
BMW vier miljoenste GS met jongste model
Daar is seker min motorfietse wat die wêreld so aangegryp het soos BMW se GS-reeks.
Wiele2Wiele: Alfa vier mylpaal met nuwe Stelvio
Hierdie week in Wiele2Wiele vier Alfa Romeo hulle 113de bestaansjaar en stel die nuwe Stelvio bekend. Die W2W-span is beïndruk met Renault se Captur en glimlag oor BMW se 3-silinder X1. Hulle gee ook bestuurswenke vir die nat pad en ’n geskiedenisles oor motorfietsrenne.
Foto’s: Silverton-aanleg een van Ford se beste
Die transformasie van die Silverton-aanleg in ʼn kort tydjie is niks minder as verstommend nie, skryf Brendon Staniforth.
Wiele2Wiele leer meer oor waterstof-boot
Wiele2Wiele het meer gaan uitvind oor die Energy Observer-katamaran wat selfonderhoudend is wat energie betref en gebruik maak van Toyota se brandstofseltegnologie. Hulle spandeer ook tyd met Toyota se nuwe Fortuner en gaan ry met BMW se elektriese iX3.
Berugte Safari Rally Kenia skop af
Die berugte Safari Rally Kenia, bekend as een van die moeilikste byeenkomste in motorsport, vind van vandag af in Nairobi plaas.
Toyotas wys hul staal in GR-reeks
Daar was die afgelope naweek baie motorsportaksie by die Aldo Scribante-renbaan in Gqeberha tydens die vierde ronde van die Extreme Festival.
Ford, trots Suid-Afrikaans…
Toe ek ʼn jong lat was sou ek met enige mens gestry het dat Ford ʼn Suid-Afrikaanse handelsmerk is. Hoe sê die manne, een liter brandewyn – twee liter Coke en ʼn drie liter Ford…?
Wat gebeur as jy ʼn motorfiets en ʼn motor kruis?
Ek het die karretjie vreeslik geniet en oral moes ek vrae beantwoord. Dit is egter iets met ʼn baie beperkte aanwending.
Hou vas, GR-beker jaag dié naweek PE toe
Die weer in PE is maar trietsig, maar Saterdag se weer beloof om sonnig en warm te wees.
Wiele2Wiele gesels oor Volvo se elektriese trok-reeks
Wiele2Wiele het die bekendstelling van Volvo se elektriese vragmotor-reeks bygewoon, met Toyota se nuwe Vitz rondgerits en tyd met die Jeep Grand Cherokee spandeer. Hulle gee raad oor hoe jy ‘n turbo-aangedrewe enjin kan warm maak en wenke vir wanneer jy die reënweer met ‘n motorfiets moet trotseer.
SA se motor van die jaar gaan Dakar toe
Ford Performance het pas aangekondig dat hy aan die 2024-Dakar-uithouren sal deelneem.