Warren Lamont het een van die aanvallers in die egpaar se slaapkamer doodgeskiet, terwyl een van die gesin se honde ’n ander rower verjaag het.
Lus vir ʼn stukkie stokviswors, soja-eiers of seewiergarnale?
Suid-Afrikaners is tans verdeeld oor ʼn nuwe produk wat onlangs op Woolworths se winkelrakke verskyn het: sogenaamde ‘Hake wors’, oftewel stokviswors.
Andy Murray se trouring, tekkies terug ná dit voete kry
Die tennisspeler se tekkies en trouring, wat aan die veters van sy skoene vasgemaak was, het verdwyn nadat hy dit oornag onder sy motor gelos het.
Santam-uitspraak moet wekroep wees oor polisbewoording
“Hoe ingewikkelder die opstel van kontrakte, hoe groter die kans op interne dubbelsinnigheid en teenstrydighede,” waarsku ’n kenner.
Sportterrein van R15 m. ‘manifestasie van ANC se munisipale verrotting’
“Ek is nie ʼn tegniese kenner nie, maar na gelang van wat ek gesien en gelees het, sal ek sê daar is geen waarde vir geld hier nie,” het die provinsiale LUR ná afloop van ‘n besoek aan die sportterein gesê.
Polisiehoof dalk gou geskors: ‘Hele SAPD moet ondersoek word’
“Daar was die afgelope 20 jaar geen enkele nasionale polisiekommissaris wat nie onder verdenking was of skuldig bevind is aan korrupsie of ander strafregtelike oortredings onder die ANC-bewind nie.”
Bewaringsbeampte, sakeman vas oor renosterhorings
ʼn Beampte van Noordwes se departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake, bewaring en toerisme en die eienaar van ʼn veiligheidsmaatskappy is in hegtenis geneem vir beweerde onwettige handel in renosterhorings.
Só lyk jongste Covid-19-statistieke
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is die jongste positiwiteitskoers 2,9%.
Oud SS-wag (100) verhoor vir Nazi-oorlogsmisdade
Schuetz word daarvan beskuldig dat hy “willens en wetens” medepligtig was aan die moord op 3 518 gevangenes in die Sachsenhausen-konsentrasiekamp noord van Berlyn.
SA eindelik van Britse rooilys verwyder
Dit is amptelik, Suid-Afrika word van Brittanje se reisrooilys verwyder.
Fase 2-beurtkrag afgekondig
Fase 2-beurtkrag sal vanaand (Donderdag) vanaf 21:00 tot Vrydag 05:00 geïmplementeer word. Beurtkrag sal ook Vrydagaand en Saterdagoggend gedurende dieselfde tydgleuf herhaal word sodat Eskom…
Foto’s: Klaskamers in brand verwoes
Die brand het vermoedelik in twee mobiele klaskamers ontstaan.
Arrogant, harteloos en wreed’: Appèlhof gee Santam bloedneus
Die versekeraar is Donderdag as arrogant, harteloos en wreed bestempel vir sy uitbetaling van eise vir sakeonderbreking.
Nuuskommentaar: Die seisoen van stakings het aangebreek!
Tydens hierdie stakingseisoene gebruik vakbondleiers gewoonlik radikale opmerkings en optrede om radikale verandering vir hul lede teweeg te bring as onderhandelingstaktieke. Dit is gewoonlik selfs in weerwil van die ekonomiese werklikhede wat maatskappye in die gesig staar.
Carletonville-hospitaalbrand doelbewus gestig
Dit word vermoed dat die brand gestig is om korrupsie rakende PPE te verdoesel.
Dis Cele vs. Sitole in stryd om beheer van polisie
Sedert 2000, met die aanstelling van Jackie Selebi, is elke polisiekommissaris in omstredenheid gedompel. Een van die grootste bydraende faktore hiervoor was omdat dit politieke aanstellings was van mense sonder enige polisie-ervaring.
‘Kampvegter vir inenting’ glo dood weens Covid
Iris Adams (64), ʼn verpleegster, was die eerste gesondheidswerker by die Karl Bremer-hospitaal in die Wes-Kaap wat teen Covid-19 ingeënt is.
DA verwyder omstrede verkiesingsplakkate
“Ons het ons woorde swak gekies, maar ons bedoeling was opreg.”
Omstrede lys vir hoofregter betwis
“Hoe beland regters met sulke twyfelagtige verledes op hierdie kortlys?” wil AfriForum weet.
Ondersoekraad gaan kyk na polisiehoof se geskiktheid
“Dit word genoodsaak deur die openbare belang in die integriteit van die kantoor van die nasionale kommissaris.”