Die eienaar van ʼn suikerrietplaas in Eshowe, KwaZulu-Natal, bepaal nog die omvang van die skade nadat sy plaas byna in sy geheel verwoes is toe ontstoke betogers brande gestig het in die suikerrietplantasies en in sy geboue.
TLU SA sê: ‘Dankie, wêreld’
TLU SA het met groot waardering kennis geneem van stemme wat in die buiteland opgaan oor die situasie van Suid-Afrikaanse landbouers.
Steve-konsert mag by George-stadsaal voortgaan
Die plaaslike munisipaliteit in George het sy besluit hersien oor Steve Hofmeyr se konsert in die stadsaal.
Malema daag nie op by KZN-grondgrypsaak
Julius Malema, leier van die EFF, het nie Vrydag by die Newcastle-landdroshof opgedaag vir ʼn saak oor aanhitsing en betreding nie.
Die nuwe wind waai in die parlement
Presidensiële vraetyd het daarmee pens en pootjies in die 21ste eeu beland – in skrille kontras met die wyse waarop oudpres. Jacob Zuma te werk gegaan het …
SAID ontken BTW-terugbetalings aan Gupta-maatskappy
Tom Moyane, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het Vrydag enige betrokkenheid ontken in goedkeuring vir ʼn BTW-terugbetaling aan Oakbay, ʼn maatskappy wat met die omstrede Gupta-familie deur ʼn derdeparty verbind word.
Sperdatum oor puttoilette by skole
Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydag die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, ʼn maand gegee om ʼn oudit te doen oor alle gevaarlike skoolstrukture en om ʼn plan te beraam om dit te herstel.
Paspoort-video: Werknemer is ‘swartgesmeer’, sê vakbond
Die vakbond Nehawu het Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, daarvan beskuldig dat hy in die openbaar ʼn werknemer swartgesmeer het toe ʼn video op sosiale media aan die lig gekom het waar die persoon meer aandag aan haar selfoon gee as aan die werk wat sy by Beitbrug-grenspos moet doen.
Reën word dié naweek verwag
Suid-Afrikaners kan hierdie naweek reën verwag, weens ʼn kouefront.
Krag bly aan in Vrystaat-dorpe danksy betalingsooreenkoms
Kragonderbrekings van 14 uur per dag is voorkom danksy ʼn betalingsooreenkoms tussen die betrokke munisipaliteit en Eskom.
Abrahams sê oor Zuma se vervolging
Shaun Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging, het Vrydag die NVG se langverwagte besluit of voormalige pres. Jacob Zuma op ʼn string korrupsieaanklagte vervolg sal word of nie, tydens ʼn mediakonferensie in Pretoria bekend gemaak.
Vrou dood langs N1 gevind; familie gesoek
Volgens die polisie is die vrou wit van gelaat en sowat 1,6 m lank. Sy het ʼn sweetpaktop, ʼn rok waarvan die kleur onbekend is, en tekkies gedra.
Student sterf op Puk-kampus
Volgens die universiteit het die voorval nie tydens formele studente- of universiteitsaktiwiteite plaasgevind nie.
Vroulike masjinis kaal uitgetrek, met baksteen geslaan
Die vrou is glo oorval, kaal uitgetrek, met ʼn baksteen geslaan en toe in die bosse ingetrek.
Vrou vermoor toe sy familie wil beskerm
“Die man en sy skoonma het opgespring en die deur toegedruk, terwyl hulle die ander familielede opdrag gegee het om weg te kruip.”
KFC sê oor listeriose-bewerings
KFC het reageer op bewerings en kommer op sosiale media dat dié kettinggroep se produkte moontlik met listeria besmet is.
Abrahams sê vandag of Zuma vervolg word
Die langverwagte besluit of voormalige pres. Jacob Zuma op ʼn string korrupsieaanklagte vervolg sal word of nie, word vanmiddag in Pretoria bekend gemaak.
Plaasmoorde en eiendomsregte ook in Vlaandere bespreek
Die Nieuw-Vlaamse Alliantie (N-VA) het vroeër die week ook ’n seminaar by die Belgiese parlement in Brussel gehou oor plaasmoorde én die ANC se beleid van eiendomsonteiening sonder vergoeding daartydens bespreek.
Media24 erken prysvasstelling
Die Suid-Afrikaanse Mededingingskommissie het Vrydag gesê Media24 het erken dat hy skuldig is aan prysvasstelling en die vasstelling van handelsvoorwaardes, en het derhalwe ingestem om byna R14 miljoen in ʼn skikkingsooreenkoms met die kommissie te betaal.
Steve doen regstappe oor konsert
“Uiteindelik, [terwyl] kliënte jare lank al hoes om my fooi te betaal, gaan bykans 95% van my konserte se wins na die oorlewing van klein gemeenskappe, soms Afrikaans, Christelik, kleuterskole, skole en kerkies.”