Opod en die SAPD het die afgelope paar maande ʼn geheime operasie uitgevoer by plaaslike ryskole asook onder die metropolisiebeamptes wat as eksaminators vir rybewystoetse optree.
Rugbyafrigter glo met skroewedraaier in kop gesteek
“Die gesin sukkel om die gebeure te verwerk, maar daar is ʼn ondersteuningstelsel rondom die familie.”
Bejaarde man met doringdraad vasgebind tydens plaasaanval
Die egpaar is onder meer met ysters aangerand en die man is met doringdraad aan ‘n houtpaal buite die huis vasgevind.
Meer mense ontvang toelae as mense wat werk
Daar is nou meer mense wat maatskaplike toelaes in Suid-Afrika ontvang as wat daar mense is wat werk.
Bloem-stadsaal afgebrand: Samwu ontken betrokkenheid
Die munisipalewerkersvakbond Samwu het Donderdag ontken dat dit sy lede was wat die historiese stadsaal in Bloemfontein aan die brand gesteek het.
DA-raadslid in Kaapstad doodgeskiet, beloning uitgeloof
ʼn Raadslid van die DA is Woensdagaand ná ʼn vergadering in Kaapstad doodgeskiet.
Sewe vas oor ‘buitelandse’ mortierbomme van miljoene rande
Hulle is vasgetrek toe hulle glo die mortierbomme probeer verkoop het.
Grondwethof lewer uitspraak oor geheime stemming
Die konstitusionele hof het Donderdag uitspraak gelewer rakende die versoek dat die mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma met ’n geheime stemming plaasvind.
NVG appelleer teen pedofiel se ‘skokkend ligte’ vonnis
Hy is skuldig bevind aan 2 130 aanklagte van seksuele aanranding en die besit en vervaardiging van kinderpornografie.
[Video] Bfn-geweld: Munisipaliteit eer glo nie ooreenkoms
Kyk hier na beeldmateriaal wat ’n hommeltuig van die reusebrand geneem het.
Oudskoolhoof hoor oor borgtog ná hy glo skolier verkrag
Uitspraak is Donderdag gelewer in die borgtogaansoek van ʼn voormalige skoolhoof van ʼn private skool in Limpopo wat glo ʼn 15-jarige meisie verkrag het.
NW-boere fnuik ‘rowers’ en polisiebeampte
Ses verdagtes, waaronder ʼn polisiebeampte, is tydens ʼn gesamentlike poging deur boere van die Wolmaransstad-omgewing en die polisie vir sameswering om ʼn misdaad te pleeg aangekeer.
Vier kinders verloor ma in huisbrand
“Daar was niks wat ons vir haar kon doen nie en sy is op die toneel dood verklaar.”
Grondwethof gaan sê oor geheime stemming
“Ek dink die hof sal in ons guns beslis.”
Drie renosters in Limpopo gestroop
“Die karkasse is ontdek nadat plaaswerkers aasvoëls in die lug sien vlieg het.”
‘Munisipale wanbesteding genoeg om Eskom-skuld dubbel te betaal’
“Hierdie onvermoë van staatsorgane om mekaar tot verantwoording te roep, lei tot die grootskaalse bedrog en korrupsie. Dit is ironies dat hierdie bedrag byna dubbel soveel as die munisipale skuld aan Eskom verskuldig is.”
Man (36) sterf toe trein hom tref ná aanranding
Die 36-jarige man is eers geskiet en aangerand, en toe deur ʼn trein getref toe sy aanvallers hom op die platform langs die treinspoor gesit het met sy kop wat oor die rand van die platform hang.
Paniek gesaai oor misvormde lam wat ‘lyk soos mens’
Die Oos-Kaapse departement van landelike ontwikkeling en landbouhervorming het Woensdag bevestig dat die foto van ʼn erg misvormde lammetjie ‘wat soos ʼn mens lyk’, nié ʼn slenter is nie.
Vermeende misdadiger (37) pleeg selfmoord toe polisie hom vastrek
ʼn 37-jarige vermeende misdadiger het sy eie lewe geneem toe lede van die polisie ná ʼn grootskaalse soektog daarin geslaag het om hom vas te trek.
[Foto’s en video] Bloemfontein-stadsaal in ligte laaie
Brandbestryders is steeds besig om vlamme te blus nadat die stadsaal in Bloemfontein Woensdagaand vermoedelik deur stakende munisipale werkers aan die brand gesteek is.