Die raad op korrektiewe toesig en paroolhersiening is versoek om die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik se borgtogvoorwardes te heroorweeg ná hy glo Woensdag ʼn joernalis gevloek het.
Jongman langer as week vermis
ʼn Soektog is aan die gang na Steven Roux (25), ʼn inwoner van Brakpan in Gauteng, wat nou reeds meer as ʼn week vermis word nadat hy die laaste keer in Mpumalanga gesien is.
Drie ‘renosterstropers’ in Mpumalanga vasgetrek
Drie vermeende renosterstropers is Vrydag in die vroeë oggendure in Acornhoek, Mpumalanga, vasgetrek.
‘Kaper’ kom sy moses teë met jong vrou
ʼn Jong vrou van Durban, KwaZulu-Natal, het Donderdag ʼn noue ontkoming gehad toe ʼn vermeende kaper haar met ʼn mes in haar kop gesteek het.
Limpopo-dubbelmoord: Onthoofde liggame se koppe gekry
Die koppe van die twee mense wie se onthoofde liggame onlangs in ʼn bergagtige gebied in Limpopo gevind is, is Donderdag opgespoor.
ANC-hoë kritiseer Nkandla-verslag
Die ANC in Gauteng het by monde van sy leier, Paul Mashatile, gesê die polisieminister se verslag oor Nkandla weerspieël nie die amptelike posisie van die regerende party nie.
Beurtkrag Vrydag heeldag toegepas
Eskom het Vrydagoggend vanaf 06:00 beurtkrag begin toepas en gesê dit sal waarskynlik tot 22:00 die aand voortduur.
Foto’s: Groot ongeluk bring JHB-snelweg tot stilstand
28 mense is Vrydagoggend beseer in ʼn kettingbotsing waarin 16 voertuie op die N12-wes in Benoni aan die Oos-Rand betrokke was.
‘ANC-regering moet ophou om geleenthede van wit jeugdiges te weerhou’
Wat die ANC-regering met die wit jeug van Suid-Afrika doen, is niks anders nie as rassisme in sy ergste graad nie, het die Vryheidsfront Plus gesê.
Solidariteit gaan DKD in konstitusionele hof pak
Die vakbond Solidariteit gaan in November vanjaar namens tien van sy lede die departement van korrektiewe dienste (DKD) in die konstitusionele hof pak.
Weermag vra weer vir wit rekrute
Die weermag het begin met ʼn program om jong wit Suid-Afrikaners te lok.
Goeie nuus: Kaapstad kry vervoer-toekenning in Italië
Die stad Kaapstad se vervoerowerheid het ʼn spesiale erkenning ontvang in Milan, Italië, tydens die 61ste UITP-wêreldkongres.
Man vas ná hy jok oor gewapende roof by sy huis
Die polisie in Kaapstad het ʼn man in hegtenis geneem op aanklag van meineed nadat hy glo gejok het oor ʼn gewapende roof by sy huis.
Pa sit lank oor dogter se verkragting
ʼn 39-jarige man van Khayelitsha in die Wes-Kaap is skuldig bevind en gevonnis vir die herhaaldelike verkragting van sy biologiese dogter.
‘Lover’s Lane’-moordenaar skuldig bevind
Jimmy Kgomotso Modisenyane (26), die sogenaamde “lover’s lane”-moordenaar is skuldig bevind op 14 aanklagte waaronder verkragting en moord.
Video: Krisistaakspan vir Telkom-afleggingsproses
Die vakbond Solidariteit se krisistaakspan vir die hantering van die Telkom-afleggingskrisis het vandag ʼn noodplan vir die hantering van die afleggingsproses bekendgemaak.
Kuruman-plaasmoord: Derde verdagte vasgetrek
Die polisie het Dinsdag omstreeks 22:00 ʼn derde verdagte vasgetrek vir die moord op Christo Kruger (63) wat op 28 Mei op sy plaas naby Kuruman doodgeskiet is.
Twee in hof ná pa sy tienerdogter ‘verkoop’
Twee verdagtes sal Donderdag in die Hammarsdale-landdroshof in Durban verskyn nadat ʼn pa sy 14-jarige dogter aan ʼn ander man “verkoop” het.
Ernstige vrae oor ‘grondeisers’ in Bethlehem wat plase wil eis
Inwoners van Bethlehem in die Vrystaat is diep bekommerd oor honderde inwoners uit die township wat die afgelope week opgeroep is om grondeise-verklarings by die stadsaal in te dien.
Vermiste Pta-leerling se erg geskende liggaam gevind
Die erg geskende liggaam van ʼn Pretoria-leerling wat Saterdag vermis geraak het, is Woensdag in ʼn veld noord van die stad opgespoor.