Tot dusver stel die Engelse die maatstaf.
Miller se kolf doen die praatwerk
David Miller se vuurwerkvertoning in die laaste boulbeurt het gesorg dat die Proteas vir Sri Lanka met vier paaltjies klop.
Proteas kniel vóór Sri Lanka-stryd
Quinton de Kock, wat in die plek van Heinrich Klaasen speel, het ook agter die paaltjies gekniel, maar hy het nie sy vuis in die lug gesteek nie.
Krieket-legendes sterf kort na mekaar
Alan Davidson, ʼn uitnemende bouler én kolwer, is in die verlede as “een van krieket se geliefdste en invloedrykste spelers” beskryf.
Mening: Opwaartse kurwe vir SA-krieket ondanks onlangse glipse
ʼn Land se krieketkrag kan nie net op sy tref-en-trap T20-sukses gebaseer word nie, maar tog het die amper verwagte neerlaag verlede naweek in dié formaat se Wêreldbekertoernooi teen Australië seergemaak.
Chris Morris se Protea-dae verby
“Ek is nie iemand wat daarvan hou om amptelike aankondigings te maak nie, maar Krieket Suid-Afrika is bewus daarvan.”
KSA erken sy tydsberekening was swak
“Ek gaan nie jok nie. Ek was geskok toe ons op pad na ’n belangrike wedstryd aangesê is om ’n opdrag uit te voer.”
De Kock: ‘Ek is nie ’n rassis’
“Ek is al baie dinge op die krieketveld genoem. Selfsugtig. Onvolwasse. Daardie woorde het my glad nie gepla nie. Maar om as ’n rassis uitgekryt te word maak wel baie seer; nie net vir my nie, maak ook vir my gesin en my swanger vrou.”
Namibië tans bo Indië op punteleer
Ruben Trumpelmann, ’n oudleerling van die Afrikaanse Hoër Seunskool, het drie paaltjies binne die bestek van vier aflewerings geneem.
Namibië aan die brand by WB-toernooi
“Ons is ’n klein land, net ’n paar mense speel krieket en ons kan trots wees op onsself.”
Kaptein en kommentator twiet oor De Kock
“Ek is bevrees dit is nie die laaste wat ons van die De Kock-aangeleentheid sal hoor nie. Dit sal my nie verbaas as ons hom nie weer in Protea-kleure sien nie.”
Bavuma ná kniel-herrie: ‘Ons respekteer sy besluit’
Volgens Bavuma is die span eers Dinsdagoggend van die raad se bevel ingelig.
Krieketbase moet dalk kniebuig-besluit aan MRK verduidelik
KSA se sogenaamde verenigde standpunt teen rassisme is Dinsdag as ’n “buitemagtige misbruik van gesag” bestempel.
Proteas wen te midde van chaos
Maar waar die vreugdevure op die veld brand, het die gebeure langs die grenstou ’n wrang smaak in baie ondersteuners se mond gelaat.
De Kock onttrek hom aan Windies-stryd
Dit volg kort op die hakke van die nuus dat Krieket Suid-Afrika (KSA) eis dat elke speler die knie vóór die oorblywende Wêreldbeker-wedstryde moet buig.
KSA eis dat Proteas die knie buig
“Die verbintenis om rassisme die nekslag toe te dien is die gom wat ons moet verenig, saambind en versterk.”
Gaan die Protea-kolwers wéér sukkel?
Die Windies is in hul eerste wedstryd vir slegs 55 lopies uitgeknikker en die Proteas behoort die wedstryd eintlik op ’n drafstap te wen. Dit is nou as die kolwers meer as 135 lopies bymekaar kan skraap.
As-kuus? Tot 80 000 toeskouers per dag by MCG-toets
Intussen is die veglustige Ben Stokes ook weer deel van Engeland se planne vir die komende Reeks om die As.
Kohli: ‘Ons het Pakistan nie onderskat’
Babar Azam en Kie. het Indië met tien paaltjies in hul T20-Wêreldbekerwedstryd verrinneweer – dit is die eerste keer in 13 probeerslae dat hulle die Indiërs in ’n Wêreldbeker-kragmeting kon troef.
Protea-kolwers sal hul sokkies móét optrek
Die boulers kan inderdaad wedstryde vir die Suid-Afrikaners wen, maar hul kolwers sal ongetwyfeld hul kant moet bring. Vandag sou net tien ekstra lopies ’n reuseverskil teen Australië gemaak het.