Suid-Afrika se makro-senter André Esterhuizen het ʼn drie gedruk en die deurslaggewende aangee uitgevoer om ʼn ander drie te skep om Harlequins te help om Wasps in Londen te klop.
Rugby: Leinster bo-aan VRK-punteleer
Connacht het ook ʼn geskiedkundige oorwinning behaal toe hulle die Scarlets gisteraand geklop het. Dit was die Iere se eerste oorwinning op die Walliesers se tuisveld in 12 probeerslae.
Tennis: Norrie teen Opelka in eindstryd
Die Brit Cameron Norrie kom nou teen die Amerikaner met die reuse-afslane, Reilly Opelka, te staan.
Gholf: SA’ners jag Kaapse trofee
Die Suid-Afrikaner JC Ritchie (-14) is net twee houe agter die 19-jarige Ier Tom McKibbin by die Bain’s Whisky Kaapstad Ope.
Curriebeker: Haaie woel teen Leeus
Dalk is die Leeus besig om die jongelinge hard en slaggereed te kry om aanstaande seisoen hul man te kan staan.
’n Katgeveg met kortgeknipte naels
Bedenklike hanteerwerk en te veel strafskoppe het vandag enige gedagtes wat die Cheetahs en Pumas oor aanvallende rugby gehad het, in die kiem gesmoor.
Plaaslike slot rank in Nederlanders se lynstaan
“Nederland lê my baie na aan die hart en ek sal graag saam aan die land se unieke rugbystorie wil skryf.”
Superrugby: Kiwi-spanne blink, Aussies bra dof
In Nieu-Seeland is rugby steeds kerngesond, maar in Australië bly dit maar oninspirerend.
Krieketskande in Christchurch
“Ons is hier om ons land op die krieketveld te verteenwoordig en ons moet vir enigiets gereed wees; ons kan nie agter flou verskonings soos kwarantyn wegkruip nie.”
Sharks het boerpot met Etzebeth geslaan
Dis ʼn langtermyn-belegging wat eers ná ʼn paar jaar ongekende groei sal toon.
Sonskynreeks: Jong Ier voor in Kaapse Ope
Vra enige gholfondersteuner wie Rory McIIroy is, en hy of sy sal jou dadelik kan antwoord. Maar vra wie Tom McKibbin is en hulle sal net kopskud en vra: “Tom wie?”
Curriebeker: Griekwas maak dit drie uit drie teen die WP
Die Poubloues was rustyd met 12-10 voor en dit was hul derde agtereenvolgende oorwinning oor die WP nadat hulle in 2021 twee keer baas was.
Masi uit sy wedrendirekteur-stoel geskop
Die skrif was eintlik reeds verlede jaar aan die muur vir die 44-jarige Aussie.
Lekker Curriebeker-aksie dié naweek
Van Frans Steyn en Ruan Pienaar tot Zander du Plessis en Vincent Tshituka sal vir hul onderskeie spanne uitdraf.
Wat ’n verlepte vertoning in Christchurch
Ná die tweede dag van spel is die Proteas nie net met hul rûe teen die muur nie, hulle strompel sonder ’n kompas op moedverloor se vlakte rond.
Olimpiese skiër beland bo-op kameraman
“Ek sou sekerlik op my kop geland het as dit nie vir die kameraman was nie. Ek hoop hy is oukei, want ek het reg op hom geland.”
Haaie kry Eben se handtekening
Die Springbok-slot Eben Etzebeth kan een van die grootste visse in die Haaitenk word wanneer hy eersdaags by die KwaZulu-Natallers aansluit.
‘Môre is nog ’n dag,’ sê Duanne
Die Suid-Afrikaanse krieketspan is met sy rug teen die muur nadat hy vir 95 lopies in Christchurch uitgeboender is.
SA speler koningin van die doelsirkel
Ine-Marí Venter is tans vir die meeste doele in Engeland se Vitality-netbalreeks verantwoordelik.
Bomskok: Proteas almal uit vir 95!
Matt Henry se sewe paaltjies laat die Proteas in Christchurch steier.