AB de Villiers het homself vandag by die Challengers se bio-veilige omgewing in Chennai aangesluit en RCB het hom op sosiale media met ’n “ruimteskip het geland”-inskrywing verwelkom.
Duhan en CJ onder Sesnasies se bestes
Die 25-jarige Van der Merwe het nie net die meeste drieë (vyf) gedruk nie, maar ook die legendariese Brian O’ Driscoll se rekord verbeter.
Spanjaard steeds Medvedev se tier
Naomi Osaka se onoorwonne rekord – wat oor 23 wedstryde strek – is ook beëindig.
Conway reeds onder voorste T20-kolwers
“Ons het nog altyd geweet dat Devon ’n baie spesiale speler is, maar hy speel tans ongelooflike krieket,” sê Nieu-Seelandse afrigter van hul Suid-Afrikaans gebore ster.
Sit Verstappen in ’n Mercedes en kyk wat gebeur
“As Max vir Mercedes gejaag het, is ek daarvan oortuig dat hy vir Lewis ’n ding of twee sou wys,” sê ’n voormalige wêreldkampioen.
Minder gaaprugby so in Rassie se kraal
Hoewel spanne by verstek in ’n driefees gewikkel was wanneer hulle teen die Oostelike Provinsie gespeel het, is daar steeds 134 drieë in 16 voorbereidingswedstryde gedruk. Dit is ’n gemiddeld van net meer as agt drieë per kragmeting.
Morris ‘stomgeslaan’ oor IPL-status
Die 33-jarige speler was nog net in vier toetse, 42 eendag- en 23 T20-kragmetings vir die Proteas in aksie, maar sy waarde word ongetwyfeld op die internasionale verhoog raakgesien.
Haas se skilpadkar blus nie Schumi-vuur
“Ek dink egter dat ek baie geleer het en hopelik kan ek dit in iets positief vir die volgende wedren omskep.”
Switserse natuurprag kry Federer-bemarkingskrag
“Dit is die perfekte kombinasie. Switserland en sy ongerepte natuur het ongetwyfeld tot Roger se ongelooflike tennisloopbaan bygedra.”
Henry sê eers koebaai vir sosiale media
Die voormalige Franse doelskieter Thierry Henry boikot sosiale media in protes teen rassistiese kommentaar en kuberboelies.
Bavuma het oog op Wêreldbeker
Jy hoef egter nie ’n Nostradamus te wees om te voorspel dat Suid-Afrikaanse krieket dalk tot 2023 gaan spartel om sy huis in orde te kry nie.
MotoGP: Broer maak op vir Brad se agterstand
Darryn Binder was vir die eerste paar rondes voor.
Bande brand by Formule Een
Dit was vroeg reeds duidelik dat vanjaar se kampioenskappe deur bandestrategieë en kuipestoppe bepaal gaan word.
Cheetahs hardloop futlose Olifante deurmekaar
Dit is egter duidelik dat daar lanklaas mededingende rugby in die Oos-Kaap gespeel is en hulle kon in die tweede helfte net stokflou toekyk hoe die Cheetahs die krane oopdraai.
Stormers waai Leeus van hul voete
Ja, daar is weliswaar geen silwerware op die spel nie, maar ’n drag slae is nooit lekker nie en die Leeus gaan beslis hul wonde ná dié ene lek.
Gʼn geluk vir SA gholfspelers in VSA toernooi
Suid-Afrikaanse spelers vaar egter beter in ʼn verskeidenheid ander internasionale toernooie die naweek.
Griekwas, Pumas klim onder mekaar in
Daar was op die oog af nie baie op die spel in die voorbereidingswedstryd Saterdag in Kimberley tussen die rugbyspanne van Griekwas en Pumas nie.
Durbaniete laat Bulle in Haaitenk spartel
Die Haaie het die wedstryd in die eerste 40 minute van die wedstryd gewen; om ’n rustydagterstand van 31 – 5 uit te wis was dalk ’n bietjie te veel van ’n jong span sonder Duane Vermeulen gevra.
Twee SA’ners deur na finaal van WGC-putjiespeltoernooi
Frittelli is die laagste gekeurde speler wat sedert die ontstaan van die toernooi in 2015 dit kon regkry om tot die uitspeelrondes deur te dring.
Europese avontuur wink vir SA spanne
Die Suid-Afrikaners sal met ’n spul plaaslike derby-wedstryde begin wanneer die aksie op 24 April afskop, maar hulle kan van die vierde ronde met Europese spanne te doen kry.