Die Suid-Afrikaners sal met ’n spul plaaslike derby-wedstryde begin wanneer die aksie op 24 April afskop, maar hulle kan van die vierde ronde met Europese spanne te doen kry.
Roberto moet nie vir Lloyd onderskat
Harris se selfvertroue-beker loop deesdae oor. Voeg daarby sy talent en aanvoeling vir die spel en jy sit met ’n baie gevaarlike speler; iemand wat topgekeurdes nie ligtelik moet opneem nie.
Alonso dalk oud, maar g’n koud
“Ek verstaan nie werklik waarom daar so ’n bohaai oor my ouderdom opgeskop word nie. Die ou wat deesdae die sport oorheers, is 36 jaar oud; dit is nie asof ek 20 jaar ouer is nie.”
Kolisi maak Haai-buiging teen Bulle
“Lukhanyo Am doen tans uitstekende werk en ons wil vir eers nie ekstra (kapteinskap)druk op Siya se skouers plaas nie.”
Olimpiese vlam bring lig in onseker tye
Hoewel sommige toeskouers oor ’n gebrek aan opwinding weens Covid-19-regulasies gemor het, het kinders se oë steeds geskitter terwyl hulle grootoog die vlam se vordering gevolg het.
Player onderstreep sy klas met Tiger-boodskap
“Ek wens hom alle voorspoed toe; hy is immers die man wat gholf na ’n hoër vlak geneem het.”
Shamsi nou wêreld se voorste T20-draaier
Suid-Afrika se nuwe witbalkrieket-kaptein, Temba Bavuma, is 78ste op die kolfranglys.
Mick kan nuwe lewe in F1 blaas
Selfs al kan dit ’n rukkie neem om sy voete tussen die F1-hardebaarde te vind – hy gaan kwalik vir Hamilton in ’n Haas plattrek – kan jy maar solank jou veiligheidsgordel stywer trek: ’n Schumacher saam met ’n Alonso en ’n Vettel sorg ongetwyfeld vir opwinding.
Mening: Bestuur én finansiering nodig vir sukses en nuwe sterre
Gaan krap maar in die argiewe, hier en oorsee, en jy sal sien dat die beste spanne op alle vlakke hul sukses te danke het aan goeie spelers, goeie afrigters en goeie bestuur.
Lloyd nou teen 19-jarige ná Murray besering
“Toe word ek om 03:00 wakker met ’n steekpyn in my lies en ek kon kwalik loop,” het die 33-jarige Andy Murray gesê.
Indië wen, maar Protea-vroue lag laaste
“Ons vertrek vandag uit Lucknow, maar die herinneringe wat ons hier gemaak het, sal by ons bly. Hierdie was ’n ongelooflike toer vir die hele span.”
Conway skitter weer vir Swartpette
Die Nieu-Seelanders is gaande oor hul Suid-Afrikaanse invoerproduk en oudspeler Mark Richardson het al opgewonde vanuit die kommentatorshokkie gegil dat Conway oor emmersvol klas beskik.
Ecclestone sê BLM gebruik Hamilton net
“Hy word deur mense misbruik wat BLM ondersteun en hulle maak lekker geld daardeur. Terselfdertyd weet niemand waarheen die einste geld gaan nie.”
Lloyd spring 29 plekke op ranglys
Die Suid-Afrikaner is volgende in die VSA in aksie waar hy Andy Murray in die eerste ronde in Miami die stryd aansê.
Walkerbaai-swem: Tot in ongerepte water vir sinkende kunste
ʼn Week gelede was Carina Bruwer nog besig om tot verhaal te kom nadat sy die eerste swemmer geword het wat die ope waters van Walkerbaai tussen Hermanus en Gansbaai aangedurf het.
‘Vreeslose’ Protea-vroue maak amok in Indië
Voordat die T20-reeks begin het, kon die Proteas nog net twee van die nege kragmetings tussen die twee lande gewen het, maar na dese behoort die Indiërs nagmerries oor Lizelle Lee en Laura Wolvaardt se flitsende kolwe te kry.
Swaargewigbokskampioen Jimmy Abbott oorlede
Die voormalige swaargewigbokskampioen Jimmy Abbott is Sondagaand in die ouderdom van 61 oorlede.
Gholf: Justin Harding op kruin van golf
Die Suid-Afrikaner Erik van Rooyen (209) staan intussen stewig.
Sesnasiesdrama in Parys
Soos sake staan, moet die Franse die Skotte in Vrydagaand se uitgestelde kragmeting in Parys met minstens 21 punte klop en ʼn bonuspuntoorwinning behaal.
Lions troef die Sharks, ook maar net-net
Daar was 12 drieë op die spyskaart, daar was ʼn hele paar hoogtepunte, daar was ʼn paar skitterende bewegings, maar dalk het kersie op die koek steeds ontbreek.