Daar is beslis ‘n paar lesse wat geleer is die afgelope naweek na die Springbokke se sege oor die Wallabies op Nuweland.
Flip van der Merwe uitgewys vir ontoelaatbare spel
Flip van der Merwe mag dalk geskors word na Saterdag se geelkaart teen die Wallabies.
Curriebekernuus: Halfeindstryde vir die Eerste Liga op pad
Die Eerste Liga se halfeindstryde in die Curriebekerkompetisie is om die draai.
All Blacks kry bonuspunt-sege
Die All Blacks het vier drieë teen die Poemas gedruk vir ‘n bonuspunt en daarmee ‘n uiters moeilike taak vir die Bokke volgende naweek op Ellispark geskep.
Springbokke oorrompel die Aussies
Die Springbokke het die Aussies op Nuweland oorrompel met pragspel en driekeer oor die doellyn gaan kuier.
Poemas wil die All Blacks klop
Nes die Springbokke keer die Argetynse Poemas hierdie naweek terug na hul tuisveld ná ’n toer na Australasië, maar anders as die Suid-Afrikaners staar hulle ’n feitlik onoorkomelike uitdaging in die gesig: Om die All Blacks te klop.
Bokke tuis,maar dis maak- of- breek
Die Springbokke is terug in Suid-Afrika ná drie wegwedstryde, maar in die pylvak van die Rugbykampioenskap is dit allermins die tyd vir oorgerus raak oor hierdie tuisveldvoordeel want ’n reusetaak wag op hulle in die volgende twee weke.
Bokke wil die Aussies stukkend skrum
Die Springbokke meen dat hulle die Aussies voorlangs gaan sag maak om sodoende ‘n platvorm te skep om punte aan te teken.
Valke laat die Kings skrik
Die OP Kings moes Vrydagaand diep delf om die Valke te klop in ‘n Absa Curriebeker Eersteligawestryd op die NMB Stadion in Port Elizabeth.
‘Dronk’ James O’Connor uit die Wallabyspan
James O’Connor, sterspeler van die Australiese Wallabies, sal vir ‘n onbepaalde tyd nie beskikbaar wees vir insluiting in die nasionale span nie na ‘n insident op die Perthse lughawe.
Beseerde McCaw toer saam
Steve Hansen, hoofafrigter van die All Blacks, het sy toerspan aangekondig vir die toer in Argentinië en Suid-Afrika vir die laaste been van die Rugbykampioenskap.
Bismarck du Plessis se rooikaart word teruggetrek
Die dissiplinêre verhoor teen Bismarck du Plessis het gelas dat die rooikaart van sy rekord verwyder word nadat Gerrie Swart, Bismarck se regsverteenwoordiger, gevra het vir ‘n bespoediging van die speler se verhoor.
All Blacks se afrigter Steve Hansen meen Bismarck se rooi kaart was regverdig
Die Kiwi afrigter meen dat Bismarck du Plessis se rooi kaart regverdig was en dat die All Blacks geen hulp van die skeidsregter ontvang het in die wedstryd teen die Springbokke nie.
Luiperds werk hard teen Griffons
Die Luiperds het hul ondersteuners laat glo dat daar nog halfeind-hoop is na ‘n oorwinning in Potchefstroom oor die Griffons.
Springbokke: Luister hier na die nabetragting van die Auckland-toets
Springbokke: Luister hier na die nabetragting van die Auckland-toets.
Wallabies wen in Perth
Australië het sy eerste oorwinning in vanjaar se Rugbykampioenskap behaal toe hy Argentinië in Perth met 14-13 geklop het.
Dapper Bokke verloor in Nieu Seeland
Die Springbokke en hul ondersteuners sal steeds rooi sien ná vandag se 15-29 nederlaag teen die All Blacks op Eden Park in Auckland.
Grens Bulldogs verslaan die Valke
Vrydag die 13de was ‘n ongelukkige dag vir die Valke in hul Absa Curriebeker Eersteligawedstryd teen die Grens Bulldogs in die Buffalo City stadion in Oos-Londen.
Pumas wen net-net
‘n Strafdoel in die laaste minuut deur JC Roos het die Steval Pumas ‘n oorwinning van 28-27 (rustyd 13-18) oor die SWD Arende besorg in ‘n Absa Curriebeker Eersteligawedstryd in George. Hulle bly onoorwonne in die kompetisie.
‘n Mengsel van jonk en oud vir die All Blacks teen die Springbokke
Die All Blacks wie die Springbokke Saterdag in Auckland aanvat, is aangekondig. Dis ‘n mengsel van jonk en oud, ervare en minder ervare.