As die Springbokspan nie eers een van die swakste Australiese spanne in baie jare sonder sy twee beste spelbrekers kan klop nie, is daar sommer baie groot fout.
Alles vir die sleutelwoord "Australië"
Pocock uit Bokke-toets: Is dit die All Blacks se skuld?
Die debat of die All Blacks die reëls buig (en daarmee wegkom) het opnuut opgevlam nadat die Wallabies se groot baljagter David Pocock vanweë ʼn nekbesering nie sy fiksheid kon bewys vir Saterdag se toetswedstryd in die Rugbykampioenskap in Brisbane teen die Springbokke nie.
Beauden Barrett druk vier keer en All Blacks herhaal die loesing
Dit was nog beter as verlede naweek se loesing wat hulle die Wallabies in Sydney toegedien het toe die All Blacks op tuisbodem weer in die tweede helfte losgetrek het.
Die Wallabies het eenvoudig te veel leemtes
Kan die Wallabies dit dalk, net dálk, regkry om Saterdag hul eerste oorwinning in 32 jaar op Edenpark teen die All Blacks te behaal?
SA grondkwessie maak opslae in Australië
Die parlement van die Australiese deelstaat Nieu-Suid-Wallis het gister in Sydney eenparig ’n mosie aanvaar wat onteiening van grond sonder vergoeding in Suid-Afrika teenstaan.
SA en wêreld se rykes kies Australië
Daar het verlede jaar meer as 10 000 miljoenêrs na Australië verhuis, insluitend honderde Suid-Afrikaners.
Thailand-grotredding: Hartseer nuus vir reddingswerker
“Dit is ʼn tyd van rou vir die Harris-familie en word vererger deur die fisieke en emosionele eise van die week se hoogs ingewikkelde en uiteindelik suksesvolle reddingsoperasie.”
Akademia gaan referate by internasionale konferensie lewer
Vyf akademici van die privaat hoëronderwysinstelling, Akademia, is genooi om voorleggings by ʼn konferensie aan te bied, wat handel oor die verbetering van universiteitsonderrig in Port Macquarie in Australië.
Talle SA’ners doen aansoek vir humanitêre visums na Aus
“Ek het my departement gevra om te kyk na opsies en maniere hoe ons kan help, aangesien die inligting wat ek gesien het, daarop dui dat die mense hulp nodig het en hulle benodig hulp van ʼn beskaafde land soos ons s’n.”
Halfblinde hond nou erepolisielid ná hy kleuter red
“Aurora het na ‘hond’ geruik omdat sy die hele nag teenaan Max geslaap het.”
104-jarige wil eie lewe neem
“Hy het besluit dit is tyd om dood te gaan. Hy sê hy het alles gedoen wat hy wou.”
Australië: waarheen nou met Peter Dutton se uitsprake?
Nico Stegmann neem Peter Dutton, die Australiese minister van binnelandse sake en immigrasie, se uitsprake oor die humanitêre inname van SA boere onder die loep:
SA-regering stamp weer kop met Australië
“Die reiskennisgewing het die potensiaal om nie net Australiërs te ontmoedig om Suid-Afrika te besoek nie, maar ook om die land se beeld ernstige skade aan te doen.”
Duisende Australiërs stap teen plaasmoorde. Waarom nou?
Wat het dan nou gebeur dat Maart die “internasionale maand vir plaasmoorde in Suid-Afrika” geword het? Die antwoord lê in 27 Februarie 2018 opgesluit, skryf Dirk Hermann van Solidariteit.
Veldbrand woed voort in Sydney
Owerhede probeer bepaal of die brand moedswillig gestig is.
Internasionale optogte teen plaasmoorde: ‘SA regering kry dalk van hul eie medisyne’
Wat is die impak van die talle internasionale protesoptogte wat nou opnuut die kollig op plaasmoorde in Suid-Afrika plaas? Vestig dit die wêreld se aandag op die probleem en kan dit regtig druk op die Suid-Afrikaanse regering plaas om enige iets te doen?
Foto’s: Australiërs hou optog teen ‘volksmoord in SA’
“Wit Suid-Afrikaners sal nie stilgemaak word nie. Duisende in Perth wys vandag hul ondersteuning.”
Moet op prinse nie vertrou nie
Aan die anderkant moet diegene wat agterbly weet dat ’n groot opdraande stryd voorlê. Suid-Afrika gaan sy eie probleme moet oplos. Ander lande se polisie en weermagte gaan ons nie te hulp snel of gemeenskappe kom beveilig nie.
Australië trek glo uitsprake oor SA boere terug
Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Maandag gesê Suid-Afrika verwelkom Australië se terugtrekking van omstrede uitsprake deur dié land se minister van binnelandse sake dat Australië die immigrasieproses vir wit Suid-Afrikaanse boere wil versnel omdat hulle in hul eie land “vervolg” word.
Ma vas oor porno-kring waarby dogter betrek is
Die ma, stiefpa en gesinsvriend van ʼn agtjarige meisie is in hegtenis geneem oor ʼn vermoedelike porno-kring en groepseksklub in Perth, Australië.