Daar is omstreeks 11:00 ʼn harde slag gehoor en ʼn brandbestryder het van een van die hoë verdiepings na buite geval en op die sementplaveisel te lande gekom reg voor die hoofingang na die gebou.
Alles vir die sleutelwoord "brand"
Boer in veldbrand vasgekeer: ‘Ek het gedink ek gaan doodbrand’
“Toe ek binne-in in die vlamme was, het die trekker gevrek. Daar was nie genoeg suurstof vir die enjin om te ontbrand nie.”
Vyf sterf in KZN-huisbrand
“Hulle het vyf mense in die huis aangetref en hulle na buite gebring. Drie volwassenes en twee mense wat vermoedelik kinders is, is met noodlottige beserings aangetref,” het ʼn woordvoerder van die nooddienste gesê.
Foto’s: Onnie in hospitaal ná brand by skool
Die oorsaak van die brand is in dié stadium nog onbekend.
Gesin eers gewurg, vasgebind voor huis afbrand
Die polisie het intussen die name van die oorledenes bekendgemaak.
Harte geroer met projek ná Spar afbrand
Ná ʼn erge brand die winkel binne byna heeltemal verwoes het, het die eienaar van die Spar besluit om die tragedie in iets positiefs te omskep.
Een dood ná brand uitbreek by Centurion-aftreeoord
Een mens is dood nadat ʼn brand Vrydagaand by ʼn aftreeoord in Midstream in Centurion uitgebreek het.
Man kritiek ná ontploffing by Pta-fabriek
“Hy het baie ernstige wonde aan sy gesig, bolyf, borskas, arms en die res van sy lyf opgedoen.”
Toerismesentrum in Limpopo brand af
“Die meubels en elektriese toestelle is alles vernietig. Die skade word op R500 000 beraam.”
Huisbrand eis ouers, vier kinders
ʼn Gesin van ses is Woensdag in die vroeë oggendure in ʼn huisbrand in Kaapstad dood.
Pta-gebou ontruim
ʼn Gebou in Pretoria se middestad moes Woensdagmiddag ontruim word.
Polisie ondersoek klag van brandstigting
ʼn Stemboodskap is vroeër op sosiale media versprei waarin ʼn man beweer hy het gesien hoe twee mans petrolkanne in die Sardiniabaai-natuurreservaat in Port Elizabeth dra.
Nog ʼn kind (3) dood in Wes-Kaap-brande
Die Wes-Kaapse regering het Donderdag gesê die dodetal van vandeesweek se verwoestende storm en brande in die Wes-Kaap het tot nege gestyg nadat ʼn driejarige seuntjie se liggaam gevind is.
[Foto’s] Knysna-brande: Duisende ontruim wyl huise, skole afbrand
Johan van Noordwyk, ʼn inwoner van die dorp, het Donderdagaand op Facebook gesê sy gesin het heel waarskynlik alles in dié brande verloor. Van Noordwyk en sy gesin het minder as ʼn week gelede na Knysna verhuis.
Brande by twee hospitale in KZN
Brandbestryders het hul hande vol gehad om twee brande onder beheer te bring wat in twee afsonderlike voorvalle by hospitale in KwaZulu-Natal uitgebreek het.
[Foto’s en Video] Jhb-kantoorblok in ligte laaie
Talle brandbestryders is op die toneel waar ʼn brand Dinsdagmiddag by ʼn kantoorblok in Johannesburg uitgebreek het.
Pakhuis-brand steeds nie geblus
Brandbestryders spook steeds sedert Vrydagoggend onverpoos om die reuse brand in ʼn Transnet-pakhuis by die Durbanse hawe te blus.
[Foto’s] Reusebrand woed deur nag voort
Brandbestryders het gisteraand en regdeur die nag gespook om ʼn reusebrand in ʼn pakhuis by die Durbanse hawe onder bedwang te bring en mense in ondernemings moes die gebied verlaat.
[Foto’s] Reusebrand woed in Durban
ʼn Reusebrand het in ʼn gebou naby die Durbanse hawe in KwaZulu-Natal uitgebreek.
Kaapstad-fietstoer se kos, water na Houtbaai-slagoffers
Duisende slagoffers van die verwoestende brand by Houtbaai in die Kaapse Skiereiland het Sondag kos, water en koeldrank wat vir die Kaapstad-fietstoer bedoel was, as skenking ontvang. Nagenoeg 8 000 mense is dakloos gelaat.