Britse wetmakers het Vrydag die regering se Brexit-ooreenkoms vir ʼn derde keer verwerp.
Alles vir die sleutelwoord "Brexit"
LP’s neem beheer van Brexit
Britse LP’s neem beheer van laerhuissake by eerste minister Theresa May oor in ʼn poging om ʼn oplossing te vind oor hoe om aan die Europese Unie te onttrek.
Druk word al meer vir Theresa May
“Ek is bevrees dit is heeltemal verby vir [die eerste minister]. Sy het haar bes gedoen. Maar oral in die land kan jy die woede sien. Almal voel verraai.”
Brexit: SA wil handelsooreenkoms afhandel
Die tussentydse handelstariewe is gunstig vir sommige Suid-Afrikaanse uitvoerders maar hou ernstige gevolge in vir ander.
Gaan ʼn harde Brexit tot ʼn verenigde Ierland lei?
Met die moontlikheid van ’n harde Brexit, wat by die dag moontliker word, word die onsekerheid oor hoe Brexit die sagte grens tussen Ierland en Noord-Ierland gaan raak, by die dag meer aktueel.
Brexit: May sê vandag oor haar Plan B
Drie kabinetsministers het aan die koerant gesê ʼn verkiesing is ʼn moontlikheid.
May oorleef weer wantroue-mosie
“Geen geharde Brexit-voorstander wil [May se rol oorneem nie], want hulle weet, in hul hart, dit kan nie gedoen word nie en hulle wil nie daarvoor blameer word nie.”
Vernederende Brexit-nederlaag vir May
Dit was ʼn verbysterende nederlaag vir May en het daartoe gelei dat Jeremy Corbyn, die opposisieleier, ʼn mosie van wantroue in May ingestel het.
Hoe sal die jaar 2019 verloop?
Die wêreld het verskeie voortslepende knelpunte wat eintlik al die tekens toon dat dit gaan eskaleer, skryf Tienie Fourie.
Arbeiders se leier wil Theresa May tot ʼn val bring
Corbyn het ʼn beroep op LP’s gedoen om te verklaar dat hulle “geen vertroue in die eerste minister het nie”.
Theresa May oorleef mosie van wantroue
In ʼn toespraak het May gesê haar regering is opnuut daarop ingestel om die Brexit te verwesenlik waarvoor Britse kiesers gestem het, “een wat beheer oor ons geld, grense en wetgewing herstel”.
Theresa May ‘sal teen mosie van wantroue baklei’
Talle LP’s raak ál meer ongelukkig met May oor haar hantering van Brexit.
Brexit: ‘Dis ongenadig moeilik om die EU te verlaat’
Of ’n mens nou van die EU hou of nie, hy is ’n onverbiddelike feit van die lewe. Leopold Scholtz se voorspelling is dat die EU nie so maklik uitmekaar gaan val nie.
Theresa May en die Brexit-spook
Die Britse eerste minister, Theresa May, se wollerige uitspraak op haar pas afgelope besoek aan Suid-Afrika, dat sy grondhervorming in Suid-Afrika ondersteun – solank dit net wettig is, was maar erg teleurstellend.
Nuwe woelinge oor die Brexit
Die Britse regering onder eerste minister Theresa May stoei nou al geruime tyd oor die toepassing van die Brexit-besluit oor uittrede uit die Europese Unie (EU). Die strydpunt is of dit ’n “sagte” of ’n “harde” Brexit moet wees.
Nóg ministers bedank in protes teen Brexit-plan
Nog twee van die Britse premier, Theresa May, se senior ministers het bedank in protes teen May se Brexit-onderhandelingsplan.
Boris Johnson bedank
Boris Johnson, die Britse minister van buitelandse sake, het te midde politieke twis oor die land se Brexit-strategie bedank.
Vryhandelsooreenkoms tussen 44 Afrikastate
’n Mens hoop dat iets van hierdie ooreenkoms kom, alhoewel die ondervinding eerder skepties maak. Groot woorde en planne het al uit Afrika gekom en min het daarvan gekom wat tasbaar en tot voordeel van die mense is.
Brexit: ‘Impak op ekonomie nog nie geassesseer’
David Davis, die Britse minister wat verantwoordelik is vir Brexit, het Woensdag gesê Brittanje het nog nie ʼn formele sektor-tot-sektor-analise gedoen oor die impak wat die onttrekking uit die Europese Unie (EU) op die ekonomie sal hê nie, omdat dit volgens hom nog nie nodig was nie.
Kan Brexit die Noord-Ierse konflik heraktiveer?
Teen dié tyd is die meeste waarnemers bewus van presies hoe ’n komplekse proses dit is vir Brittanje om hom van die Europese Unie los te maak. En Brittanje was nooit eens volkome geïntegreer nie deur sy eie geldeenheid, die pond, te behou.