Kapt. André Beetge sê die baba, wat steeds tekens van lewe getoon het, is na ʼn hospitaal gehaas vir dringende mediese behandeling.
Alles vir die sleutelwoord "bron"
Jhb-vrou (24) verdrink in swembad
Nooddienste is deur die slagoffer se suster na die toneel ontbied nadat sy die vrou in die swembad opgemerk het. Die slagoffer se suster moes trauma-berading ontvang.
Nóg verdagtes vas ná boer een doodskiet tydens aanval
“Toe die verdagtes die polisie opmerk, het hulle begin losbrand. Die polisie het teruggeskiet en een verdagte gewond.”
Privaat kragopwekking: Waghond wil verpligte registrasie keer
“Die regering moet maatskappye in staatsbesit beter te bestuur en nuttelose en verkwistende uitgawes te vermy, eerder as om te teer op die paar getroue belastingbetalers wat die ekonomie in hierdie moeilike ekonomiese tye aan die gang hou.”
Vier in hof vir onwettige ivoor
Vier mans het vandeesweek in die Olifantshoek-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van nagenoeg agt olifanttande.
Minister se woordvoerder skiet glo homself
“Die polisie is bewus van die bewerings dat hy sy eie lewe geneem het deur homself te skiet en dit word tans ondersoek. Ons kan egter niks in dié stadium bevestig nie.”
Een dood, vier kritiek ná voertuie van voor bots
Twee mans het met die aankoms van die nooddienste op die toneel buite die bakkie gelê. Volgens die nooddienste was twee ander mans in die wrak van die bakkie vasgekeer en ʼn vyfde persoon, die bestuurder van die motor, was ook in ʼn ernstige toestand in die motor vasgekeer.
ToekomsVenster: Die politici krap alles deurmekaar
Vader, ons kom met gebede, smeking en danksegging voor U troon om vir ons politieke leiers en vir almal wat gesagsposisies beklee te bid, sodat ons in vrede mag leef en volkome toegewy kan wees aan U.
Talle ‘taxi’-malariagevalle waargeneem
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê talle gevalle van “lughawe”- of “taxi”-malaria is in Gauteng waargeneem terwyl daar ʼn toename in malariagevalle in Limpopo en Mpumalanga is.
Ma sterf ná hospitaalbesoek aan vroeggebore babas
“Sy kon nie ʼn dag laat verbygaan sonder om vir haar tweeling in die hospitaal te gaan kuier nie. Sy was ʼn toegewyde ma, suster en vrou.”
[Resep] Sjokolade-en-jogurtkoekies
Maak sommer nóú ʼn baksel van hierdie heerlike koekies vir die naweek!
Man gee homself oor ná hy weddenskap met polisie verloor
Wanneer die polisie op soek is na ʼn verdagte met lasbriewe vir sy inhegtenisneming, vereis dit gewoonlik ʼn toegewyde poging van die beamptes en wenke van die gemeenskap om die persoon uiteindelik aan te keer. ʼn Ongewone weddenskap in Redford, Michigan tussen ʼn verdagte en die polisie het egter vandeesmaand anders verloop.
[Video] SA krieketheld se vrou laat hom groot skrik
Talle sosialemediagebruikers het in die kommentaarveld uitgewys dat sy krieketkolf dalk in dié situasie ʼn beter doel kan dien as om bloot krieketballe te slaan.
Woord: chauffeur
Waar kom die woord “chauffeur” vandaan? Taaltoffie stel ondersoek in.
Verbruikersake: Versekering teen natuurrampe
Die onlangse tornado’s in die binneland en die groot storm in Durban het baie verbruikers laat wonder hoe ʼn mens sulke enorme skade oorleef. Huiseienaarsversekering is een van die maniere waarop ʼn mens kan verseker dat jy ten minste jou huis kan herstel of herbou.
Man sterf toe vragmotor vlamvat
Een man is dood en twee ander beseer in ʼn gru-botsing tussen ʼn motor en vragmotor Vrydag in die vroeë oggendure op die N4-snelweg.
Vandag se sportnuus
Suid-Afrika vier vandag sy tweede Wêreldbekeroorwinning in 2007.
Vrou kritiek ná val van balkon
’n Vrou is ernstig beseer toe sy van ʼn balkon in Umhlanga Rocks in KwaZulu-Natal afgeval het.
Dié dorp volgende op die lys vir kragonderbrekings
“Dit tree boonop in werking op 6 Desember, wat in die feesseisoen is,” het Grobbelaar gesê.
Hof sê nee vir hidrobreking
“Die regering se planne om met ʼn skaliegasbedryf by wyse van hidrouliese breking voort te gaan, het ʼn ernstige terugslag ervaar.”