Adj.pres. Cyril Ramaphosa het Sondag ontken dat hy met Chinese regeringsbeamptes byeengekom het weens hul kommer oor ekonomiese en politieke stabiliteit in Suid-Afrika.
Alles vir die sleutelwoord "Cyril Ramaphosa"
SA-polisieman sterf in Suid-Soedan
Die liggaam van ʼn Suid-Afrikaanse polisiebeampte sal uit Suid-Soedan gerepatrieer word nadat hy Vrydag in die Afrika-land gesterf het.
‘Verkiesings al moeiliker vir ANC om te wen’
Die munisipale verkiesings later vanjaar en daaropvolgende verkiesings gaan al hoe moeiliker raak vir die ANC om te wen tensy die party beter beplan en harder werk, het adj.pres. Cyril Ramaphosa gesê.
Cope onttrek aan parlementêre bedrywighede
Die uitvoerende komitee van die Congress of the People (Cope) het Maandag aangekondig dat hy voortaan nie meer aan enige parlementêre prosesse sal deelneem nie.
Ramaphosa kry weer probleme met vliegtuig
Die vliegtuig waarin adjunkpresident Cyril Ramaphosa Sondag gevlieg het, moes weens tegniese probleme omdraai.
Ramaphosa eerste kanselier van Universiteit Mpumalanga
Adjunkpres. Cyril Ramaphosa word Saterdag as die eerste kanselier van die Universiteit van Mpumalanga ingehuldig.
Ramaphosa ontken ontmoeting met Rupert
Adjunk-president Cyril Ramaphosa het Saterdag ontken hy het met Johann Rupert vergader oor die aanstelling van Des van Rooyen en Pravin Gordhan as minister van finansies.
Nuuskommentaar: ANC nie te koop, maar wat van Zuma?
Adj.pres. Cyril Ramaphosa se versekering dat die ANC nie te koop is nie, sou veel meer gewig gedra het as dit met ’n daadwerklike en sigbare optrede, soos om pres. Jacob Zuma uit die kussings te lig, gepaardgegaan het.
Tegniese probleem met Ramaphosa-vliegtuig
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Maandag sy geskeduleerde besoek aan die Oos-Kaap gekanselleer weens ʼn tegniese probleem met die vliegtuig waarmee hy sou reis.
Wie trek Nommer Een se toutjies?
Dit is nie veel van ’n verrassing as jy lees dat ’n ANC-komitee pres. Jacob Zuma help om die land te regeer nie.
Presidensie ‘geskok’ oor Ramaphosa-berig
Die presidensie het sy skok uitgespreek oor ʼn berig in die Mail & Guardian rakende adjunkpres. Cyril Ramaphosa.
Gewonde Zuma vs opportunistiese Ramaphosa: wie gaan die stryd wen?
Ramaphosa het verlede week waarskynlik gejuig toe hy die skerp reaksie op Zuma se afdanking van Nene waarneem. Soos die goeie politieke taktikus wat hy is, het hy dadelik sy troepe gemonster en die gaping gevat.
Presidensiële handboek nou vir almal te sien
Die presidensiële handboek is aan die publiek beskikbaar gestel.
Lasbrief vir Ramaphosa oor Marikana-skietery
ʼn Lasbrief is op adjunkpresident Cyril Ramaphosa bedien wat spruit uit die Marikana-tragedie, het die presidensie bevestig.
Ramaphosa versoek groter samewerking met Iran
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaanse en Iranse ondernemings versoek om geleenthede vir vennootskappe te ondersoek en om te bou op die band tussen die twee lande.
Ramaphosa: ‘Negatiwiteit is nasionale sport in SA’
“Ons is ʼn nasie wat onsself vermink. Ons sny onsself in stukke en kyk heeltyd na al die negatiewe. Ons kyk nooit na die positiewe nie.”
Julius Malema geskors uit parlement
Julius Malema, leier van die EFF, het Woensdag die eerste slagoffer geword van die nuwe strenger parlementêre reëls toe hy fisies uit die Nasionale Vergadering verwyder is oor aanmerkings wat hy oor adjunkpresident Cyril Ramaphosa gemaak het.
‘ANC sal nie deur howe beheer word nie’
Die ANC sal nie deur die land se howe beheer word nie, het adjunkpresident Cyril Ramaphosa by die ANC-jeugliga se nasionale verkiesingskongres in Midrand gesê.
Ramaphosa wis ook nie dit is ʼn Gupta-straler
Adj.pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag ontken dat hy bewus was dat die vliegtuig waarmee hy onlangs na Japan gevlieg het aan die omstrede Gupta-familie behoort.
Regering het glo nie geweet dis ’n Gupta-straler
Die naam van die eienaars van ʼn private vliegtuig wat gehuur is om adj.pres. Cyril Ramaphosa te vervoer op ʼn amptelike besoek aan Japan is nie bekend gemaak nie, het die minister van verdediging Vrydag gesê