Suid-Afrika verdien beter, het Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementêre leier, Saterdag aan duisende ondersteuners by die Coca-Cola Dome in Northgate, Johannesburg gesê.
Alles vir die sleutelwoord "DA"
DA en VF Plus haaks oor ‘vals inligting’
Die Vryheidsfront Plus het die DA by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) verkla.
Senior dokters glo gederegistreer
Die Gautengse departement van gesondheid het Vrydag ontken dat twee senior dokters by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg, deur die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) gederegistreer is.
SAUK gee toe oor DA-advertensie
Die DA het Vrydag gesê dat hy ʼn skriftelike kennisgewing van die SAUK ontvang het dat sy tweede Ayisafani-advertensie van vandag [Vrydag] uitgesaai gaan word.
Verkiesingsveldtogte duur voort op Werkersdag
Politieke partye maak van Werkersdag gebruik om talle verkiesingsveldtogte dwarsoor die land te hou. Die algemene verkiesing vind oor minder as ʼn week plaas.
SAUK sê hy gaan DA-advertensie uitsaai
Die SAUK sê hy sal die DA se tweede “Ayifisani”-advertensie uitsaai sodra daar ʼn tydgleuf beskikbaar is.
Dié DA-advertensie ook verbied
Die DA het ʼn dringende perskonferensie vir Woensdagmiddag belê nadat die party glo verneem het dat sy tweede “ANC Ayisafani”-advertensie óók deur die SAUK verbied is.
EFF betoog oor advertensie
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) gaan Dinsdag om 10:00 ʼn optog hou na die SAUK se hoofkantoor in Aucklandpark, Johannesburg nadat die openbare uitsaaier besluit het om sy eerste verkiesingsadvertensie te verwerp.
Video: DA en EFF se tweede verkiesingsveldtogadvertensies
Die Demokratiese Alliansie en die Ekonomiese Vryheidsvegters het elk sy tweede verkiesingsveldtogadvertensie die afgelope naweek bekend gestel, ná omstredenheid oor die partye se eerste advertensies.
DA moet “aanstootlike foto” verwyder
Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika het Vrydag beslis dat die DA ʼn foto, waar ʼn polisiebeampte ʼn vuurwapen op twee inwoners rig, uit hul advertensie moet verwyder.
Polisie kla by Okosa oor DA-advertensie
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ʼn klag by die Onafhanklike Uitsaai-owerheid (Okosa) aanhangig gemaak oor die DA se verkiesingsadvertensie.
DA en EFF ontken koalisie-praatjies
Die DA en die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Woensdag berigte dat hul moontlik na die verkiesing ʼn koalisie gaan vorm ontken.
DA betoog in Johannesburg
Honderde DA-ondersteuners het Woensdag weer Johannesburg se strate ingevaar om oor werk te betoog.
Video: SABC keer EFF-advertensie óók
Skaars ʼn paar dae nadat die SABC die Demokratiese Alliansie (DA) se verkiesingsadvertensie ophou uitsaai het, het die openbare uitsaaier dieselfde met die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se televisie-advertensie gedoen.
DA wil hof toe oor kospakkies
Die DA gaan die ANC en die maatskaplike sekerheidsagentskap (Sassa) hof toe sleep nadat hulle glo kospakkies by die regerende party se verkiesingsbyeenkomste uitgedeel het, berig Sunday Times.
DA-advertensie kry 500 000 kyke op Youtube
Die DA se “Ayisafani”-advertensie wat die SAUK vroeër nie wou uitsaai nie, is reeds al amper 500 000 keer op Youtube gekyk.
Zille deel weer soene uit
Die Demokratiese Alliansie (DA) se leier, Helen Zille, is Woensdag tydens ʼn verkiesingsveldtog in Hammanskraal, noord van Pretoria, letterlik met ope arms ontvang.
Nuuskommentaar: Kleine ta’ Grietjie wys “groot” leiers hoe
Omstredenheid bring bekendheid, maar nie bemindheid en respek nie. Dié waarheid leer die land nou weer met die heengaan van ‘n klein mensie uit ‘n klein dorpie in die Namakwaland, ta’ Grietjie Adams. Maar klein soos sy is, het sy diep, baie diep spore deur baie mense se hart getrap.
SAUK gaan DA-advertensies uitsaai
Die SAUK het aangekondig dat hy die DA se verkiesingsadvertensies met onmiddellike effek op sy televisie- en radiostasies gaan uitsaai.
Twee wat DA-lede aanrand “nie ANC-lede nie”
Die ANC ontken dat twee mans wat daaraan skuldig bevind is dat hulle DA-lede aangerand het, lede van die regerende party is.