Paul Pretorius, hoof van die kommissie se regspan, het gesê die kommissie het ʼn brief van dié sleutelfiguur se regsverteenwoordiger ontvang wat dit stel dat hy van plan verander het en nou bereid is om te getuig.
Alles vir die sleutelwoord "Duduzane Zuma"
Duduzane, Guptas wil staatskaping-getuies ondervra
Die getuies wat hulle wil ondervra sluit in Vytjie Mentor, voormalige ANC-LP, Themba Maseko, voormalige woordvoerder vir die kabinet, en Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies.
Duduzane terug in die hof
Oudpres. Jacob Zuma het langs sy seun gesit tydens die vlugtige hofverrigtinge.
Video: Kallie vs. BLF buite hof waar Zuma verskyn
Die BLF-lede het ook probeer keer dat Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, die hof binne gaan.
Video: Oudpres. Zuma buite hof toe seun verskyn
Oudpres. Jacob Zuma het tydens die hofverrigtinge in ʼn motor buite die hof gesit, maar nie uitgeklim nie.
Duduzane Zuma weer in hof op ander aanklag
Zuma het Maandag in enkelboeie by die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Johannesburg verskyn.
Duduzane Zuma in enkelboeie in hof
Die staat voer aan dat Zuma en sy sakevennote, die Gupta-broers, ʼn plan beraam het om Jonas te oortuig om opdragte van hulle uit te voer deur vir hom omkoopgeld aan te bied.
Duduzane Zuma glo by lughawe aangehou
Duduzane Zuma het dié week na Suid-Afrika gereis om Saterdag sy broer, Vusi Nhlakanipho, se begrafnis by te woon.
Duduzane Zuma dán in hof oor noodlottige ongeluk
Duduzane Zuma, oudpres. Jacob Zuma se seun, word aangekla in verband met ’n noodlottige motorongeluk op 1 Februarie 2014 op die M1-snelweg in Gauteng.
Só staan sake met Gerrie Nel se private vervolging
Maroela Media het gaan uitvind hoe daar gevorder word met die vervolging van Julius Malema, Duduzane Zuma en die ander sake wat begin is.
Besluit om Zuma jr. te vervolg verwelkom
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Donderdag bekend gemaak dat hy Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, strafregtelik gaan vervolg.
NVG sê oor Duduzane Zuma-vervolging
Die saak teen Zuma spruit voort uit ’n motorongeluk wat op 1 Februarie 2014 op die M1-snelweg in Gauteng plaasgevind het en waarin ʼn vrouepassasier op slag dood is.
Zuma-meelopers deur parlement gedagvaar
Ses prominente Suid-Afrikaners wat ten nouste met staatskaping verbind word, gaan deur die parlement gedagvaar word om in die openbaar voor ‘n parlementêre komitee te getuig oor hul dade.
‘Nie ons werk om Duduzane, Guptas te soek’
“Ons by die staatsveiligheidsagentskap kan nie by al die grense omgaan om te kyk of Duduzane uit die land uit is of nie.”
Só vorder Gerrie Nel met privaat vervolgings
Na adv. Nel se aankondiging in hierdie verband, het ʼn aantal lesers van Maroela Media gevra wat van die vorige privaatvervolgingsake wat AfriForum aangekondig het, geword het. Kallie Kriel van AfriForum gee daarom graag terugvoer.
Valke is glo nie op soek na Duduzane Zuma nie
Media in Suid-Afrika het wyd berig gelewer dat Duduzane, wat noue bande met die Gupta-broers het, saam met Ajay Gupta uit die land gevlug het.
Duduzane Zuma-vervolging ‘heroorweeg’
Dié besluit is glo gemaak nadat adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, aangedui het dat hy Zuma privaat gaan vervolg.
‘Vergadering met Guptas was onskuldig’
Hy het hard probeer om te verduidelik dat die Gupta-familie destyds slegs gemiddelde sakemanne was en nog nie in die publieke oog “die vergestalting van korrupsie” was met miljarde wat verkry is deur onwettige handelinge met staatsinstellings nie.
Gerrie Nel gaan ‘lid van Zuma-binnekring’ vervolg
Dit kom nadat Nel en AfriForum verlede maand aangekondig het dat hulle Duduzane Zuma, seun van Zuma, privaat gaan vervolg.
Gerrie Nel pak ʼn Zuma in eerste saak
Dit is egter nie gerugte van sy betrokkenheid by staatskaping of sy goeie verhouding met die Gupta-broers wat Gerrie Nel op sy spoor het nie.