Die groep studente is geskors nadat hulle glo ʼn verkiesingsdebat ontwrig het en houe gedurende die vurige debat geval het, wat uiteindelik in totale chaos ontaard het.
Alles vir die sleutelwoord "EFF"
AfriForum steek stokkie voor EFF-grondbesetting
AfriForum het vandag ʼn hofbevel in die Mafikeng-hooggeregshof bekom teen die onwettige besetting van grond deur ondersteuners van die EFF en AMCU.
Malema dreig Zuma met regsaksie tydens chaotiese sitting
Julius Malema, leier van die EFF, het pres. Jacob Zuma Donderdag persoonlik met regsoptrede gedreig tydens ʼn chaotiese sitting van die Nasionale Vergadering.
Malema se langverwagte bedrogverhoor skop af
Die situasie by die Polokwane-hooggeregshof in Limpopo is kalm waar Julius Malema, leier van die EFF, en twee mededirekteure van On-Point Engineering Maandag op aanklagte van korrupsie, omkopery en rampokkery verskyn.
Nuuskommentaar: ’n Sin vir regverdigheid vir SA
Onregverdigheid het ’n enorme invloed, veral sielkundig, op die slagoffers. Die Bybel spreek hom daarteen uit, maar tog is dit in Suid-Afrika ook institusioneel vasgelê. Kan die land dit bekostig?
Malema maan Vavi, Jim en Mathunjwa om nuwe federasie te vorm
Julius Malema, leier van die EFF, het Saterdag Zwelinzima Vavi, die voormalige hoofsekretaris van Cosatu en Irvin Jim, hoofsekretaris van die vakbond Numsa, gemaan om by Amcu-president Joseph Mathunjwa aan te sluit om ʼn nuwe federasie te vorm.
ANC-raadslid het glo EFF-lid se karvenster stukkend geslaan
ʼn Hof in Rustenburg het Vrydag gehoor hoe ʼn raadslid van die ANC glo lede van die EFF aangeval het toe hulle vroeër vandeesmaand in dié gebied ʼn verkiesingsveldtog wou hou.
ANC het die armes verlaat, sê Malema
Die ANC is liewer vir diere as vir mense, het Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, Dinsdag in Rustenburg in Noordwes gesê.
EFF kla Ramaphosa van moord aan
Julius Malema, leier van die EFF, en ʼn afvaardiging het Vrydagmiddag verskeie klagtes van onder meer moord teen ses mense, waaronder adjunkpres. Cyril Ramaphosa, aanhangig gemaak.
EFF-LP’s uitgeskop oor Ramaphosa-aanmerking
Julius Malema, leier van die EFF, en sy mede-LP’s is Woensdag versoek om die parlement te verlaat nadat hulle geweier het om ’n aanmerking oor adjunkpresident Cyril Ramaphosa terug te trek.
Nkandla-verslag: Opposisie se pogings tevergeefs
Opposisiepartye het Dinsdag vergeefs probeer om ʼn mosie in die parlement te laat slaag om Nathi Nhleko, minister van polisie, se Nkandla-verslag omvattend onder die loep te neem.
Malema-sekwestrasie: SAID sê waarom hy bevel terugtrek
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Dinsdag sy besluit verduidelik om ʼn hofaansoek dat ʼn voorlopige sekwestrasiebevel teen EFF-leier Julius Malema finaal gemaak word, terug te trek.
Sekwestrasiebevel teen Malema teruggetrek
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Maandag ʼn sekwestrasie-bevel teen Julius Malema, leier van die EFF, teruggetrek.
Hof sê nee vir EFF-aansoek in Malema-saak
ʼn Aansoek deur die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) om insae te hê in sy leier, Julius Malema, se belastingsaak met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SARS) is Maandag deur die hooggeregshof in Pretoria van die hand gewys.
EFF hof toe oor Nkandla
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) beplan om pres. Jacob Zuma en die ministers van polisie en openbare werke hof toe te sleep oor die verslag wat bevind het dat Zuma nie hoef te betaal vir opgraderings by sy Nkandla-woning nie.
Malema eis minimumloon van R4 500
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Vrydag in ʼn toespraak in Port Elizabeth gesê werkers word steeds uitgebuit.
Soen die boer, sing Malema
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, het Maandag die skare by ʼn Vryheidsdagbyeenkoms in Inanda, KwaZulu-Natal, gelei om “soen die boer” te sing.
Malema: ‘Zuma was deur geheime donateurs gefinansier’
Julius Malema, partyleier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het in ʼn beëdigde verklaring gesê hy het eerstehandse kennis van donateurs wat pres. Jacob Zuma deur duistere trustfondse gefinansier het.
Anti-xenofobie-optog vandag in Jhb
David Makura, premier van Gauteng, en Parks Tau, burgemeester van Johannesburg, sal Donderdag aan ʼn anti-xenofobie-optog deur die stad deelneem.
Malema paai wit boere
Suid-Afrika se wit boere moet ophou sensitief wees en deelneem aan kritiese debatte oor die transformasie van landbou en ander emosionele kwessies, het Julius Malema, leier van die EFF, tydens ʼn forum in die Wes-Kaap gesê.