Juffrou Berdina Visagie, argivaris van die Bredasdorpse Skeepswrakmuseum, staan aangekla. Pligsversuim, wanbesteding, allerlei. Maar sy is ’n deeglike amptenaar, en sy het haar verdediging gereed: Skipskop is belangrik.
Alles vir die sleutelwoord "fiksie"
Boek: 101 avonture saam met God
Die lewe is ’n groot avontuur – veral as jy nog ʼn kind is wat elke dag nuuskierig na nuwe dinge soek.
Luister: Irma Venter gesels oor misdaadfiksie
Esté Meyer Jansen van Maroela Media het met Irma Venter gesels oor hoe die misdaadfiksie-genre haar gekies het en hoe uitdagend dit is om ʼn goeie moordtoneel in ʼn boek te skep.
Romanza-boek van die week: Die stadsjapie se moses
Heléne vlug na haar grootouers se plaas waar sy hoop om nooit weer ʼn man te sien nie. Met die intrapslag loop sy haar egter in die aantreklike David Erlank vas en die vonke spat.
Boek: Die oorlogskamer
Die oorlogskamer is gebaseer op die fliek War Room deur Alex en Stephen Kendrick (die twee vervaardigers van die topverkoper-flieks Fireproof en Courageous). Hierdie roman bevat ook besprekingsvrae en kleurfoto’s uit die fliek.
Luister: Chanette Paul se ‘Offerlam’ maak ʼn draai in België
Chanette Paul het in Maroela Media se ateljee gekuier en gesels oor haar oorsese sukses, asook meer vertel oor ‘Offerlam’ se storielyn.
Boek: Die losprys
In Die losprys word Shannon Bliss op die ouderdom van sestien ontvoer. Ná elf jaar het sy ontsnap en wil met haar familie herenig word, maar dit is nie so eenvoudig nie …
Luister: Peet Venter praat oor verraad en korrupsie
Die spanningsverhaalskrywer Peet Venter se jongste boek, Lem, is ʼn donker roman waarin verraad en politieke korrupsie hoogty vier. Hy stel vrae oor wat ʼn persoon te doen staan as hy (of sy) man- of vroualleen teen die hele samelewing te staan kom. Die groot vraag is wie gaan oorleef?
Luister: Alta Cloete se jongste boek is nie net ʼn gewone liefdesverhaal nie
Die skrywer Alta Cloete se nuwe boek, Opdrag van oorkant, is propvol verrassings om elke draai. Sy gooi vier verskillende vroue bymekaar, wat eintlik glad nie iets met mekaar te doen wil hê nie, en so word die vele vorme van liefde in die boek se storielyn ondersoek.
Boek: Komplot
Thomas Jacobs, Boere-anargis en mynwerker uit Johannesburg, se ideale het hom eens Spanje toe gedwing om teen Franco se Fasciste te gaan veg. Daar ontmoet Thomas die geheimsinnige Ortiz, Russiese agent, nadat dié sy lewe red. Nou, jare later, is Ortiz na Colesberg op pad, waar hy sy eertydse medevryheidsvegter ‘n laaste keer vir die saak wil werf…
Boek: Labarint
Sy gaan ophou vlug van haar eksman en haar verlede. Dit besluit skilder Vasti de Leeuw toe haar meenthuis gevandaliseer en ‘n besending skilderye vernietig word. Maar om die verlede te trotseer op Leeuwendrift waar sy as verworpeling grootgeword het, is egter nie so maklik nie, en met die hede vaar Vast nie veel beter nie.
Boek: Adrenalien
Angs en adrenalien het die demone in Gustaf Prinsloo se onderbewussyn gevoed, hom laat skryf. Tog droog dit op en hy begin aan onttrekkingsimptome ly. ‘n Kans om sy roman as rolprent te verwerk dwimg hom tot afsondering in ‘n huis in ‘n godverlate deel van die Bosveld, met net sy verbeelding en ‘n mooi rolprentvervaardiger as geselskap.
Boek: Brandwaterkom
Dan hoor Esther die bakkiedeur klap en kyk verskrik om. Deur die hek van die begraafplaas kom ’n man aangeloop. ’n Onbekende man. Hy steek sy hand na haar uit en sê sy naam is Bullet. Hy sê hy wil haar iets wys wat vir haar navorsing baie sal beteken.
Boek: In die donker skadu’s van Hillbrow
Die boek handel oor 17-jarige Lientjie wat in Hillbrow groot word onder haglike toestande en uiterste armoede.
Boek: Monstersaad
Hoe sal doktor Renata Malan weet of haar pa en oupa se gene haar ook eendag sal laat moor? Wat as die tyd aanbreek en sy kan die drang om te moor en vermink nie beheer nie? Wat as sy, ‘n forensiese sielkundige aan diens van ‘n privaat speuragentskap, in die een verander wat gejag word deur die polisie en mense soos sy?
Boek: Woestynroos
Kan ‘n verhouding terugkeer na ‘n platoniese vlak nadat twee vriende saam ‘n baba verwek het?
Boek: Clint Eastwood van Wyk en die moordenaarsklok
In die middel van die Moordenaarskaroo lê daar ‘n geheim so groot soos Google Earth. En ten minste vier keer so gevaarlik. Vir Clint Eastwood van Wyk en sy nefie Budde beteken dit ‘n vakansie propvol avontuur en onmoontlikhede.
Boek: ’n Tweede kans
Gebaseer op die Bybelse verhaal van Rut is ’n Tweede kans die storie van ’n liefde wat uiteindelik die toekoms van die wêreld verander.
Luister: ʼn Paar vrae aan die spanningskrywer Rudie van Rensburg
Esté Meyer Jansen het vir die skrywer Rudie van Rensburg gevra om meer te vertel oor sy skryfproses en die antiheld-speurder van sy gewilde spanningsverhale.
Boek: Komplot
Die Russiese intelligensiedienste beplan om Verwoerd te vermoor. Hul kontak in Suid-Afrika is Thomas Jacobs, ’n Suid-Afrikaanse anargis wat in die Spaanse Burgeroorlog geveg het…