Die polisie ondersoek drie misdaadvoorvalle wat binne net meer as vyf uur op kleinhoewes in die Muldersdrift-gebied in Gauteng plaasgevind het.
Alles vir die sleutelwoord "muldersdrift"
Egpaar, dogter (11) tydens huisroof geskiet
Niemand is nog in hegtenis geneem nie nadat ʼn man, sy vrou en hul 11-jarige dogter al drie Maandagaand geskiet is tydens ʼn rooftog by hul huis in Muldersdrift aan die Wes-Rand.
Rowers verkrag jong vrou, betas sussie
ʼn Jong vrou is verkrag en haar suster onsedelik aangerand, tydens ʼn aanval op ʼn hoewe in Elandsdrift, naby Muldersdrift aan die Wes-Rand.
Verlate motor lei tot gru-vonds
Polisiebeamptes het Donderdagaand ʼn gru-vonds gemaak toe hulle na ʼn toneel ontbied is waar ʼn motor verlate langs ʼn pad in Muldersdrift gevind is.
Rowers skiet op Muldersdrift-egpaar
ʼn Egpaar van Muldersdrift aan die Wes-Rand is Sondagoggend in hul bed op hul kleinhoewe gewond toe rowers vyf skote op hulle afgevuur het.
Twee vas ná moord op jong Muldersdrift-man
Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op Jason le Roux (26).
Kind by winkelsentrum doodgery
ʼn Driejarige dogtertjie is dié naweek naby ʼn Spar-kettingwinkel in Muldersdrift in Gauteng doodgery.
Muldersdrift-man tydens huisbraak doodgeskiet
ʼn Jong man is dood nadat drie gewapende rowers glo Donderdag in die vroeë oggendure by sy huis in die Lammermoor-gebied in Muldersdrift ingebreek en hom geskiet het.
Vlieënier op Muldersdrift-kleinhoewe oorval
“Hy het tussen 00:00 en 01:00 wakker geskrik en gesien hoe een van die rowers uit die kombuis gestap kom, terwyl nog twee deur die venster geklim het. Toe hy opspring, het hulle ʼn rewolwer op hom gerig.”
Man vas oor bomdreigement aan ANC-hoofkantoor
ʼn 41-jarige man is in hegtenis geneem in verband met ʼn bomdreigement in September vanjaar wat daartoe gelei het dat die ANC se hoofkantoor, Luthuli-huis, ontruim moes word.
Twee sterf ná motorfiets voetganger tref
Twee mans is Donderdagaand dood nadat ʼn motorfiets ʼn voetganger in Muldersdrift, wes van Johannesburg, getref het.
Vrou sterk aan ná Muldersdrift-aanval, drie in hof
Jenny Henderson, die 60-jarige vrou wie se man verlede week tydens ʼn aanval op hul kleinhoewe in Muldersdrift langs haar gesterf het, sterk in die Fourways-hospitaal aan.
Drie vas oor Muldersdrift-plaasmoord
Drie mense is in hegtenis geneem in verband met ʼn plaasaanval van ʼn bejaarde egpaar in Lindley, Muldersdrift in Gauteng.
Plaasmoord: Niemand nog vas ná Lindley-aanval
Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn bejaarde egpaar op hul plaas in Lindley naby Muldersdrift in Gauteng aangeval is nie.
Bejaarde tydens Muldersdrift-huisroof doodgeslaan
ʼn Bejaarde vrou het Vrydag in die vroeë oggendure met haar sterwende man se kop op haar skoot gesit en wag vir hulp nadat ʼn groep mans hulle op hul kleinhoewe in Lindley, Muldersdrift in Gauteng, aangerand en beroof het.
Sewe vermeende Muldersdrift-rowers vasgetrek
Sewe mans is in Muldersdrift in Gauteng in hegtenis geneem wat aan minstens 22 gewapende rooftogte verbind kan word.
Skietery op Muldersdrift-kleinhoewe
ʼn Plaasbestuurder is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal en sy vriend is dood nadat hulle oor die naweek tydens ʼn rooftog by ʼn kleinhoewe in die Muldersdrift-omgewing in Gauteng geskiet is.
Muldersdrift-seun verdrink in rivier
ʼn Sesjarige seun het Woensdag verdrink toe hy in ʼn rivier in Muldersdrift, Gauteng, geval het.
Muldersdrift: Drie skuldig aan moord
Drie mans is in die hooggeregshof in Johannesburg, wat in Palm Ridge sit, skuldig bevind aan verskeie misdade insluitend die moord op die 13-jarige Alyssa Botha, het The Star Donderdag berig.
Man deur tier aangeval in Gauteng
‘n Man is kritiek beseer nadat hy Sondagoggend deur ‘n tier aangeval is by ‘n sirkus in Rietfontein aan die Wes-Rand.