Die raadslede word in die inskrywing daarvan beskuldig dat hulle kospakkies steel.
Alles vir die sleutelwoord "sosiale media"
Studie onthul tienerverhoudings vol manipulasie
Dié rillerstorie speel hom egter daagliks in tienerverhoudings af. ’n Studie deur dr. Louisa Stoker-Braun onder jong Afrikaanse tieners toon dat hedendaagse tienerverhoudings vol manipulasie, mishandeling en vernedering is.
Nuusredakteur geskors ná uitlatings
Friedman, oftewel Deep Fried Man, is vantevore ook gekap nadat hy die spot gedryf het met moord op wit mense.
Wat jy op sosiale media deel, kan jou dalk in tjoekie laat beland
Die wetgewing word as ʼn aanval op vryheid van spraak gesien en is as die Wet op Internetsensuur gedoop.
Lesufi se dinges, man!
Hy sal gehalteonderwys offer op die brandstapel van sogenaamde nierassigheid. Hy kon in sy hele Sol-Tech-tirade homself nie een keer sover kry om te sê dat ’n privaat instelling ’n waardevolle bydrae kan lewer aan die breër Suid-Afrikaanse samelewing nie.
Instagram wil angel uit sosiale media haal met nuwe funksies
Dié funksies is in reaksie op navorsing wat toon dat sosiale media dikwels ʼn negatiewe uitwerking op mense, veral jongmense, se geestesgesondheid en selfbeeld het.
#JongStemme: Dis waarom ek nie meer Facebook of Twitter gebruik nie
“Hierdie tipe platforms het doodeenvoudig begin om my uit te put en dit is vir my jammer om te moet sê dat die rede hiervoor ’n oormaat sosialemedia-aktivisme is.”
Luister: Matrikulant met geboortevlek inspireer nou duisende
In die era van sosiale media waarin mense glo om vlekkeloos te wees is gelyk aan perfeksie, het Chantel Struwig egter die keuse gemaak om haar unieke voorkoms vir ʼn goeie doel aan te wend en ʼn positiewe boodskap oor selfbeeld uit te dra.
Só lyk die stryd om stemme op sosialemediaplatforms
As Suid-Afrika se verkiesing op sosiale media uitgespook is, sou die ANC, die EFF en die BLF loshande die voorlopers in die 2019-verkiesing gewees het en sou die DA die vierde grootste party gewees het.
Britse koninklikes waarsku oor onvanpaste kommentaar
Dié riglyne kom glo in reaksie op die stortvloed kritiek en beledigings waaronder die hertoginne Catherine en Meghan op sosiale media deurloop.
Lesse te leer uit die Schweizer-sage
Die politieke debat en sosialemedia-oproer oor die eerste skooldag by Laerskool Schweizer-Reneke het nog nie bedaar nie. Die vraag is: Wat het hierdie gebeure veroorsaak en wat kan almal hieruit leer?
Lesersbrief: Hoe sosiaal is sosiale media?
“Ek het meer as ʼn jaar gelede my Facebook-rekening gedeaktiveer omdat ek te veel tyd daarop gemors het.”
Nuuskommentaar: Twiet + (oud)politikus = moeilikheid?
Staan jy grootliks buite die openbare diskoers omdat jy nie deel van die twietende gemeenskap is nie? Herman Toerien, self (nog) nie ’n twitteraar nie, kyk hoe veral politici met die slimfoon in die hand vaar.
Podlitiek-onderhoude: Danie Barnard oor aktivisme en entrepreneurskap
In hierdie episode gesels die twee Daniels en Paul met Danie Barnard, aktivis en entrepreneur, oor die invloed van sosiale media op die samelewing, kripto-geldeenhede asook die 2019-verkiesing.
Kinders en sosiale media: Wat jy moet weet
Harrison waarsku ouers teen “volt-apps”. Hierdie soort selfoon-toepassings gee hulself voor as een ding, maar dien ʼn ander funksie.
Sakevrou word ‘swart Zille’ genoem ná twiet
Wendy Luhabe, prominente sakevrou en aktivis, loop deur op sosiale media en word as die “swart Helen Zille” uitgekryt weens ʼn omstrede twiet oor apartheid.
Polisie sê oor vals berig op sosiale media
“ʼn Persoon mag ook verantwoordbaar gehou word vir ʼn ander persoon se plasing as daardie persoon weet hulle is ‘ge-tag’ en toelaat dat hulle naam daar verskyn sonder om stappe te doen om hul self te distansieer van die plasing.”
Die Wet op Internetsensuur
Ingevolge hierdie wetgewing gaan inhoudverspreiders soos Maroela Media, Facebook en YouTube vereis kan word om hul inhoud eers vir goedkeuring te stuur voordat dit gepubliseer mag word.
Wat beteken veldtogte soos #MeToo en #TimesUp vir vroue in Suid-Afrika?
Ons is ʼn menigte vroue in hierdie land, en ons kan saam sinvolle verandering bring. Ons kan die statistiek verander, en ons kan ons land ʼn beter plek maak deur ons werkplekke en leefruimtes beter plekke te maak.
Radio-omroeper sê jammer ná omstrede rubriek
Die radio-omroeper het onder meer die vinger gewys na die krieketspeler JP Duminy, die Springbok Siya Kolisi en die sanger en televisiepersoonlikheid Emo Adams.