“Ek wil dit graag laat boekstaaf dat die elektriese heining en alarmstelsel wat deur Bosasa by my huis geïnstalleer is, niks nuuts is nie.”
Alles vir die sleutelwoord "staatskaping"
Zondo-kommissie: Mentor bevraagteken egtheid van rekords
“Van die rekords het nie amptelike briefhoofde nie en lyk of dit op ʼn rekenaar saamgestel is.”
Mentor: ‘Guptas het gereis sonder doeane-goedkeuring’
“Ek wil dit graag stel dat Atul verskeie paspoorte het en soos ek gesê het, ek is op ʼn Emirates-vlug deur ʼn Gupta-broer ingelig dat Atul reeds in China was.”
Bosasa wou my intimideer, sê redakteur
Adriaan Basson, hoofredakteur van News24, het Dinsdag by die kommissie van ondersoek na staatskaping getuig oor talle telefoonoproepe en boodskappe wat hy ontvang het om hom te verhoed om oor Bosasa te berig.
Agrizzi het besluit om te ‘sing’
Hoe verder die ondersoek vorder, hoe groter hoop die bewyse op dat staatskaping nie ’n nagevolg van die Zuma-presidentstermyn was nie, maar dat dit eerder ’n nagevolg van die ANC-bewind is.
Bosasa: Só het geldwassery gebeur
Andries van Tonder, voormalige hoof- finansiële beampte, het Woensdag by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig.
‘Ek is ʼn rassis’, sê Agrizzi
Hy sê hy het geweet hy word opgeneem en dat diegene wat die opname gemaak het, hulself waarskynlik wou beskerm. In die opname kan gehoor word hoe Agrizzi tekere gaan en herhaaldelik die k-woord gebruik.
Korrupsie moet ʼn misdaad teen die mensdom wees
Die skaal en omvang van korrupsie is van so ʼn aard dat mens moet vra of Suid-Afrika se strafregstelsel nog die vermoë het om dit behoorlik te ondersoek en die reg behoorlik toe te pas? Die publiek sal moet sien dat die reg toegepas word en die tyd sal leer of senior politici en staatsamptenare agter tralies gaan beland.
Staatskaping-kommissie hoor klankopname oor ‘Zuma-gesprek’
“Ons moet hierdie ding beëindig, meneer die President. Ons moet die regte mense op die regte plek kry. Jy moet nou die regte besluite neem, jy het nie baie tyd nie.”
Bosasa bekom glo ook NVG-dokumente met ‘omkopery’
Hy het gesê die bewyse oor korrupsie wat in die SOE-verslag vervat was, was soos “vrugte van ʼn vergiftigde boom”.
Staatskaping: Popcru ontken omkoopbewerings
Agrizzi beweer die ontvangers van die omkoopgeld se plig was om die nuutaangestelde nasionale kommissaris, Vernie Petersen, te druk om gehoor te gee aan Bosasa se eise.
Staatskapingkommissie kry nuwe sekretaris
Adjunkhoofregter Raymond Zondo het Dinsdag ʼn waarnemende sekretaris vir die kommissie van ondersoek na staatskaping aangestel nadat die vorige sekretaris op spesiale verlof geplaas is.
Nuuskommentaar: Staatskaping, en wie is die regering eintlik?
Die Bosasa-onthullings demonstreer vir die eerste keer oortuigend dat die Guptas waarskynlik nie die enigste rolspelers in staatskaping was nie. Suid-Afrika is egter nie alleen nie. Zimbabwe, so lyk dit, het Mugabe vir nog iets ergers verruil, terwyl die verkiesing in die DRK ooglopend gesteel is. En Suid-Afrika kan werklik nie groot vlae vlugtelinge bekostig nie.
‘My regte geskend’, sê minister oor Bosasa-bewerings
Daar is Maandag getuig die minister het benewens ʼn maandelikse bedrag van R50 000 ook opgraderings aan haar huis en ʼn magdom kruideniersware jaarliks oor Kerstyd van Bosasa ontvang.
Bosasa het maandeliks omkoopgeld aan staatsamptenare betaal
Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, het Maandag aan die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gesê Bosasa het maandeliks omkoopgeld aan staatsamptenare betaal.
Staatskaping: Zondo boos oor uitgelekte verklaring
Volgens die berigte was Nomvula Mokonyane, Nomgcobo Jiba, Lawrence Mrwebi, Dudu Myeni en oudpres. Jacob Zuma almal ontvangers van omkoopgeld wat Gavin Watson, uitvoerende hoof van Bosasa, betaal het om ondersoekers en moontlike vervolging af te weer.
Nóg skokonthullings oor Bosasa gehoor
Die kommissie van ondersoek na staatskaping het gehoor hoe ʼn ingewikkelde stelsel by dié maatskappy gewerk het om na bewering geld te “was” en omkooptransaksies te doen deur ʼn reeks fiktiewe maatskappye, kontanttjeks en valse fakture te gebruik om regeringstenders te bekom.
Staatskaping: Kommissie hoor oor gunste en ‘monopolie-geld’
“Ons is geld gegee om ons lojaliteit te koop. Dit laat jou belangrik voel, maar jy word vasgevang in die kultus. Jy weet van al hierdie kriminele aktiwiteite en jy voel aandadig.”
Bosasa-bedryfshoof vrees vir sy veiligheid
“Ek wou nie iets gesê het totdat ek seker was nie, maar gister tydens middagete het mnr. Segale saam met ʼn groep polisiebeamptes buite gestaan. Ná verdere ondersoek het ek vasgestel hy het ingeglip met sy ou polisie ID-kaart.”
Bosasa betaal glo maandeliks miljoene se omkoopgeld
“Dit was ʼn druppel in die emmer gegewe die maandelikse omset. Die kontant in Watson se inloopkluis is net vir omkoopgeld gebruik en vir niks anders nie.”