Suid-Afrika vra die Internasionale Geregshof om Israel dringend te beveel om sy militêre operasies in Gaza op te skort – ʼn saak wat Israel “met minagting” verwerp.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Dodetal ná KZN-oorstromings nou op 31
Bongiwe Sithole-Moloi, LUR van samewerkende regering en tradisionele sake in KwaZulu-Natal, sê die reënbuie het vandeesweek voortgegaan om ʼn spoor van verwoesting in die provinsie agter te laat.
Oudpres. Thabo Mbeki perdfris, gerugte ten spyt
Sommige sosialemediagebruikers het selfs hul medelye ná die oudpresident se kwansuise dood betoon.
Gʼn spesiale behandeling (en geen foto’s) by Oscar se vrylating
“Pistorius se bekendheid maak hom nie anders as ander gevangenes nie en regverdig ook nie enige spesiale behandeling nie. Gevolglik sal die besonderhede van sy vervoerplanne en tyd van vrylating nie bekend gemaak word nie.”
Dubbeldoor-vreugde vir ‘Elders’-aanbieder op pad
“Ons het met die eerste sonar by die ginekoloog eers net een fetus gesien en na die hartklop geluister. Dit was ʼn pragtige, stil oomblik … en toe sien ons al drie gelyk ʼn tweede fetus op die skerm.”
Wolf opgespoor ná ontsnapping naby Benoni
Die Kanadese gryswolf is tans steeds op die plaas waar hy aanvanklik opgemerk is. “Hy beweeg maar daar rond. Hy was regtig baie sleg mishandel en verwaarloos deur sy vorige eienaars, so hy is ongelooflik bang vir mense. Hy vlug die hele tyd.”
Verhouding tussen SA, Israel versuur; ‘bereik laagtepunt’
Intussen neem die vrees toe dat die oorlog in die Gaza-strook na ander streke kan oorspoel nadat ʼn hoëprofiel Hamas-leier doodgemaak is.
Siraj stoomroller stomme Proteas
Suid-Afrika is pas vir 55 lopies in ʼn sonnige Kaapstad uitgeboender en Mohammed Siraj het omtrent vir jou verwoesting gesaai.
Japan Airlines-vlug hét toestemming gehad om te land
Volgens ʼn beampte verbonde aan die kuswag, wie se naam nie genoem word nie, het die vlieënier van die ander vliegtuig egter dadelik ná die ongeluk gesê dat hy toestemming gehad het om op te styg.
‘Verregaande’ om teen uitspraak oor beurtkrag te appelleer
In plaas daarvan om die bekommernisse wat in die hofuitspraak geopper is te pak, het die president, die minister van elektrisiteit en Eskom eerder besluit om die belastingbetaler se geld te gebruik om teen die uitspraak te appelleer.
KSA gooi wal ná kritiek oor ‘verswakte’ toerspan
Die bekendmaking van die span het kritiek ontlok, veral van die voormalige Australiese kaptein Steve Waugh, wat sê die span dui op ʼn gebrek aan respek vir Nieu-Seelandse krieket. “As ek Nieu-Seeland was, sou ek nie eens aan die reeks deelgeneem het nie.”
Video: Grootse poging om twee uit siedende rivier te red
Die reddingspoging is verder bemoeilik deur vervaagde lig en die vinnig stromende rivier.
Gewilde hotel in puin ná brand
Hy het bygevoeg dat die oorsaak van die brand steeds onbekend is, en dat sommige mense behandeling op die perseel ontvang.
Koeberg slaag gehaltetoets ná opknapping
Volgens Eskom dien die suksesvolle voltooiing van die toets op Koeberg se eenheid 1 “as motivering om soortgelyke stoomgeneratorvervangingsaktiwiteite op eenheid 2 te onderneem”.
Nuwe jaar skop af met goeie nuus by brandstofpompe
Reisigers wat nog huiswaarts moet keer ná ʼn somervakansie kan met ʼn glimlag by brandstofpompe intrek, aangesien die prys van petrol en diesel Woensdag daal.
Tien redes vir hoop in 2024
Natuurlik wag daar nog baie uitdagings in 2024, maar daar is genoeg redes vir hoop dat Suid-Afrikaners die nuwe jaar met geloof, hoop en waagmoed kan aanpak. “Kom ons onthou maar dat probleme nie opgelos word deur daaroor te praat nie, maar deur iets daaraan te doen,” skryf Flip Buys.
14-jarige, drie ander in Soshanguve doodgeskiet
Swaar gewapende verdagtes het in die vroeë oggendure van Nuwejaarsdag op vier mense, insluitend ʼn polisiebeampte en sy 14-jarige kleinniggie losgebrand.
Dodetal nou op 30 ná aardbewing in Japan
Die reusegolwe wat Maandag die Ishikawa-kusgebied getref het, is waarskynlik nou agter die rug en Japan het alle waarskuwings vir verdere tsoenami’s opgehef.
Hotel op St. Helenabaai in ligte laaie
Die West Coast Medical Rescue sowel as brandbestryders van Saldanhabaai is tans op die toneel en spook om die brand te bestry.
Beurtkrag ANC se ‘Nuwejaarsgeskenk’ aan SA
Die onmiddellike herinstelling van deurlopende kragonderbrekings op Nuwejaarsdag 2024 is volgens Graham-Maré ʼn teken dat die kragkrisis sakeondernemings, werkers en verbruikers in die komende jaar selfs harder as voorheen kan tref.