Verspreide donderbuie word Dinsdag vir die hele KwaZulu-Natal voorspel, waar kitsvloede reeds groot skade aangerig het.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
US-studente wil só 100 lewens red – elke jaar!
Hierdie Life Pod – ’n eerste van sy soort in Afrika – sal lewensondersteuning bied aan gewillige orgaanskenkers om hul organe lewensvatbaar te hou.
Belangrike wysiging aan Bela-wet kom dalk
Die kans bestaan dat die omstrede Bela-wetsontwerp ʼn belangrike verandering kan ondergaan, wat die departement nie die finale sê oor taal- en toelatingsbeleid sal gee nie.
Vier sterf ná stormreën aan KZN-Suidkus
Die swaar reën en oorstromings het paaie, ondernemings, kerke en huise beskadig en duisende mense is dakloos gelaat.
Kiesers soek ANC-DA-koalisie – peiling
’n Nuwe meningspeiling toon dat een uit elke vier Suid-Afrikaners ’n ANC-DA-koalisie verkies. ’n Politieke kenner meen só ’n scenario is moontlik, maar sal geweldige gevolge vir albei partye inhou.
Werner de Jager neem glo eie lewe in tronk
Nuus van Werner de Jager, wat tereggestaan het op ʼn aanklag van moord op sy vrou, ds. Liezel de Jager, is Maandag met gemengde gevoelens ontvang.
‘Vlaag misdaad’ ná gevangenes vrygelaat word, sê DA
“Die politieke besluit om Zuma vry te laat – ʼn besluit waaroor die ANC-regering waarskynlik nou spyt is – hou angswekkende gevolge vir mense landwyd in.”
Vier in mesaanval by Australiese kerk beseer
Die aanval, waarin die biskop ook beseer is, is regstreeks op die kerk se Facebook-blad uitgesaai.
Hernude uitstel in Kosmos-dubbelmoordsaak
Familielede sê hulle grootste vrees is dat borgtog aan Prinsloo toegestaan word.
‘Daily Maverick’ sluit dag lank oor ‘noodtoestand in joernalistiek’
“Daar is vasgestel dat Suid-Afrika in die afgelope 15 jaar sowat 70% van sy media-arbeidsmag verloor het.”
Finale likwidasiebevel teen Liebenberg se Tariomix
Louis Liebenberg, die omstrede diamantsmous, en sy Forever Diamonds and Gold-maatskappy het ʼn bloutjie geloop in die hof.
Songezo Zibi: ‘Niemand verwag ʼn wonderwerk’
“Die probleem is vertroue… Mense wil weet of jy die waarheid praat of nie.”
Kragminister ongeskonde ná motorongeluk
Kgosientsho Ramokgopa was Sondag saam met twee beskermingsdienslede in ʼn ongeluk betrokke op pad terug van Noordwes na Gauteng.
Wag geskiet ná hy motordiewe buite Affies agternasit
ʼn Veiligheidswag is gewond nadat hy diewe se planne om ʼn voertuig te steel gefnuik het terwyl ʼn sportbyeenkoms by Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria plaasgevind het.
NSFAS: Administrateur aangewys; Nzimande sal nie bedank
In reaksie op talle partye se oproepe dat hy moet bedank weens die probleme by NSFAS het Nzimande gesê dit is nie dié partye wat hom aangestel het nie en dat hy NSFAS as instelling laat groei het tot ʼn begroting van meer as R50 miljard.
Vermiste ma, dogter van Potch veilig gevind
Die ma en dogter van Potchefstroom wat vir sowat drie weke lank vermis was, is veilig gevind.
Sydney-aanvaller geïdentifiseer, ‘geen terreurmotief’
Sy ouers het ʼn verklaring deur die polisie uitgereik om hul meegevoel te betuig met hul seun se slagoffers en hul families.
Verwyder dié Benylin-hoesstroop van jou rak
“Sahpra wil die publiek aanraai om nie paniekerig te raak nie. Die onttrekking hou met die spesifieke besendings verband en hou nie noodwendig verband met ander besendings of soortgelyke produkte nie.”
Israel sê Iran-aanval ‘gefnuik’
Iran se ongekende oornag-aanval op Israel is “gefnuik”, het die Israeliese weermag Sondag gesê. Honderde missiele en hommeltuie is onderskep met behulp van die VSA en bondgenote.
Voortbestaan van Kaapsehoop se wilde perde in gedrang
Die getal wilde perde op Kaapsehoop het die afgelope dekade drasties afgeneem, grotendeels weens motoriste wat die perde in die gebied raakry.