Emmerson Mnangagwa, Zimbabwe se president, het belowe dié verkiesing sal vry en regverdig verloop.
Alles vir die sleutelwoord "Zimbabwe"
SA jagter in VSA vervolg oor olifantjag
Die eienaar van ʼn Suid-Afrikaanse jagmaatskappy word nou deur Amerikaanse owerhede vervolg nadat hy na bewering Zimbabwiese beamptes omgekoop het om ʼn jagkliënt van Colorado in die VSA te help om onwettig ʼn olifant in Zimbabwe te jag.
Honderde se oorskot maandeliks na Zim gerepatrieer
Zulu meen die meeste Zimbabwiërs wat in Suid-Afrika doodgaan, sterf weens natuurlike oorsake, hoewel talle ook slagoffers van die hoë vlak van misdaad in die land is.
Zim wil hê oud-Zimbabwiërs moet ‘terugkeer huis toe’
“Met die ervaring wat jy [die oud-Zimbabwiër] opgedoen het en met die sinergieë wat jy in hierdie ontwikkelde lande geskep het, dink ek jy kan opstaan, noord kyk, en sê laat ons saam trek, laat ons teruggaan en Zimbabwe herbou wat ons opleiding en basiese vaardighede gegee het.”
3 000 Zim-gevangenes kwytgeskeld
Emmerson Mnangagwa, president van Zimbabwe, het Woensdag amnestie verleen aan minstens 3 000 gevangenes, ʼn besluit wat ten doel het om die oorbevolking in die land se tronke te verlig.
‘Gesmokkelde’ kinders teruggestuur na Zimbabwe
Die bestuurder van die vragmotor het aan polisiebeamptes gesê hy is R200 per kind betaal om die kinders na Suid-Afrika te vervoer.
Zim-hoë bedank omdat ‘Mugabe onwettig omvergewerp is’
“Die ZDF-staatsgreep van 15 November het ʼn gekoesterde erfenis van ons bevrydingstryd en grondwetlike demokrasie geskend.”
Zimbabwiese verkiesing dán gehou
Die Zimbabwiese verkiesing sal vir die eerste keer plaasvind sonder voormalige pres. Robert Mugabe, wat in November verlede jaar tydens ʼn militêre oorname uit die kussings gelig is.
Zim onderneem om ‘ingesmokkelde’ kinders in te neem
Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, het Donderdag gesê sy het bevestiging ontvang dat Zimbabwe bereid is om die agt minderjariges in te neem wat in November verlede jaar in Suid-Afrika ingesmokkel is.
Morgan Tsvangirai Maandag ter ruste gelê
Morgan Tsvangirai, leier van die MDC-T, die opposisieparty in Zimbabwe, sal Maandag begrawe word.
Visekanselier in die sop oor Grace Mugabe se PhD
Die visekanselier van die Universiteit van Zimbabwe is in hegtenis geneem te midde van ʼn debakel oor Grace Mugabe se doktorsgraad aan dié universiteit.
Zimbabwe se Morgan Tsvangirai oorlede
Morgan Tsvangirai, leier van die MDC-T, die opposisieparty in Zimbabwe, is Woensdag oorlede.
Mnangagwa: ‘Mugabe het nie immuniteit nie’
Mugabe ontvang glo steeds sy salaris, toelaes, veiligheidsmaatreëls en eersteklasreise.
Verkiesing in Zimbabwe binne ses maande
Zimbabwe sal in Julie ʼn verkiesing hou, het pres. Emmerson Mngangagwa Woensdag in Davos, Switserland, gesê.
Saak laat vaar teen vrou wat Mugabe glo beledig het
Martha O’Donovan, wat Mugabe glo as ʼn “siek en selfsugtige” man beskryf het, is in November verlede jaar by haar blyplek in Harare in hegtenis geneem op aanklag van ondermyning.
Toeris dood toe krokodil opblaasbootjie aanval
Die vrou wat saam met hom op die bootjie was is ook ernstig beseer.
SA’ners het hierna op Google gesoek
Google het bekend gemaak waarna Suid-Afrikaners die meeste gesoek het op hierdie internetsoekenjin in 2017.
Is pienkbalkrieket die antwoord op toetsvlak?
Nou weet ons nog nie of ʼn vierdaagse kriekettoets wat met ʼn pienk bal gespeel word die antwoord is om toeskouers te lok nie.
Honderdtal, puik boulwerk en beserings kenmerk pienkbaltoets
Die Proteas het ná Dinsdag se eerste dag/aand van die heel eerste pienkbaltoets in Suid-Afrika heelwat om tevrede en ook bekommerd oor te voel.
Zim-president maak nuwe senior aanstellings
Zimbabwe se president Emmerson Mnangagwa het twee senior aanstellings gemaak in die regerende Zanu-PF-party.