Die meeste van die voorste spanne in die Westelike Provinsie (WP) se Superliga A moes Saterdag buitengewoon hard werk om te wen.
Lees meerAlles vir Woensdag 11 Mei 2016
[Video] Boer belê in dagsorgsentrum
‘n Boer wat in 2012 sowat ‘n miljoen rand gewen het in ‘n kompetisie vir landbou-entrepreneurs ploeg dié geld nou terug in ‘n projek om na haar werkers se kinders te help omsien.
Drie sit lank na noodlottige transitorooftog
Drie mans is in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gevonnis na ʼn transitorooftog waartydens ʼn polisiebeampte en veiligheidswag doodgeskiet is.
Polisieman wat glo ontsnaptes help hoor oor borgtog
ʼn Adjudant-offisier van die polisie het Woensdag in die Modimolle-landdroshof verskyn vir sy beweerde betrokkenheid by die ontsnapping van 13 verhoorafwagtende gevangenes.
Tweejarige by hospitaal agtergelaat
Die polisie in die Wes-Kaap het die publiek vir hulp gevra om die ouers van ʼn tweejarige seun, wat by die Tygerberg-hospitaal agtergelaat is, op te spoor.
Plaasaanval gefnuik: Vier vas met panga en pistool
Vier mans, tussen 33 en 47 jaar oud, is Dinsdagaand op ʼn plaas in die Jagersfontein-gebied, naby Fauresmith in die Vrystaat, in hegtenis geneem.
Man in hof na ‘rasvoorval’ met landdros
ʼn 21-jarige man het Woensdag in die hof verskyn nadat hy glo ʼn landdros die k-woord toegesnou en sy motor se vensters met ʼn hamer stukkend geslaan het.
SA vrou sterf glo in Suid-Korea
ʼn Suid-Afrikaanse vrou en haar kêrel is glo in Seoul, Suid-Korea dood nadat hulle drie verdiepings ver van die dak van ʼn gebou af geval het.
Zuma gaan nuwe straler kry
Die minister van verdediging het Woensdag aangekondig dat ʼn nuwe straler vir die presidensie aangekoop sal word.
‘Rasregter’ op spesiale verlof
Adv. Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het Woensdag ʼn aansoek goedgekeur om ʼn Pretoriase regter in die hooggeregshof, Mabel Jansen, op spesiale verlof te plaas nadat dit aan die lig gekom het dat sy meen swart mans het ʼn “kultuur” van verkragting.
Boek: Eet reg
Vetsug neem skrikwekkend toe. Die oorsaak is deels emosionele eetgewoontes wat in die kinderjare aangeleer word wanneer kos gebruik word as beloning of straf, of om liefde te wys.
Luiperdsliga: Vryburg dwing kampioen gelykop
Vryburg het die Luiperds se Neserbeker-kampioen, Lonmin, Saterdag tot `n gelykop uitslag in die reeks gedwing.
Ma veg verwoed vir seun met kanker
Carin Janse van Rensburg van Vereeniging, wat verlede jaar haar man verloor het tydens ʼn rooftog en etlike maande later gehoor het haar driejarige seun het beenkanker, het vandeesweek gehoor sy moet binne 16 dae meer as ʼn halfmiljoen rand insamel sodat Jayvan nie sy been verloor nie.
Die wêreld in foto’s – 11 Mei 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Twee sterf in Roodepoort-skietery
Twee mans, ʼn veiligheidswag en ʼn vermeende rower, is Dinsdagmiddag tydens ʼn mislukte gewapende rooftog by Bosmont Café in Roodepoort doodgeskiet.
SWD: ervaring red kampioen in gelykop stryd
Evergreens van Pacaltsdorp se sterk karakter en die span se ervaring om in gelykop stryde kalm te bly, was deurslaggend in sy wedstryd Saterdag teen `n omgekrapte Progress in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga.
Man sterf toe vliegtuig neerstort
ʼn Man is dood nadat ʼn ligte vliegtuig Woensdag in ʼn wildsreservaat in die Herbertsdale-gebied, naby Mosselbaai in die Wes-Kaap, neergestort het.
NVG bekyk nog ‘spioenasiebande’-uitspraak
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het gesê hy bestudeer nog die onlangse uitspraak van die Noord-Gautengse hooggeregshof dat die besluit om korrupsie-aanklagte teen pres. Jacob Zuma oor die sogenaamde spioenasiebande te laat vaar, irrasioneel was.
Vrou gevonnis wat 13-jarige verkrag
ʼn 30-jarige vrou is in die Pietermaritzburg-streekhof gevonnis vir die verkragting van ʼn 13-jarige seun.
Patensie-plaasmoord: Beloning aangebied vir inligting
Die Oos-Kaapse polisie bied ʼn beloning aan vir enige persoon met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die moordenaars van ʼn 68-jarige vrou.