Drie vriende, wat meer as $40 000 (R413 000) in ʼn tweedehandse rusbank ontdek het, het boonop die geld aan die 91-jarige weduwee teruggegee.
Lees meerAlles vir Vrydag 16 Mei 2014
Video: Noue ontkoming vir tiener wat bontloop
ʼn Tiener het hierdie week ʼn noue ontkoming gehad toe sy skielik voor ʼn polisiebeampte se motor ingehardloop het.
Video: Nampo ‘n groot sukses
Duisende mense het weer hulle opwagting gemaak by die Nampo-feesterrein vir die gewilde jaarlikse landbouskou wat in Bothaville gehou is.
Drie vas oor aanrandingsvideo
Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die gereg in eie hande geneem en toe ʼn man vermoor het, het Vrydag in ʼn hof in Mpumalanga verskyn.
Wellington-skolier vas vir moord
ʼn 15-jarige seun is in Wellington in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn medeskolier met ʼn mes doodgesteek het.
Video: Boetebessie oortree padreëls
Mogale City-verkeersbeampte van die Wes-Rand is onlangs op kamera afgeneem waar sy haar amptelike voertuig by ʼn stopstraat stilhou, en dit as ʼn parkering gebruik terwyl sy gaan kos koop het.
Man sterf toe trok en bakkie bots
ʼn Man is dood nadat sy Kia-bakkie Vrydagoggend met ʼn swaarvoertuig in Stanger, KwaZulu-Natal, gebots het.
Kapingsvideo: “Dis maar dinge wat gebeur”
Willem Bester (44), die man van South Crest in Alberton wat Dinsdagaand in die oprit van sy huis geskiet en gekaap is, wil so gou as moontlik uit die hospitaal ontslaan word.
Woord: bombarie
Ken jy die woord “bombarie”? Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind wat dié woord beteken.
Kabeldief doodgemaak in KZN
‘n 28-jarige kabeldief is dood aangetref langs ‘n pad in Kwandengezi, KwaZulu-Natal.
Bybel se Adam en Eva dalk nie oorspronklik
Twee Nederlanders stel Vrydag bewyse bekend dat die Bybelse vertelling van Adam en Eva moontlik nie ʼn oorspronklike verhaal is nie.
Veiligheidswag in Alberton doodgeskiet
‘n Veiligheidswag wat vir ‘n subkontrakteur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) gewerk het, is Vrydagoggend in Alberton doodgeskiet.
Mev. SA-finalis se broer tydens plaasaanval geskiet
Die broer van ʼn Mev. Suid-Afrika-finalis is Vrydag in die vroeë oggendure aangeval op ʼn plaas waar daar na hulpbehoewende mense omgesien word.
Suid-Afrika het nog baie platinumreserwes – USGS
Suid-Afrika en Zimbabwe, wat saam die meeste metale van die platinumgroep lewer, het na raming sowat 150 000 ton onontginde reserwes.
Video: Leeuwyfie vang blesbok in die lug
Hierdie blesbok by die Shamwari-wildreservaat in die Oos-Kaap, het nie ʼn kans gestaan teen honger leeuwyfies nie.
Situasie by Marikana is kalm
Die polisie van Noordwes het Vrydag gesê die situasie by Marikana is kalm nadat die vakbond Amcu aangekondig het dat sy staking by platinummyne gaan voortduur.
Stiefpa sit lank ná hy dogter verkrag
ʼn 31-jarige man van KwaZulu-Natal is Donderdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy sy stiefdogter verkrag en glo swanger gemaak het.
Boek: Die Griekwastad-moorde
Die ware verhaal agter die moorde wat die land geruk het, geskryf deur die joernalis wat die storie onthul het.
Boek: Openbaring ontsluit
Hoeveel mense het al Openbaring gelees en álles verstaan? Tog sê Riekert Botha Openbaring kán verstaan word
Nkandla: ‘Stel waarnemende president aan’
Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het Vrydag in ‘n verklaring die parlement versoek om ‘n tussentydse of waarnemende president aan te wys in lig van die nuwe verwikkelinge rakende die Nkandla-verslag.