Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Dinsdag ʼn interdik toegestaan waarvolgens die EFF en sy lede verbied word om die publiek aan te hits om enige standbeelde in die land te beskadig of te verwyder.
Alles vir Dinsdag 21 April 2015
Afrikaans 90: Die waarde van moedertaalonderrig
“’n Beleid van toegevoegde veeltaligheid, soos wat tans deur die onderwysowerhede voorgestaan word, kan slegs slaag indien dit op deeglike begronding van die moedertaal gefundeer is,” skryf Pierre Edwards van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria.
Video: Dansers van oor die hele wêreld te sien in ‘Swanemeer’
Altesaam 80 plaaslike en buitelandse dansers is tans in die bekende ballet, Swanemeer, by die Joburg-teater te sien.
Beesboer skuldig aan dieremishandeling
ʼn Boer van Koster in Noordwes is skuldig bevind aan dieremishandeling nadat die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (DBV) verskeie klagtes teen hom aanhangig gemaak het.
Onnie verdwyn terwyl sy vir vriendin wag
Jayde Panayiotou (28) van Port Elizabeth het Dinsdagoggend voor die veiligheidskompleks waar sy woon vir haar vriendin gewag om haar op te laai, toe sy spoorloos verdwyn het.
Luister: Twee fietsryers op pad na Noord-Kaap vir godsdiens in skole
AfriForum is slaggereed vir die hofstryd wat hom binnekort in die Suid-Gautengse hooggeregshof gaan afspeel vir die behoud van godsdiens in skole.
Uitdrukking: Op die aandskof van die lewe wees
Taaltoffie ondersoek die uitdrukking, “Op die aandskof van die lewe wees”.
Registrasie vir Gauteng-leerlinge vandag geopen
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) doen egter weereens ʼn beroep op ouers en skole in Gauteng om nie elektroniese aansoeke vir 2016 in te dien nie.
Bejaarde non van KZN glo verkrag, versmoor
Die liggaam van ʼn 86-jarige non van KwaZulu-Natal is Saterdag gevind nadat sy na bewering verkrag en versmoor is.
Vier in hof oor Sithole-moord
Die vier mans wat aangekla word van die moord op die Mosambieker Emmanuel Sithole, het Dinsdag in die Alexandra-landdroshof verskyn.
Japannese stel laser voor teen ruimterommel
Navorsers van die Riken-navorsingsinstituut van Tokio, het voorgestel dat die probleem van ruimterommel aangespreek word deur gebruik te maak van laser wat deur fyn optiese kabel gerig word
Nuuskommentaar: Minderheidsgroepe se oog op die bal
Op die oog af lyk dit asof minderheidsgroepe ’n blaaskans kry terwyl die regering se aandag op die beëindiging van xenofobiese geweld gefokus is. Daar is egter steeds ’n duiwel in die fynskrif wat deeglik onder oog gehou moet word.
Sasol gaan krag aan Eskom verskaf
Die petrochemiese reus Sasol het ʼn kragkoopkontrak met Eskom aangegaan om elektrisiteit aan die kragnetwerk te verskaf, het Business Day Dinsdag berig.
‘Gevaarlike’ griep vanjaar verwag
Ná ʼn aanvanklike vertraging in die voorsiening van vanjaar se griepinspuitings word Suid-Afrikaners nou aangemoedig om vir dié winter se stamme van die griepvirus, wat blyk kwaadaardig te wees, ingeënt te word.
Kaping: Ma voor kinders doodgeskiet
ʼn 33-jarige ma van Johannesburg is Maandag voor haar kinders doodgeskiet tydens ʼn kaping buite haar dogter se skool.
EFF-lid glo deur polisie geskiet
ʼn Lid van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is Maandag in die been geskiet tydens ʼn optog in Alexandra, noord van Johannesburg.
Ton Vosloo tree uit
Ton Vosloo het uitgetree as nie-uitvoerende voorsitter van Naspers.
Malema: ‘ANC beskerm wit voorreg’
Julius Malema, leier van die EFF, het Maandag tydens ʼn deur-tot-deur-veldtog teen xenofobie aan inwoners van Alexandra gesê om die “ANC vir ʼn werk te gaan vra”.
Vierde verdagte vas vir Sithole-moord
ʼn Vierde verdagte is Maandagaand in hegtenis geneem in verband met die moord op die Mosambieker Emmanuel Sithole wat die afgelope naweek in Alexandra, noord van Johannesburg, vermoor is.
Resensie: Dankie vir alles – Bles Bridges
Op 24 Maart 2000 is een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars tot nog toe, Bles Bridges, in ʼn motorongeluk dood.