Hofstukke is Dinsdag op alle belanghebbende partye beteken om die Bedingingsraad vir die Metaal- en Ingenieursbedryf (MEIBC) onder kuratorskap te laat plaas om dit sodoende van ondergang te probeer red.
Lees meerAlles vir Dinsdag 13 Desember 2016
Oud-polisiereservis wat vrou wou indoen gevonnis
Abraham Jacobus Visagie (39), ʼn voormalige polisiereservis, is Maandag skuldig bevind aan bedrog en korrupsie nadat hy homself as ʼn staatsaanklaer voorgedoen het om ʼn 54-jarige vrou met duisende rande in te doen.
Nano-ruimteskip bring Alpha Centauri nader
’n Nano-ruimteskip wat Alpha Centauri binne 20 jaar kan bereik, en homself boonop kan herstel, word nou gesamentlik deur Nasa en ’n Koreaanse onderneming ontwikkel.
Nuwe OB besoek Zuma
Adv. Busisiwe Mkhwebane, die nuwe openbare beskermer (OB), het Dinsdag ʼn hoflikheidsbesoek by pres. Jacob Zuma afgelê.
Voetganger sterf in tref-in-trap in Kaap
ʼn Voetganger is Dinsdag in die Kaapse Skiereiland doodgery in ʼn beweerde tref-en-trap-voorval.
[Foto’s] Vliegtuig vat vlam ná noodlanding by Lanseria
Drie mense is beseer en het brandwonde opgedoen toe ʼn ligte vliegtuig Dinsdagmiddag by die Lanseria Internasionale Lughawe naby Johannesburg ʼn noodlanding moes uitvoer en daarna aan die brand geslaan het.
Bolander in murg en been brei Kavaliers
`n Bolander in murg en been is as hoofafrigter van die Boland Kavaliers vir die komende seisoen aangestel.
ToekomsVenster: Prioritiseer jou verhouding met God
Die plek vir die Here gereed maak kan verskillende goed beteken. Ek vermoed dat die digter sy verhouding met God weer wil prioritiseer. Nuwe Testamenties-gesproke woon die Here tog in elkeen van ons.
Kleuter se moordenaars gevonnis
Die moordenaars van die tweejarige Caydene Ruiters is Dinsdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth gevonnis.
‘Japanse ooievaar’ voed ruimtestasie
Agt dae nadat ’n Russiese vragruimteskip wat kos en ander voorraad vir die internasionale ruimtestasie moes neem kort ná opstyging ontplof het, het ’n Japanse vragskip na die ruimtestasie vertrek.
Loftus (en Blou Bulle) behoort Morné te vereer
Wanneer die Bokke die Franse aanstaande jaar op 10 Junie op Loftus Versfeld pak, kan daar gerus hulde aan Morné du Plessis gebring word.
Dogtertjie (2) verdrink in swembad
ʼn Tweejarige meisie het Dinsdag in ʼn swembad by ʼn huis verdrink.
Pikkewyn-diefstalsaak weer in hof
Die saak teen twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Buddy, ʼn driejarige pikkewyn, uit die Bayworld-oseanarium in Port Elizabeth gesteel het, is Dinsdag in die plaaslike landdroshof voortgesit.
Donker materie ʼn illusie, sê wetenskaplike
Erik Verlinde, ’n Nederlandse wetenskaplike wat meen donker materie is net ’n illusie, het met ’n algeheel alternatiewe idee vorendag gekom oor hoe swaartekrag ’n draaiende sterrestelsel bymekaar kan hou.
Boek: In die lig van sy genade
God se beloftes dra ons. Dit is Woord-wind onder ons geloofsvlerke, wat ons hoog bó ons omstandighede kan laat uitstyg. Beloftes bring krag, hoop, geduld en geloof; dit getuig van God se genade. Dit is die bemoediging wat Jimi le Roux jou bied in ‘In die lig van sy genade’. Dié 366 oordenkings in dié volkleur-dagboek handel oor verskeie van God se beloftes uit die boek Jesaja wat ons kan inbou in ons geloofslewe.
Meisie (14) verkrag wat ryloop
ʼn 14-jarige meisie wat van Bosbokrand na Graskop in Mpumalanga geryloop het, is verkrag.
Man verlam gelaat ná ramparty
“Ons is verpletter en het aanvanklik konstant gevra hoekom dit juis met ons moes gebeur. Ons was só gelukkig en het uitgesien na die groot dag. Maar vrae help nie, want alles gebeur met ʼn doel. Ons sal bid, want daar is krag in gebed.”
[Foto’s] Ses op pad na ‘rooftog’ vasgetrek
Ses vermeende rowers is in hegtenis geneem toe polisiebeamptes in Limpopo hulle voorgelê het toe hulle glo op pad was om ʼn sakeonderneming in Tzaneen te beroof.
Engeland klop Kanada; kelder SA se hoop op kwarteindronde
Suid-Afrika se o.21-manshokkiespan het toe nie die kwarteindronde van die Junior Wêreldbeker in Lucknow, Indië, gehaal nie.
‘Krisis in wiskunde’, erken minister
Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, sê die regering besef daar is tans ʼn krisis met die aanleer en onderrig van wiskunde in die land.