“Ons is gebroke. Ons is totaal en al stukkend. Ons ken die een verdagte al sedert hy ʼn babatjie is. My kind is vir dood daar agtergelaat. Hy is koelbloedig vermoor. Hulle het my kind soos ʼn dier op die sypaadjie gelos sodat hy kan doodbloei.”
Alles vir Vrydag 26 Januarie 2018
Boer sterf dag ná plaasaanval
Die polisie sal nou ʼn saak van moord en saak van inbraak ondersoek.
Vier van renosterhoring-sindikaat gevonnis
Die vier beskuldigdes, Joseph Albertus du Plessis (71), sy vrou, Johanna du Plessis (55), Yansen Fenc en Liu Li Hong is in die Middelburg-streekshof gevonnis.
Luister: Steve Ashley vier 50 jaar in die bedryf
Vir enigiemand wat nie die naam Steve Ashley ken nie, kan jy maar net die naam van The Staccatos, die musiekgroep uit die sestigerjare, noem – en herinneringe van die treffer “Cry to Me” word opgeroep.
Video: Kaalvoet oor Lego-blokkies – ʼn nuwe wêreldrekord
“As jy al ooit op een blokkie getrap het, dan sal jy ‘n idee hê hoe my voete voel!”
Kombuiswenke: Wat is die verskil tussen tamatie-pasta en tamatie-puree?
Watter een smeer mens op ʼn pizza?
Gaan die Ramaphosa-sjarme in Davos werk?
Wie gaan plase, geboue en ondernemings koop as dit in ʼn ommesientjie onder jou weggeneem kan word? Die internasionale gemeenskap het lankal kennis geneem wat die nadelige gevolge van grondhervorming kan wees.
Vermiste vliegtuig gevind
Die vermiste ligte vliegtuig met twee insittendes wat Woensdagmiddag tydens ʼn toetsvlug in die Oos-Kaap vermis geraak het, is Vrydagoggend gevind.
Terugslag vir spoegkobra-slagoffer
Dawid du Plessis, die vyfjarige seun van Limpopo wat vroeër vandeesweek deur ʼn Mosambiekse spoegkobra gepik is, moes Donderdag ʼn operasie in ʼn Pretoriase hospitaal ondergaan nadat sy toestand verswak het.
Vrede-suiwelprojek: Valke slaan toe
Die klopjagte volg nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) verlede week ‘n bewaringsbevel bekom het teen die Estina-suiwelprojekplaas wat Gupta-bande het.
Lindie Strydom: Vooraf besluitneming
Lindie Strydom skryf: In plaas van “voornemens” vir die jaar, wil ek dus eerder kyk na my “verbintenis” vir die jaar wat hopelik sal help met die daaglikse uitdaging van waarvoor om ja en waarvoor om nee te sê.
Gekys of enkellopend: Só gaan dit met die boere
“Omdat God werklik betrokke was by hierdie saak in my lewe, moes sekere goed gebeur. Ek het niks verstaan soos dit uitgespeel het nie. As ek vandag terugkyk, pas die legkaart inmekaar.”
Tekenprent: ʼn Alternatiewe blik op die betogings
Terwyl betogings in Gauteng voortduur by Hoërskool Overvaal in Vereeniging nadat die Pretoriase hooggeregshof beslis het dat die skool nie 55 Engelssprekende leerders hoef in te neem nie, is daar groter probleme in die Wes-Kaap wat reënval betref.
Taalsuiwerheid – kry jou anglisisme aangespreek en jou lingo in lyn
Dit is ʼn algemene wanopvatting dat enige woord in Afrikaans wat klink asof daar ʼn Engelse ekwivalent is, per se ʼn anglisisme is. Dit is nie waar nie – hierdie woorde is so Afrikaans soos “biltong” en “melktert”, skryf Sophia Kapp.
Drie vas oor plan om boer te vermoor
Die moord was glo veronderstel om op 7 Januarie uitgevoer te word.
Foto’s: Talle sterf in dodelike hospitaalbrand
Volgens berigte was die meeste van die oorledenes pasiënte in die waakeenheid van die hospitaal waar hulle vir respiratoriese siektes behandel is.
JMPD-beamptes vas ná joernalis se moord
“Inteendeel, hulle het die oorledene doodgeskiet en het ʼn misdaadtoneel opgestel om hul spore dood te vee.”
Nuuskommentaar: Is ek wit of blank, en jy swart of Afrikaan?
Die vorige regering mag rasseklassifikasie formeel uit die wetboek verwyder het, maar die ANC het dit met ompaadjies met mening teruggebring.
Man vas ná hy vrou glo lewend aan die brand steek
ʼn 45-jarige man is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy glo op Oukersdag ʼn vlambare vloeistof oor Tracy Samuels (39), ʼn inwoner van Roodepoort in Johannesburg, gegooi en dit aan die brand gesteek het.
Chris Chameleon: Eelte
My voete was hard. Wanneer ek naweke huis toe gekom het, het ek die stad verken in my kaalvoete. Die enigste ongemak was, af en toe, op ʼn versengende somermiddag, ʼn vuurwarm beton- of teerblad, skryf Chris Chameleon.