Die ANC-beheerde Dr Beyers Naude- plaaslike munisipaliteit (Graaff-Reinet) in die Oos-Kaap is van voornemens om Maandag al 12 biblioteke in dié munisipaliteit te sluit.
Alles vir die maand Februarie 2019
Twee vas oor miljoene se perlemoen
Ondersoekwerk het beamptes van die Wes-Kaapse blitspatrollie na ʼn huis in Milnerton gelei.
Departement gemaan oor nie-betaling van internskappe
Die Gautengse departement van gesondheid is gemaan om persone wat mediese internskappe doen en onlangs geplaas is, maar nie die afgelope week betaling ontvang het nie, dadelik te betaal.
Gesinne ontruim ná verwoestende storm in Ladysmith
Verskeie families is Saterdagaand dakloos gelaat en ander is na gemeenskapsale ontruim ná ʼn verwoestende storm in Ladysmith in KwaZulu-Natal.
Skooltragedie: Vierde skolier sterf
ʼn Vierde skolier is oorlede ná ʼn strukturele ineenstorting Vrydag by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark.
Ramaphosa verwelkom onthullings by ondersoeke
Suid-Afrikaners moet nie bekommerd wees oor onthullings by verskeie kommissies van ondersoek nie, het pres. Cyril Ramaphosa Saterdag gesê.
Malema benadruk onteiening sonder vergoeding
Die EFF het beloftes gemaak oor onder andere werkskepping, salarisse vir spesifieke ambagte en onteiening sonder vergoeding.
Twee dood, 29 beseer toe taxi’s bots
Twee persone is dood en minstens 29 persone beseer toe twee minibustaxi’s Saterdagaand op die N4 naby Valentia Park in Nelspruit gebots het.
Groen Skerpioene tree op oor bloed, riool in Nylrivier
Die Groen Skerpioene gaan erge besoedeling van die Nylrivier deur onder meer riool-inlating, en bloed en fetusse afkomstig van die munisipale abattoir op Modimolle (Nylstroom), as ʼn prioriteit ondersoek.
Blitsbokke speel om vyfde plek uit
Ná ʼn futlose vertoning teen Engeland in die bekerkwarteindstryd, is die Blitsbokke se Sydney-bekerdroom daarmee heen.
DA pleit vir beter polisiediens ná nog ʼn plaasmoord in Noordwes
Die Demokratiese Alliansie (DA) het met leedwese van nog ʼn plaasaanval verneem waarin ʼn bejaarde vrou vermoor en hul huiswerker na bewering ontvoer is.
Gedagte vir die dag: Daardie klein jakkalsies
Die Gees het ons splinternuut gemaak. Daarom moet ons toelaat dat Hy elke dag ons lewe bestuur. Hy moet besluit wat ons dink en sê en doen. (Galasiërs 5:25)
Nuwe knopiespinnekop in SA ontdek
ʼn Nuwe spesie knopiespinnekop wat onlangs in Suid-Afrika ontdek is, is moontlik die grootste van sy soort in die wêreld.
Omstrede pastoor deur Valke gegryp
Die klagte teen die egpaar sluit in bedrog, geldwassery en oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (POCA).
Solidariteit gaan BLF hof toe vat
“Ons is absoluut gewalg deur die opmerkings deur die BLF se woordvoerder Lindsay Maasdorp waarin hy die dood van die wit kinders verwelkom.”
Eskom leen R15 miljard
“Dit is bemoedigend dat finansiële markte die kragvoorsiener steeds in ʼn positiewe lig sien terwyl gepoog word om finansiële en operasionele stabiliteit te verseker.”
Miller se veldwerk beter as ʼn drankie op ʼn warm dag
Dit was eerder David Miller se veldwerk as Faf du Plessis en Reeza Hendricks se kolfwerk wat die kollig gesteel het.
Clifton-herrie in parlement bespreek
Strandgangers is na bewering deur die private veiligheidsmaatskappy PPA aangesê om die strand te ontruim.
DA-jeug wil BLF verkla ná skooltragedie
“Terwyl die land rou oor die dood van drie leerders by die Hoërskool Driehoek, het die BLF van die mees veragtelike sentimente versprei.”
Vrou vas oor dwelms om lyf, in maag
“Daar was ʼn band om haar lyf waarin dwelms versteek is.”