Die owerheid sê hy gaan CemAir se bedrywighede monitor.
Alles vir Vrydag 18 Oktober 2019
Foto’s: ʼn Radikale driewiel wat koppe laat draai
Ek het al met verskeie fietse gery wat aandag getrek en hier en daar ’n vraag ontlok het. Niks kon my egter voorberei vir die reaksie op die Yamaha Niken nie.
Onnie geskors oor apartheid-opmerking op vraestel
ʼn Onderwyseres aan Southdowns College in Centurion is sonder meer geskors ná ʼn twitterplasing wat beweer sy het onregmatig opgetree toe sy ʼn opmerking oor apartheid op ʼn leerder se vraestel gemaak het.
Resep: Bakkies se boerewors
Hier is ’n lekker resep om jou éie boerewors te maak en stop.
Polisie slaan toe op bakkie met R400 000 se koperkabels
’n Verdagte is vas en drie van sy makkers steeds soek nadat hulle met ’n vrag koperkabels betrap is.
Vandag se sportnuus
Faf: “Ons moet honderdtalle slaan, soos wat die Indiërs doen.”
‘Reuseterugslag’ by Eskom lei tot fase 2-beurtkrag
Eskom sê hy besef die negatiewe uitwerking wat die besluit op sy klante – en veral matrieks wat eindeksamen skryf – het.
Nuweland dalk gesloop
Gerugte doen die ronde dat dié ikoniese stadion dalk binnekort gesloop gaan word.
Belasting: Invordering onder druk
Die regering is tans onder groot druk om sy belastingsteikens vir die lopende belastingjaar te bereik.
SA stut spog met Franse paspoort danksy president
Speler aan Franse president: “Mag ek asseblief Franse burgerskap kry? Ek sal ’n trotse Franse burger wees.”
SA man van nog ʼn moord in Alaska aangekla
Brian Steven Smith (48), die Suid-Afrikaner wat vroeër die maand in Anchorage, Alaska, in hegtenis geneem is vir moord, word nou van nog ʼn moord aangekla.
Nelspruit-bedrieër: Nog ʼn familielid vas
Nog ʼn verdagte is in hegtenis geneem in verband met bedrog van miljoene rande waarby ʼn boekhouer van Mbombela (Nelspruit) en van haar familielede betrek word.
Eskom: Dís die redes vir beurtkrag
Jabu Mabuza, waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, het gisteraand tydens ʼn mediakonferensie die redes vir die herinstelling van beurtkrag bekend gemaak.
Gedagte vir die dag: God is vrygewig met Homself
Waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle. (Matteus 18:20)