Die voorlopige syfers van die Mynbouraad dui daarop dat tot 5% van die land se mynwerkers die nuwe koronavirus gaan opdoen en daardie syfer kan vererger omdat mynwerkers so naby aan mekaar werk en woon.
Lees meerAlles vir Vrydag 19 Junie 2020
Regulasies vir salonne bekend
Die persoonlikesorgbedryf, wat miljoene vroue in diens neem, se deure is reeds langer as 80 dae gesluit.
Woede oor diensleweringchaos in Tshwane
Daar is tans meer as 200 kragonderbrekings in verskillende dele van die metrogebied.
Strandhuis vir allemintige R17,84 miljoen opgeraap
Die huis op Clifton se Derde Strand is die afgelope maand op ʼn aanlyn veiling verkoop.
ToekomsVenster: Alles vir U
God verstaan, gee om en is lankmoedig en geduldig met elkeen van ons.
Vonnisoplegging uitgestel van twee wat vals klagte van rassisme indien
Die twee polisielede het hul eertydse bevelvoerder, lt.kol. Annemarie Oosthuizen, in 2017 valslik daarvan beskuldig dat sy die k-woord gebruik het.
Twitter waarsku weer teen Trump-twiet
Die etiket by Trump se twiet is die jongste salvo in die stryd tussen Trump en tegnologie-maatskappye. Die Amerikaanse president beskuldig hulle daarvan dat hulle konserwatiewe stemme probeer stilmaak.
Enorme hulppakket vir taxibedryf
Die hulppakket aan die taxibedryf is amper vier keer hoër as dié aan ander bedrywe.
Ballito-voorval: Munisipaliteit glo steeks oor verslag
“Dit bly ’n onbeantwoorde vraag of die beamptes by magte was om 11 mense in hegtenis te neem ingevolge die Strafprosesregwet.”
Covid-19: SA steek China verby; dié provinsie loop deur
Dit wil voorkom of Gauteng se Covid-19-gevalle nou skerper toeneem as in die Wes-Kaap.
Die wêreld in foto’s – 19 Junie 2020
Dave Franco, akteur, regisseur en medeskrywer van die film The Rental, het ʼn inryteater geskep om dié film voor die vrystellingsdatum aan die publiek te wys.
Hoeveel is ’n lewe werd?
Wil ons die waarde van hierdie menselewens verhoog? Wel, dan is die antwoord taamlik eenvoudig. Dit beteken, aan die een kant, dat ons die ekonomie moet bou om vir mense die middele te gee om onafhanklik van die regering se besluite te leef, maar ook dat ons sterk gemeenskappe moet bou wat hul lede waardevol ag.
Werkers hof toe oor salarisse by Denel
Denel het vakbonde die afgelope week ingelig dat hy nie sy uitstaande verpligtinge teenoor sy werkers vir Mei, Junie, Julie óf Augustus vanjaar kan nakom nie.
Só vergelyk drie nuwe kruismodelle
Ons het ʼn vergelyking getref tussen die Honda HR-V 1.8 Elegance, Mitsubishi se Eclipse Cross en Nissan se Qashqai.
Só het geld uit VBS ‘verdwyn’
Die klagstaat in die saak teen agt beskuldigdes in die VBS-bankskandaal wys hoe miljoene rande oor twee jaar in raadslede se rekeninge oorbetaal is.
ʼn Visie vir onderwys in die digitale era
Daan Potgieter, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Onderwysnetwerk, het tydens die bekendstelling van VivA se Taalportaal en Taalonderrigportaal gesels oor die AON se visie vir onderwys in ‘n digitale era.
Dringende ondersoek na motorfiets-ambulanse in Oos-Kaap gevra
“Dié motorfietse is nie geskik vir pasiëntvervoer enige plek in die land nie, wat nog te sê van die landelike Oos-Kaap met weinig tot geen padinfrastruktuur nie.”
Foto’s: Honde byna onherkenbaar ná modderbad
Honde-eienaars het ʼn paar grappige foto’s gedeel van hul honde wat byna onherkenbaar is ná ʼn modderbad.
Resep: Spek-en-rum-hoendersosaties
Maak hierdie heerlike sosaties vir Vadersdag!
LJ van Zyl oor wêreldatletiek in die tyd van Covid-19
Die voormalige hekkieskampioen LJ van Zyl meen die afsonderingstydperk hou voor- én nadele vir atlete in.