Hier en daar is vervaardigers wat al ver gevorder is met hul elektriese en hibridiese produkte, maar party is ver agter, skryf Brendon Staniforth.
Alles vir Donderdag 25 Junie 2020
Beroepsbakker se donasiestasie help krisissentrum
“Ek wou vir my verjaarsdag iets gaaf vir mense doen, want mens sien en lees deesdae so baie van mense wat swaarkry.”
Video: Francois van Rensburg is in ‘twee wêrelde’ met jongste enkelsnit
Die musiekvideo is vandag (Donderdag) eerste op Maroela Media te sien.
Meningstuk: Klubrugby weer relevant ná minder kontrakte, oorsese besnoeiing
Dit laat hierdie spelers met die keuse: Gaan maak jou merk op klubvlak of hou op met rugby speel. Dit geld vir die senior spelers, en ook vir die juniors wat op beurse staatgemaak of gehoop het om te gaan Varsitybeker-rugby speel.
Spioene, leuens en reusewins: Onderwêreld van sigarette blootgelê
“Oor die afgelope drie maande sou die verlies aan inkomste genoeg gewees het om die salarisse van 66 000 polisiebeamptes te betaal. Of die regering kon die uitbetaling van 277 000 pensioentoelae met die geld gedek het.”
Regulasies vir restaurante, fliekteaters teen Vrydag geëis
“Wat presies het die ministers die afgelope agt dae gedoen?”
SAL-werkers kry finale skeidingsaanbod
SAL se krediteure stem Donderdag oor die voorgestelde sakereddingsplan.
Ons Franse kasteel: Versteekte skatte, goedheid en guns
Die nuutste vonds is egter uit die grond opgegrawe.
China en Indië in konflik
Militêr is China die sterker moondheid, maar nie een van die twee kante kan ’n volskaalse oorlog bekostig nie.
Tannie se Comrades-goud inspireer ’n marathon-ster
“Dit het my weliswaar ’n sterker persoon gemaak, tog het dit my elke keer sielkundig geknak as nóg ’n dokter of spesialis gesê dat hulle nie weet wat fout is nie.”
Onderwyser afgedank ná onbedoelde ‘George Floyd’-opmerking
ʼn Ervare onderwyseres sê sy het bloot ʼn Afrikaanse uitdrukking direk vertaal. Die George Floyd-voorval het nie eens naastenby by haar opgekom nie.
Hier is Maroela-lesers se beste boereraat en idees
Die wenner is ook bekend gemaak in Maroela Media se boererate en idees-kompetisie waar die persoon ʼn kontantprys van R1 000 ontvang.
Boek-uittreksel: Knooppunte – Opstelle vir en oor Danie Goosen
“Knooppunte: Opstelle vir en oor Danie Goosen” word op Donderdag 25 Junie om 19:00 op Akademia se Facebook-blad bekendgestel. Lees hier ʼn uittreksel.
Resep: Dubbel sampioen-omelette
Hierdie maklike vegetariese maaltyd is heerlik as ontbyt óf aandete. Lewer 4 porsies Bestanddele 500 g sampioene 1 salotte, gekap 2 knoffelhuisies, gekap 1 bos…
Broer, suster sterf saam in familielid se huis
Toe niemand Maandagoggend die deur vir die huiswerker oopmaak nie, het sy dadelik onraad vermoed.
Boek: ‘Die Heerser van die Ringe’ – Die Koning keer terug (Deel drie)
“Die Heerser van die Ringe: Die Koning keer terug” is die derde boek in JRR Tolkien se immergewilde trilogie.
Mistasting vir die toekoms
As ons nie konstruktief bou aan beter alternatiewe nie, is die ANC se pad van vernietiging vir die land om hulself te red en te verryk, die enigste moontlike eindresultaat, skryf Bennie van Zyl.
Gedig: Winternag
Eugène Marais se bekende gedig ‘Winternag’.
Man lewenslank tronk toe vir moord op polisieman
Die polisiebeampte is agt keer geskiet en is later in die hospitaal dood.
Rugby, roltrappe en Kaapse reën
Nuweland was magies. Jy kon jou indink waar dr. Danie Craven en Jan Pickard rugby gespeel het.