Byt & Buskruit is terug met ʼn tweede seisoen: Kom kyk gratis saam! Loer solank na hierdie lekker resep uit die vyfde episode van reeks 2.
Alles vir die maand Julie 2020
Stigting sit hofstryd voort oor Dlamini-Zuma se mag
“Dlamini-Zuma word al vir langer as vier maande lank toegelaat om op haar eie, of saam met die nasionale bevelsraad, wetgewing in te stel as deel van die regering se reaksie tot die Covid-19-pandemie.”
Verbruikersake: Oppas vir daardie aanlyn voorwaardes
Dit het vir verbruikers, veral nou in die tyd van die pandemie waar ons meer aanlyn leef, al tweede natuur geraak om te kliek op die “aanvaar” knoppie wanneer hulle aanlyn transaksies doen. Ina Opperman verduidelik waarom verbruikers versigtig moet wees.
Landbouminister veroordeel ook Vaalharts-moorde
Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het gesê sy is geskok oor die moorde op Dan (83) en Breggie (79) Brand en hul dogter Elzabie.
Zimbabwe wil wit boere vergoed
Die Zimbabwiese regering het Woensdag ʼn ooreenkoms met wit boere onderteken om hul miljarde Amerikaanse dollars te betaal in vergoeding nadat hul twee dekades gelede van hul grond afgeskop is, dikwels met geweld.
Dwarskersbos: Antwoorde geëis oor ‘dubbele standaarde’
“Wanneer ʼn mens die aard van die munisipale bestuurder se openbare opmerkings in aanmerking neem, is die stilte van die burgemeesterskantoor onrusbarend.”
Polisie ondersoek samekoms buite Mlangeni-huis
Mense is woedend hieroor en wil weet of die afsonderingsregulasies net vir sommige Suid-Afrikaners geld.
Covid-19-statistieke: Meer as 11 000 nuwe gevalle
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand die jongste statistieke rakende Covid-19 bekend gemaak.
Gedagte vir die dag: Beloftes maak skuld
Dan sal ek u Naam altyd besing en dag na dag my geloftes betaal. (Psalm 61:9)
En die wenners van ‘Kwarantyn’ is…
Die wenners van die eerste seisoen van kykNET se realiteitsprogram, Kwarantyn, is Woensdagaand aangewys.
Covid-19: Rol van weerstoestande ondersoek
ʼn Groep Suid-Afrikaanse wetenskaplikes sal in Augustus hul bevindings voorlê tydens ʼn internasionale virtuele konferensie oor die rol wat weersomstandighede, die klimaat en die omgewing speel in die verspreiding van Covid-19.
Prasa: Pensioenbydraes uiteindelik met rente betaal
Prasa het uiteindelik twee maande se agterstallige bydraes, met rente, aan die Transnet Aftreefonds (TRF) en die Prasa Voorsorgfonds oorbetaal.
Gautengse kabinet weier om voor parlementêre komitee te verskyn
Parlementslede was ontstoke oor die Gautengse kabinet se wegkruipery en stokkiesdraaiery.
TLU SA eis verduideliking oor gewysigde jagregulasies
In baie landelike gebiede is die plattelandse ekonomie afhanklik van jagters en wildsboere se spandering. Dit is inderdaad wat die landelike omgewing aan die gang hou.
Nasionale Vergadering keur nuwe begroting goed
Die aanvaarding van die begroting deur die Nasionale Vergadering is ‘n belangrike stap in die finansiering van staatsdepartemente se werk.
Bosasa-base in hof oor R1,8 miljard se bedrog
Linda Mti, die voormalige kommissaris van korrektiewe dienste, en vier ander persone het in die Pretoriase gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn oor aanklagte wat verband hou met tenders ter waarde van meer as R1,8 miljard.
Ondersoek duur voort ná rooftog, skietery in Pretoria
Die Gautengse polisie se ondersoek duur voort ná ʼn rooftog Woensdag by ʼn selfoonwinkel by die Atterbury Value Mart in Pretoria.
ToekomsVenster: God is altyd relevant
Ons moet nie blind wees vir waarmee God tans besig is nie. Met nadenke sal ‘n mens besef die pandemie het ons gekry om die lewe weer in oënskou te neem, belangrike vrae te vra en ou antwoorde te heroorweeg.
Diko-egpaar reageer op aantygings van korrupsie
Khusela Diko het self besluit om uit respek vir die amp verlof te neem as woordvoerder van die presidensie, terwyl die ondersoek afgehandel word.
SA-voedselsekerheid stabiel, sê leidende ekonoom
2020 is ‘n hersteljaar vir die Suid-Afrikaanse landbou met rekordoeste aan mielies en koring, en die tweede grootste druiwe-oes ooit. Die twee bedrywe wat die swaarste trek, is wyn en tabak, weens die regering se onderdrukkende afsonderingsregulasies.