Inwoners was verstom toe ʼn berg wortels in die straat gestort is.
Alles vir Donderdag 1 Oktober 2020
Verdagte gee hom oor aan polisie ná Kuruman-moord
Die man het by die misdaadtoneel opgedaag en volgens die polisie aangevoer dat hy Oosthuizen vermoor het.
Podlitiek: Debatsvenyn, werke kwyn en dié besighede gaan dalk verdwyn
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die debat tussen Donald Trump en Joe Biden, die werkloosheidsyfers en die Gautengse premier se voorstel vir spesiale ekonomiese sones.
Mick gaan sy buiging in F1-oefensessie maak
“Ek kan nie wag om in Duitsland agter die stuur te klim nie. Dit gaan ’n ongelooflike ervaring wees om vir die eerste keer deel van ’n oefensessie voor my tuisskare te wees.”
Renault se Koleos onderskat?
Die Koleos is ʼn lieflike produk wat deur sy enjin/ratkas-paring teleurgestel word.
Nuuskommentaar: Haatspraak deur politici verhoog geweld, wys navorsing
Baie Suid-Afrikaners is steeds erg ontstoke oor ’n onlangse imbizo wat in KwaZulu-Natal gehou is juis met die doel om landelike spanning in die Newcastle-omgewing te ontlont, kort ná ’n plaasaanval wat die lewens van ’n egpaar geëis het.
2021 se skooljaar begin dán
Matrieks se eindeksamen sal ook vanjaar later as gewoonlik geskryf word.
België het uiteindelik ʼn nuwe regering
België het oplaas ʼn nuwe federale regering, 493 dae na die verkiesing.
Vryspraak: Die kwessie van klimaatsverandering
Roger Scruton, die groot Engelse filosoof wat onlangs oorlede is, het opgemerk dat dit vir hom moeilik is om te glo dat “conservatives” so min begrip vir “conservation” kan toon – in Afrikaans sou ʼn mens kon aanvoer dat behoudende sienings en ’n bewarende ingesteldheid jeens die wêreld tog hand aan hand behoort te gaan.
Video: Motor ploeg in leerders in
In ’n video van die voorval kan gesien word hoe ’n wit Toyota Corolla straat op en straat af jaag. WAARSKUWING: Die video in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.
Nie so maklik om beelde, monumente te skuif
Die regering se voorstel om beelde en monumente waaroor die staat ongemaklik voel, te verskuif na temaparke soos in Rusland gedoen is, gaan moeilik wees om uit te voer binne die eiendomsreg.
Musiekster om dop te hou: JP White
Hy het ook pas ʼn splinternuwe enkelsnit getiteld “Hier in my hart” bekend gestel.
Klubrugbyster laat nou die enjins in die VSA brul
“Daar is dae wat ek na Suid-Afrika terugverlang, maar die feit dat my kinders tot 22:00 kan buite speel en net kinders kan wees, maak alles die moeite werd.”
‘Verbysterd, verslae’ ná moord op bekende inwoner van Kuruman
Zoetje Oosthuizen is na verneem word deur ʼn nabye geliefde vermoor.
PlatformZA bied allerlei kykgenot vir plaaslike gehore
PlatformZA is ’n nuwe stromingsdiens wat meer as 2 000 minute lange plaaslike inhoud bied.
Boek: ‘Die gladde stiltes in glas’ – Louis Esterhuizen
‘Die gladde stiltes in glas’ is Louis Esterhuizen se elfde digbundel.
Koeberg kry ses nuwe stoomketels
Die ketels weeg 380 ton elk en is omtrent 20 m lank.
Luister in 3 minute: Werksverliese, kredietrisiko vir banke bespreek
In die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen, ʼn senior ontleder by Sakeliga, die katastrofiese werksverliese in tweede kwartaal, ʼn stygende kredietrisiko vir banke en die grootste daling in vaste belegging op rekord.
Die konflik oor Nagorno-Karabach
Die twee lande wat oor Karabach baklei, is die Christelike Armenië en die Moslemse Azerbeidjan.
Vrou in hof vir moord op twee kinders
Die betrokke vrou is enkele dae voor die moord op die twee kinders uit aanhouding vrygelaat nadat sy in April in hegtenis geneem is vir die moord op ’n ander kind.