Die National Union of Mineworkers is oortuig dat die ontbondeling van Eskom net ʼn voorloper van privatisering is wat eindelik tot onbekostigbare energiepryse sal lei.
Alles vir Donderdag 9 Desember 2021
Luister: Bring hoop aan kinders van die vervolgde kerk
Help om die vonk van hoop hierdie Kersfees vir vervolgde Christen-kinders lewend te hou.
Kyk: Foutbaldrama stook As-vuur
’n Tegniese haakplek beteken dat foutballe ongesiens in Brisbane verbygaan.
Oudburgemeester tronk toe oor bedrog
Dié bedrieglike aktiwiteite het die munisipaliteit meer as R350 000 gekos.
Ontvoerde vermoor ná familie losprys betaal
ʼn DStv-tegnikus se familie het twee keer ʼn losprys betaal. Hy is egter nie een van die kere vrygelaat nie.
Nóg ʼn mosie van wantroue teen Ramaphosa
Die ATM wil hê die stemmery vir die mosie moet in die geheim plaasvind.
Rietvallei-wyne gedy op ʼn golf van goud
Rietvallei Wynlandgoed palm die een ná die ander spogpryse in vir dié 158-jarige wynplaas.
Diamantbruiloffees met strooijonker vir Brayshaws
“Om getroud te wees is uithou en aanhou, maar uiteindelik is dit net genade van Bo.”
Ulster monitor Duane se fiksheid
“Duane Vermeulen keer geleidelik terug na die oefenveld ná sy onlangse Covid-19-diagnose.”
Themane se moordenaars skuldig
Vier skoolseuns is skuldig bevind op aanklag van moord omdat hulle Thorisa Themane aangerand het met die doel om hom dood te maak.
Jakaranda-kinderhuis se liggies skyn steeds vanjaar
“Dit beloof om ʼn merkwaardige ervaring te wees vir die hele gesin.”
Limpopo rou oor dood van nog vier leerders
“Ons het nie nou woorde nie. Ons pleit by ons kinders om hierdie feestyd na hulself te kyk.”
Oudkrieketspeler groet skoolhoof met helikopterrit
“Dit is ʼn genadegawe om so gegroet te word en te weet jy het iets goeds in iemand se lewe beteken.”
Sahpra keur opvolginenting goed
Die data wat voorgelê is, het net betrekking op ooreenstemmende bykomende dosisse, dus waar die derde dosis van dieselfde entstof as die aanvanklike twee dosisse is.
Instagram, Whatsapp spog met nuwe funksies
Whatsapp-boodskappe sal nou ná 24 uur, sewe dae of 90 dae kan verdwyn.
10 prettige idees vir die langpad
Hier is ’n paar kreatiewe idees om die jongspan in die motor besig te hou – sonder ‘n skerm.
Covid-19-statistieke: Byna 20 000 nuwe gevalle
Net meer as 90 000 mense het tot dusver weens die virus gesterf.
11 jaar ná breinbesering doen ouers steeds alles wat hulle kan
Ná meer as dekade met die realiteite van ʼn breinbesering, veg Michelle en Corné steeds met alles wat hul het om hul dogtertjie te help en ondersteun.
Grondhervorming moet steeds vinniger gebeur – ANC
Die ANC sê egter dit moet gedoen word sonder om skade aan ander sektore van die ekonomie aan te rig.
Gedagte vir die dag: Ons “ou” self?
U is getrou in u liefde teenoor dié wat u gebooie liefhet en gehoorsaam. (Nehemia 1:5b)