“Vyf wedrenne, vyf oorwinnings én ʼn blitsrensege. Ons het nog nooit só ʼn aanloop tot die seisoen geniet nie.”
Alles vir Donderdag 11 Mei 2023
Video: Man kry werk ná heldedaad
“Ek het nie kans gehad om daaroor te dink nie. Mens reageer maar net.”
Verslag oor bioveiligheid laat gevaarligte flikker
Agri SA sê verskeie uitdagings staar die landboubedryf in die gesig, maar bioveiligheidsmaatreëls moet as een van die dwingendste beskou word – veral weens die uitwerking wat dit op voedselsekerheid in die land kan hê.
Podlitiek: Gebaretaal word erken; Gayton het Orania verken
Suid-Afrika het hierdie week ʼn 12de amptelike taal verwelkom, en die paneel dink hardop oor die taalwerklikheid in die land.
Dr. Nandi vra nie nou borgtog
“Deurslaggewende inligting” in dr. Nandipha Magudumana se saak het sedert haar vorige verskyning glo die lig gesien.
Wie is Wouter-wenners aangewys
Baie geluk aan die wenner en troospryswenners in die Wie is Wouter-kompetisie!
Twee skrywers deel gesogte Pulitzer vir eerste keer in 105 jaar
Klasbewustheid, rassekwessies en beriggewing van die voortslepende oorlog tussen Rusland en Oekraïene het lof by Maandag se toekenningsgeleentheid in New York gekry.
Stormers weet binnekort of Fourie sal speel
Teen Donderdagoggend is daar reeds 35 000 kaartjies vir die halfeindstryd tussen die Stormers en Connacht verkoop.
Beurtkrag beduiwel Pampoenkraal-saak
Die saak is oorgeplaas na die landdroshof in Evander, Mpumalanga, weens voortdurende kragonderbrekings.
De Ruyter het Eskom ‘in oneer gebring’
Eskom se direksie meen dat sommige van die uitlatings wat André de Ruyter, voormalige hoof van die kragvoorsiener, in ʼn onderhoud met eNCA gemaak het, die maatskappy in oneer gebring het en daarom is sy kennistydperk verkort.
Komediant wen kwartmiljoen vir liefdadigheid
Hy skenk dié reusebedrag aan die Gift of the Givers-noodleningsorganisasie.
Donkernag-soektog na studente wat op staptog verdwaal
Ná twee mislukte pogings om hul weg na onder te vind, het die studente hulp ontbied.
Taaltoffie: ‘smell a rat’
Daar is verskillende maniere waarop die Engelse uitdrukking “smell a rat” in Afrikaans vertaal en gebruik kan word. Taaltoffie stel ondersoek in.
Joy maak blasergeskiedenis by Wêreldbeker
Wêreldrugby het Woensdag aangekondig dat Joy Neville onder sy groep televisieskeidsregters vir die komende Wêreldbeker-toernooi in Frankryk sal tel. Dit is ʼn eerste keer vir vroueskeidsregters.
Kwesbare kinders betaal vir ‘finansiële ongelykheid’
Die subsidies wat Badisa van die departement van maatskaplike ontwikkeling ontvang, beloop tans ’n skamele 42% van die salaris wat betaal word aan maatskaplike werkers wat regstreeks in diens van die departement is.
Hof hoor gru-besonderhede oor moord op Kaapse vrou
Kyle Ruiters het aan psigiaters gesê het dat hy gefassineer is deur reeksmoordenaars, en dat hy baie navorsing in die verband gedoen het.
SA’ners hoes vir data
Volgens Gungubele beklee Suid-Afrika tans die 34ste plek uit 47 lande in die Research ICT Africa Mobile Pricing (RAMP).
Dié drie serums perfekte toevoeging tot wintervelsorgroetine
Skoonheidskenners is dit eens dat gesigserums ideaal is om wintervelprobleme soos droë vlekke, inflammasie en irritasie aan te spreek.
Kitsbank op Odendaalsrus opgeblaas
Die gewapende rowers het glo skote by ʼn vulstasie afgevuur terwyl hulle die kitsbank gebombardeer het.
Resep: Japtrap-nagereg vir Moedersdag
Bederf jou ma met dié heerlike nagereg op Moedersdag. Dit is so lekker en maklik, dat die kinders in die huis dit beslis self sal kan maak.