Duisende Amerikaanse verbruikers boikot sedert April die ikoniese Amerikaanse bier Bud Light nadat Budweiser ʼn vennootskap met ʼn sosialemedia-beïnvloeder van die LGBTQ-gemeenskap aangegaan het. Houermaatskappy AB InBev se aandeelprys het sedert die herrie met 22% getuimel.
Alles vir Donderdag 1 Junie 2023
Vier slagoffers binne minute in Manenberg doodgeskiet
Vier mans is Woensdagaand in twee afsonderlike voorvalle, enkele minute uit mekaar, in Manenberg, Kaapstad, doodgeskiet.
Entstof teen Afrika-perdesiekte weer beskikbaar
Hoewel verheug oor die entstowwe, is die DA bekommerd dat dit te min te laat is.
Solidariteit vra groot maatskappye se steun teen omstrede ‘raswet’
Volgens dié vakbond maak maatskappye wat die nuwe Wet op Diensbillikheid gehoorsaam hulle nie net aandadig aan die onreg wat met dié wetgewing gepaard gaan nie, maar ook aan die groeiende krisis in die land.
Regering wil 75% swart eienaarskap hê om waterlisensie toe te ken
In wese bepaal die konsepregulasies dat die vermoë om aansoek te doen om water ingevolge lisensiëring wettig te mag gebruik, tot swart-beheerde entiteite beperk word, sê Agri SA.
Kitshoff groet Stormers met spesiale boodskap
“Dankie vir herinneringe wat my vir altyd sal laat glimlag.”
Ramaphosa ‘bedrieër wat SA lankal versaak het’ – DA
“Die waarheid, meneer die president, is dat u die mense van Suid-Afrika geflous het om te glo dat u ons land na beter tye kan lei. Maar jy is geen leier nie. Wat jy is, is ’n vertrouenswendelaar.”
Wiele2Wiele gesels oor nuwe Tucson en C3
Wiele2Wiele het drie bekendstellings bygewoon – Hyundai se nuwe Tucson N Line, Citroën se C3 en Honda se Transalp-motorfiets. Hulle gaan ry ook met Renault se Koleos en vertel vir jou wat daardie rooi knoppie op sekere stuurwiele doen.
TV-reeks wil jou dorp se planne, drome bou
Het jou dorp of gemeenskap inisiatiewe wat ʼn hupstoot nodig het? Dié nuwe TV-reeks wil jou daarmee help.
Huiswerker vas ná sy glo hek vir ‘rowers’ oopsluit
Kringtelevisiebeeldmateriaal van naburige huise wys hoe die vrou die hek vrywillig vir die twee mans oopmaak.
Australiese soldaat verloor lastersaak oor ‘oorlogmisdade’
Ben Roberts-Smith is in 2018 daarvan beskuldig dat hy by moorde, gesinsgeweld, intimidasie van getuies en oorlogsmisdade in Afghanistan betrokke was.
Sit ʼn kleurvolle voet voor vir mediese werkers se geestesgesondheid
Die belangrikheid van gesonde psigiese welstand onder mediese personeel word vanjaar wêreldwyd op 2 Junie deur #CrazySocks4Docs-dag gevier.
Brits meen Bokke staan breed in Iere se pad
Die veelsydige voorspeler, wat in 2019 deel van die Springbokke se Wêreldbeker-wenspan was, glo dat die Iere dikwels stoom verloor wanneer hulle juis moet spoed optel.
Rekenmeester bedrieg meule glo uit miljoene
Jan Jacobus van Niekerk word van 337 aanklagte van bedrog en 20 aanklagte van geldwassery aangekla nadat hy ’n meule op Delareyville oor ʼn tydperk van vyf jaar na bewering uit meer as R10 miljoen bedrieg het.
Resep: Oondgeroosterde lamskenkels
Daar is darem min dinge so lekker soos ’n warm bord kookkos, veral wanneer die vleisgereg lamskenkel is.
Osteoartritis in jou hond en kat
Let op dié simptome wat dui op pyn as gevolg van osteoartritis in jou hond of kat.
ʼn Winterslaapkamer om van (en ín) te droom
Hier is ‘n paar wenke om die beste besluit te maak vir die winterslaapkamer van jou drome.
Taalgebruik: ontdek, uitvind
Ontdek dui op iets vind wat daar was, maar wat nie bekend was of waargeneem is nie, terwyl uitvind dui op iets nuuts vind. Lees vandag se Taaltoffie om meer te wete te kom.
Tsitsipas hou van sonnige Parys
Stefanos Tsitsipas het vir die vyfde jaar op ʼn streep na die derde ronde van die Franse Ope deurgedring.
Verbruikers het al hoe minder geld vir vleis
Die werklikheid is dat die landbousektor – van boere en voedselprodusente tot belanghebbendes in die bedryf – moet aanpas en ʼn goedkoper produk lewer om pryssensitiewe verbruikers tegemoet te kom.