Sou Suid-Afrika uit Agoa geskop word, kan die voertuigvervaardigingsektor 112 000 poste en R435 miljard in motorhandel maar vaarwel toeroep.
Alles vir Dinsdag 11 Julie 2023
Ek ken ʼn seuntjie …
Klein Dawid het in slegs ʼn bietjie meer as 2 100 dae wat hy al hier op aarde is, meer trauma ervaar as wat ek in my 12 700 dae ervaar het. Trauma wat so ʼn klein mensie glad nie verdien of enigsins moes sien nie.
Familie dagvaar regering na Australiese oumagrootjie se skokdood
Clare Nowland, wat aan demensie gely het, is op 24 Mei dood nadat ʼn polisiebeampte haar met ʼn elektriese skoktoestel by die Yallambee Lodge-versorgingsoord in Cooma geskok het.
Só staan sake vir SA atlete in Parys
Twee Suid-Afrikaanse atlete was reeds vanoggend in aksie by die Wêreld-Para-Atletiekkampioenskap in Parys.
Dis hoekom Wes-Kaap se nuwe BMW’s stilstaan
Die voertuie is teen einde verlede jaar aangekoop om die regering se bestaande, verouderende vloot te vervang en om aan bykomende vervoerbehoeftes te voldoen.
Stiefpa vas na moord op eenjarige
“Sy het geen pols gehad nie en is met kneusplekke aan haar gesig gevind; paramedici het haar op die toneel dood verklaar.”
Nuwe gevalle van haassiekte wek groot kommer
Die siekte kan landwyd versprei en daar is veral kommer oor die uitwerking wat dit op die reeds bedreigde oewerkonyn kan hê.
Nóg trokke brand
Oor die afgelope drie dae het altesaam 16 vragmotors reg oor Suid-Afrika gebrand.
Welkom terug, kaptein Eben
“Eben [Etzebeth] is ongetwyfeld die geskikte persoon om die span aan te voer,” het Jacques Nienaber gesê.
Die rente vreet steeds my sente
Die rentekoers is tans so hoog as wat Victor Matfield lank is. Maar daar is goed en sleg, skryf Leon-Ben Lamprecht.
Uitdrukking: Soos ʼn Uilspieël in die maanskyn lyk
Wat beteken dit om soos ʼn Uilspieël in die maanskyn te lyk? Lees vandag se Taaltoffie om meer te wete te kom.
Man gekap oor 70-jarige ma nog sy bed opmaak
“Dit is skandelik dat jy nie soggens jou eie bed opmaak nie en dan daarmee spog dat jou 70-jarige ma dit vir jou doen.”
Alles wat jy van ‘Die Real Housewives van die Wynlande’ se reünie-episodes moet weet
Dit blyk dat daar baie ou koeie is om uit die sloot te grawe: van Anita en Amy se vakansiewoordewisseling tot Candice se bewerings oor Michelle se sogenaamde “buie”.
Alcaraz reken met Berrettini af
Hoewel daar nog heelwat water in die see moet loop, het Carlos Alcaraz al vantevore gesê dat hy na ʼn moontlike Wimbledon-eindstryd teen Novak Djokovic uitsien.
Tuimelende geldeenhede in Afrika
As gevolg van die drastiese verswakking van die geldeenhede, sal die invoerpryse in Angola, Nigerië en Zimbabwe skerp styg en sal die inflasiekoerse in die lande waarskynlik versnel.
Maak onderwysers se geestesgesondheid ʼn gemeenskapsdoel
Daar is verskeie snellers wat onderwysers se angsvlakke verhoog, hul geestesgesondheid verswak, hul depressief maak en ʼn verlies aan selfvertroue veroorsaak.
#JongStemme: Moenie die jeug minag nie
Terwyl ons baie kan leer uit die ouer generasies se skat van kennis en ervaring, kan hulle ook grootliks baat vind by ons jong perspektief, vars idees en aanpasbaarheid.
Resep: Krummel-hoenderhappies
Hierdie hoenderhappies sal ʼn treffer tydens jou volgende familie-ete wees.
GrandWest-pretpark heropen ná mallemeule-ongeluk
Nege mense is beseer nadat die boonste deel van die mallemeule tydens die rit omgeval het.
Ondersoek begin ná rugby-afrigter in valskermongeluk omkom
Die Iere se o. 20-span het Sondag hul oorwinning teen die Junior Bokke aan spanmaat Jack Olivier opgedra ter nagedagtenis aan sy pa, Greig Oliver (58), wat in ʼn valskermongeluk in Kaapstad omgekom het.