“Alles saam, behoort jou weer bietjie hoop te gee aan die einde van die dag. Dit is tog waaroor musiek gaan.”
Alles vir Donderdag 23 November 2023
Twee dood toe motor op Kanadese grens ontplof
Daar is aanvanklik terrorisme gevrees toe ’n motor op die vooraand van Dankseggingsdag teen ’n versperring op die grens tussen die VSA en Kanada gebots en toe ontplof het.
Ondersoek ná lugmagvliegtuig neerstort
Niemand is tydens die voorval by die Lohatla-weermagbasis beseer nie.
Moordklag teen Calvinia se ‘Boer Albertus’
Steenkamp is vroeër vanjaar in hegtenis geneem ná hy glo ʼn ander werker met sy bakkie omgery het.
Farrell dink nog nie aan uittrede
“Ek is mal oor wat ek doen, ek het ʼn passie vir rugby en ek twyfel of ek binnekort my voet van die versnelpedaal sal haal.”
Video: Vrou verhuur helfte van haar bed te midde van stygende pryse
“Net toe jy dink die Toronto-mark kan nie erger word nie, toe gebeur hierdie. Dit is belaglik.”
Hittegolf gaan SA’ners nog tot naweek laat sweet
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê hoë temperature sal vir die res van die week voortduur, maar verligting is op pad.
FUL verwelkom aanbeveling oor twee regters
“Die klagte teen die twee regters het te lank gesloer en werp ʼn refleksie op ʼn stelsel wat veronderstel is om regters aanspreeklik te hou.”
Resep: Kaaps-Maleise kerriehoender
Hierdie resep sal ieder en elke kuiergas se hart warm laat klop
Ervaar gemoedsrus met produkte wat praat wanneer jy nie kan nie
Die stelsel werk saam met ʼn gratis app op jou foon en word gekoppel aan jou profiel om jou gesondheidsinligting met nooddienste en mediese personeel te deel, wanneer dit nodig is.
Kallis steeds op voorvoet
Jacques Kallis, wat deur baie krieketliefhebbers as Suid-Afrika se beste speler nóg bestempel word, speel deesdae vir die Gujarat Giants in die Legendes-toernooi in Indië.
Landbouskrywers vereer uitblinkers
“Hoe meer mense verstaan hoe wonderlik en belangrik landbou is, hoe beter om steun vir die bedryf te werf.”
Israel-Hamas-konflik: Wapenstilstand eers vertraag
Benjamin Netanyahu, premier van Israel, het sy steun aan die ooreenkoms met Hamas toegesê, maar die versekering gegee dat die wapenstilstand tydelik sal wees en nie die veldtog om Hamas te vernietig sal beëindig nie.
Burgemeester geskors na hy glo inwoner voor kinders dreig
Die burgemeester van die Kopanong-munisipaliteit in die Vrystaat sal geskors word nadat ʼn video aan die lig gekom het wat wys hoe hy glo ʼn inwoner van Jagersfontein ten aanskoue van sy kinders dreig.
Reuse-oorwinning vir regse party in Nederland
Die afgelope weke se verkiesingsveldtog is veral gedomineer deur die vraag oor immigrasie.
Verdagte doodgeskiet na hy polisielid doodsteek
ʼn Verdagte is doodgeskiet nadat hy met ʼn mes en ʼn spies uit ʼn huis gestorm en ʼn polisiebeampte noodlottig gewond het.
Verderf onder die Fedora
Met sy kenmerkende Amerikaanse mafiastyl Fedora-hoed het die minister van polisie, Bheki Cele, die simbool geword van wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) onder sy leierskap geword het – ʼn bendeparadys.
Nuwe gesindheid ons enigste redding
Suid-Afrika is op die oomblik, as ons aan ʼn boksgeveg dink, die bokser wat ʼn kwaai hou teen die kop gekry het, nou op sy knieë op die krytvloer staan, en nie lekker weet waar hy is en hoe hy uit sy penarie gaan kom nie.
Lesersbrief: Laat die kindertjies na My toe kom
Akademie en prestasie het so belangrik geword in ons samelewing en in plaas daarvan dat dit net een deel van ʼn kind se lewe moet wees, oorskadu dit nou die grootwordjare.
Oscar se prokureur hoop op ‘onmiddellike vrylating’
Regskenners het vroeër gesê dat dit gewoonlik weke kan neem voordat ’n gevangene wat parool gekry het, effektief uit die tronk vrygelaat word.