Met haar uitstekende Twee Oseane-tyd van 3:29:30 het Irvette van Zyl gewys wat sy tussen die wegspringplek en die eindstreep kan vermag. Nou wil sy ʼn Olimpiese Spele-doelwit bereik.
Alles vir Donderdag 18 April 2024
Bekroonde animasie kom SA toe
“The Boy and the Heron” word hierdie Vrydag uiteindelik in uitgesoekte plaaslike rolprentteaters vertoon.
Nóg ondersoekers om veediefstal in Vrystaat te bekamp
Veediefstal in die Vrystaat het volgens kenners onaanvaarbare vlakke bereik en die boerderygemeenskap spring self in om die vlaag te probeer stuit.
Wiele2Wiele ry met sakpas Jaecoo J7
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die pragtige Jaecoo J7, ʼn Chinese sportnutsvoertuig teen ʼn sakpasprys. Hulle gaan gly oor die pad met die Mercedes-Benz GLE 450d en is aangenaam verras met Isuzu se X-Rider bakkie.
SA rykes kies al meer hasepad
Daar is tans 37 400 dollarmiljoenêrs, 102 sentimiljoenêrs en vyf miljardêrs in Suid-Afrika oor.
Sê hulle name, en sê dit hardop!
“Hierdie slagoffers is nie blote statistieke nie. Hulle is regte mense met alledaagse lewens, net soos ek en jy, verpletter deur sinnelose geweld.”
Uitsoekdramas op Suidoosterfees te sien
Die NATi Teaterfeesprogram spog met uitmuntende produksies wat spesiaal vir die fees geskep is.
‘Jy is my seun’; Sydney-biskop vergewe aanvaller
Intussen het ʼn winkelsentrum in Sydney waar ses mense vroeër in ʼn mesaanval dood is, Donderdag sy deure heropen sodat mense daar hulde aan die slagoffers kan bring.
Wolvaardt se 184 pure verniet
Laura Wolvaardt het teen Sri Lanka op Potchefstroom die hoogste telling nóg deur ʼn Suid-Afrikaanse vrouespeler geslaan, maar die besoekers het nogtans op ʼn drafstap gewen.
Dubai droog af ná stortvloed reën
Teen Woensdag het talle verlate motors wat deur vloedwater meegesleur is egter nog in die oorstroomde strate van Dubai gestaan terwyl talle kragonderbrekings regoor die stad herstel moes word.
Duisende in Indonesië vlug ná vulkaan uitbars
Owerhede het ook gewaarsku dat ʼn moontlike tsoenami weens die vulkaniese uitbarstings verdere verwoesting kan saai.
Nege Ster-Kinekor-bioskope se ligte permanent verdof
Ster-Kinekor, een van Suid-Afrika se oudste rolprentteaters, het vandeesweek bevestig dat hy genoop is om afleggingskennisgewings aan talle werknemers uit te reik.
Taalgebruik: fonds, vonds
Maak seker jy trap nie klei wanneer dit by die gebruik van “fonds” en “vonds” kom nie. Vandag se Taaltoffie verduidelik meer.
Resep: Burrito-slaai vir ʼn vegetariër
Smul aan hierdie kleurvolle slaai.
De Minaur knip Nadal-terugkeer kort
“Gelukkig kon ek ʼn kans kry om hier op die baan te groet – iets wat baie vir my beteken.”
‘Geen geregtigheid’ ná 89 sake glo van rol geskrap is
Dié sake hou verband met geweld teen vroue en kinders in die Wes-Kaap.
Onafhanklike ondersoek kom ná skoolseuns verdrink
Die seuns was deel van ʼn dissiplinekamp by ʼn oord langs die Hennopsrivier.
Sersant met eie vuurwapen doodgeskiet
Die slagoffer en sy kollega het op ʼn voorval van huishoudelike geweld gereageer.
Die stryd tussen sosialisme en vryheid
Na die val van kommunisme in die vroeë negentigs, het die wêreld van sosialisme af begin wegbeweeg. Suid-Afrika het egter in die teenoorgestelde rigting beweeg, omdat die ANC steeds aan sosialisme vasklou.
Tocqueville se lesse vir Afrikaners
Dit is juis die soort ingesteldheid wat die Boererepublieke van die laat 1880’s onderlê het en wat die Afrikaners in die 20ste eeu óók as ʼn groot nasie laat verrys het!