Ek het verlede jaar geleer dat jy nie op enige manier beter as die persoon langs jou is nie. Of hy nou lank of kort, vet of maer, oud of jonk, pienk of pers is. Niks maak jou beter as hy of sy nie, want as jy seerkry bloei julle dieselfde bloed, en as julle hartseer is huil julle dieselfde trane.
Alles deur die skrywer Maroela-leser
Veg vir eie universiteite in pragtige moedertaal
Asseblief los ons universiteite wat ons met trane en bloedsweet bekom het. Julle is so welkom om saam met ons Tukkies, Maties en Pukke te geniet, maar respekteer my plek en my taal soos ek jou en jou taal respekteer!
My taal, Afrikaans
Afrikaans is die hoendervel wat ʼn gedig vir jou gee. Afrikaans is in my vreugde en my hartseer. Afrikaans is ons. Ek sal nie lê nie. Ek sal staan vir Afrikaans.
Wie trek Nommer Een se toutjies?
Dit is nie veel van ’n verrassing as jy lees dat ’n ANC-komitee pres. Jacob Zuma help om die land te regeer nie.
Die vloek van gelykheid
Ons moet dag en nag streef na die “morele hoëgrond”, ouers moet die heel beste toewyding gee aan hulle kinders, Afrikaneronderwysers moet die ekstra myl loop vir elke kind, in die sakebedryf en beroepslewe moet die Afrikaners topgehalteprodukte nastreef.
Studente neem nóú standpunt in!
Hou dus daarom asseblief op om almal met jou beperkte voorraad suigstokkies te paai en begin asseblief om standpunt in te neem – ten gunste van jou taal, kultuur, erfenis en reg om met goeie bedoelings te sê wat jy wil en om nie skuldig te voel oor die probleme van Afrika nie, maar trots dat jy een van die min is wat kon uitstyg ten spyte daarvan.
Wat beteken demokrasie en wat doen regstellende aksie?
Daar is tienduisende staatsamptenare wat goeie werk doen, maar solank meriete en produktiwiteit in alle aanstellings nie die maatstaf is nie, sal volledige doeltreffendheid in die slag bly.
Teddiebeer-liefdadigheid versus kospakkie-liefdadigheid
Ek wonder tog in hoeveel gevalle mense net daardie enkele kreatiewe hupstoot, daardie enkele stukkie selfvertroue, nodig het om weer finansieel op hul eie voete te kan staan.
“Ek het ʼn vriendin verloor”
Ek het ‘n vriendin verloor. Ons het mekaar nooit ontmoet nie. Ek kon haar nooit in die oë kyk nie, maar sy het my met ‘n stukkie van haar hart vertrou. Ons is saamgesnoer deur moord: haar dogter, my broer. Vir drie jaar was ons deel van mekaar se lewe.
Wat beteken rassisme regtig?
Wat is hierdie verskuilde faktor wat nooit genoem word nie maar eintlik die verskynsel van rassisme definieer?
‘Sit ons asseblief in die ry om hulp te kry’
Ek voel oneindig jammer vir my eie man en vir elke boer. Hulle hou hulle sterk.
Hoekom het jy ʼn dokter geword?
Daar is regtig goeie dokters en hulle weet wie hulle is, maar vir daardie dokters wat nie tyd het vir die sorg van hulle pasiënte nie, wat ons mensies so behandel – ek weet nie hoekom het julle al daardie jare aan die universiteit deurgebring nie.
Só vreet die wolwe jou op
Jaar ná jaar word daar toegewings rondom ons instellings se taalbeleid gemaak, net vir die pro-Engelse Trojane om terug te gaan op hul woord en nuwe vereistes te stel – en ons gee goedsmoeds toe, hoe vredeliewend.
Aan die boer, vergewe ons…
My hart bloei vir die boer wat sy haelgeweer moet laai en die besluit neem om sy beeste te skiet. Om in die kraal of land in te stap en jammer te sê vir sy Skepper dat hy dit nou moet doen – my hart bloei vir die boer. As ek só gevoel het oor een skaap waarna ek moes omsien, hoe hartverskeurend is dit nie vir ʼn boer wat sy beeste in die oë moet kyk en saggies vir hul jammer sê voordat hy die sneller trek nie?
Is ons liefdadigheid dalk ʼn humanitêre tydbom?
Dis waar, die Bybelse opdrag ís dat ons die armes moet help. Die vraag is egter: Help ek werklik die smekende oë by die verkeerslig wanneer ek ʼn paar rand deur my motorvenster in sy hand stop?
Lewe is nie meer heilig nie
Die afgelope Kersseisoen is die lot van so baie verwaarloosde ou mense weer na vore gebring. Baie van hulle word in ʼn versorgingsfasiliteit geplaas en daar vergeet omdat daar nie geld is om ʼn gesin te versorg en ook nog vir die versorging van Ouma of Oupa te betaal nie. Is so ʼn lewe regtig heilig?
Wat is Kersfees sonder ’n moeder?
Cindy kón praat, maar sy hét nie. Met haar mond wat altyd oopgehang het, die té groot tong effe uitgesteek, het sy die wêreld skugter en stil-stil bekyk.
ʼn Reis met ʼn bestemming
Kom ons begin met ʼn nuwe reis: ʼn reis met ʼn bestemming. Hierdie reis bevat elemente van Afrikaner-Nasionalisme waar ons weer soos van ouds sal begin stry vir dit wat vir ons van belang is.
My trots my taal Afrikaans
Dit is ʼn lekker taal om te praat.
Ek weet nie of ek ‘n tradisionele Afrikaner is nie
Nietemin bly ek ʼn Afrikaner in my hart, wat sal braai en Afrikaans sal praat, sal sokkie en my liefdadigheidbydraes sal maak, biltong in die garage hang, ouer mense as oom en tannie aanspreek, my ouers met respek behandel en vir my ‘girlfriend’ blomme koop.