Die Springbokke kon vasbyt om die wedstryd met een punt te beklink, maar goeiste, dinge het veral in die tweede helfte broekskeur gegaan.
Alles deur die skrywer Johann Gresse
‘Dit beteken ongelooflik baie vir my’
Ine-Marí Venter is as die speler van die wedstryd in die Proteas se openingswedstryd van die Wêreldbeker-toernooi teen Wallis aangewys nadat sy soos ʼn wafferse ballerina in die doelsirkel rondgedans het.
Kaptein Duane wil van voor lei
“As ʼn span het ons oor die feit gepraat dat dit waarskynlik my laaste tuiswedstryd in ʼn Springbok-trui is.”
Boult, Brevis skakel Faf se Texas uit
Dewald Brevis het nie net sy veldwerkvernuf vir MI New York uitgestal nie, maar het ook 41 onoorwonne lopies teen die Texas Super Kings aangeteken.
Proteas gee hul alles teen Wallis
Die Proteas het hul openingswedstryd van die Wêreldbeker-netbaltoernooi gewen en mensig; dit was omtrent vir jou ʼn partytjie in Kaapstad.
Schoenmaker hou by haar goue lees
Tatjana Schoenmaker is ʼn wêreldkampioen nadat sy sopas die eindstryd van die 200 m-borsslagitem in Japan gewen het.
De Allende gerat om Argentyne aan te vat
Damian de Allende het weliswaar verroes teen die All Blacks in Auckland gelyk, maar die agterspeler kry Saterdag nog ʼn kans om sy waarde in die Springbok-trui te onderstreep.
Quinny moker Orcas tot in eindstryd
Quinton de Kock het 88 onoorwonne lopies van slegs 50 aflewerings teen die Texas Super Kings aangeteken.
Nog Kampioenskap-glorie wink vir Tatjana
Tatjana Schoenmaker swem vandag om 13:49 in die eindstryd van die 200 m-borsslagitem in Japan.
Banyana wag steeds vir eerste Wêreldbeker-sege
Suid-Afrika het vandag in Dunedin ʼn voorsprong van 2-0 in hul Wêreldbeker-wedstryd teen Argentinië weggesmyt.
Nyakane wil speelkans met albei hande aangryp
“Elke speler wat die Groen -en-goud dra, wil sy hand opsteek en sy beste lewer. Terselfdertyd is die kompetisie onder die spelers groot, maar dit gaan nie net oor Trevor nie, dit gaan oor die span.”
80 000 toeskouers by All Blacks/Wallabies-toets verwag
Dalk – net dalk – kan ʼn volgepakte MCG die skaal in Australië se guns swaai wanneer hulle hierdie naweek met die All Blacks kragte meet.
Roger, Rafa nie eens beste van eie era – Connors
“Iemand het op Twitter ʼn foto van ʼn 50-jarige Novak Djokovic gedeel waarin hy steeds besig is om ʼn wennerstoespraak op Wimbledon se hoofbaan te gee. Ek was mal daaroor.”
Proteas moet WB op hoë noot teen Wallis begin
Die twee lande was al drie keer vantevore by die Wêreldbeker-skouspel slaags en die Suid-Afrikaners het nie net ʼn spul doele aangeteken nie, maar hulle was ook nog nie aan die verloorkant nie.
Stokes tree in die bres vir Anderson
James Anderson vier sy verjaardag op die vierde dag van die Oval-toets en Engeland-ondersteuners sal vir ʼn vurige boulskof wens wanneer hy die 41 kersies op sy verjaardagkoek doodblaas.
Lloyd ryg weer die kishoue in
Lloyd Harris begin weer momentum op die internasionale tennisverhoog opbou nadat ʼn gewrigbesering hom maande langs die baan gehou het.
Wallabies gʼn kanonvoer, maan Lienert-Brown
“Australië sal glo dat hulle die wedstryd kan wen.”
Tatjana erken sy het nie medalje verwag
Teenstanders wees gewaarsku: Tatjana Schoenmaker moet nog haar voorkeuritem (200 m-borsslag) swem.
Klaasen slaan sewe sesse teen New York
Heinrich Klaasen het ʼn onoorwonne 110 lopies vir die Seattle Orcas teen ʼn goeie MI New York-boulaanval – wat spelers soos Trent Boult en Rashid Khan insluit – gemoker.
Super Schoenmaker swem silwer los
Oudergewoonte is ondersteuners met ʼn groot Tatjana Schoenmaker-glimlag beloon toe sy omdraai en haar tyd (1:05.84) op die groot skerm sien.