In die video kan gesien word hoe ʼn man op ʼn boot ʼn robwelpie met iets sny wat soos ʼn mes lyk en die dier meermale optel en hard neergooi.
Alles deur die skrywer Morné van Rooyen
Twee vas ná rowers op kitskosplek toeslaan
Die Tshwane-metropolisie se misdaadvoorkomingseenheid en SAPD was gou op die toneel en kon daarin slaag om twee van die vermeende rowers aan te keer.
Hernieude oproer in Hermanus
“Inwoners van Mount Pleasant is ongelukkig omdat hulle nie in die onlangse raadsvergadering van 31 Oktober in die burgemeester se toespraak oor noodbehuising genoem is nie.”
Oproeriges brand vragmotor uit op Stutterheim
ʼn Groep oproeriges het Donderdag omstreeks 13:00 ʼn vragmotor wat sap vervoer het, aan die brand gesteek.
Ramaphosa steek Tom Moyane in die pad
“Wat in baie opsigte selfs kommerwekkender is, is u weiering om betekenisvol deel te neem aan die SAID-kommissie om die grondoorsake van die sistemiese mislukkings by die SAID.”
‘Yes4Youth mislei publiek oor oopstelling van skema’
“Yes4Youth sê steeds vir die jong wit werklose: “Jy is eintlik onwelkom; gaan staan asseblief in ʼn ander ry.”
‘Talle Afrikaanse skole gedwing om in Engels te onderrig’
Weens die Gautengse onderwysdepartement se swak beplanning word Afrikaanse skole gedwing om leerders in te skryf wat in Engels onderrig sal moet word, nes die…
Groot getal in busongeluk beseer
“ʼn Volwasse vrou het in die ongeluk gesterf, nog een is ernstig beseer en 47 passasiers se beserings wissel van gering tot matig.”
Faksies praat ná skietery by kerk
In vanoggend se voorval het twee groepe lidmate van dieselfde kerk op mekaar geskiet.
Byna 250 000 nuwelinge kry plek in Gautengse skole
“Dit was ʼn moeilike proses, want ons het meer aansoeke ontvang as wat ons verwag het.”
Woedende Brett Herron bedank uit DA
Herron het ʼn striemende aanval op die DA geloods toe hy sy besluit om te bedank aan die media in Soutrivier bekendgemaak het.
Transgender gevangene hof toe oor hare, grimering
“Ons vra net dat sy redelik geakkommodeer word en dat sy haarself kan uitleef op die manier wat ander mense as vanselfsprekend aanvaar.”
Stutterheim vir eers weer kalm
Ontstoke jeugdiges het die protesoptrede begin omdat hulle amptenare van die Amahtlathi-munisipaliteit daarvan beskuldig dat hulle omkoopgeld en seksuele gunste in ruil vir werkgeleenthede aanvaar.
Lyk vermoedelik dié van vermiste student
Drawwers het op die liggaam afgekom en die polisie in kennis gestel.
‘Gyselaarsituasie’ toe munisipale werkers op salarisse aandring
Die distriksmunisipaliteit se werknemers het einde September net hul netto salaris ontvang, maar is geen geld vir hul bydraes tot onder meer hul aftreefonds, mediese skema of behuisingsubsidie oorbetaal nie.
Drie beseer tydens skietery by kerk
ʼn Man het ʼn skietwond aan sy skouer opgedoen terwyl nog twee mans beseer is nadat hul motors met klippe bestook is in wat ʼn gyselaarsituasie blyk te wees.
Polisie waarsku teen aanlyn slenters
Terwyl hulle deur Sunnyside gery het, het ʼn medepligtige hom by die kamtige koper aangesluit en dié toe gehelp om die voertuig te kaap.
Sewe verkeersbeamptes vas vir ‘korrupsie’
Die beamptes het na bewering omkoopgeld van motoriste geëis om hul verkeersoortredings oor die hoof te sien.
Twee verskyn vandag vir Mihalik-moord
Die beskuldigdes word ook aangekla van poging tot moord op die slagoffer se agtjarige seun, Daniel.
De Lille bedank as Kaapstad se burgemeester
“Wanneer mense jou misbruik, moet jy wegstap.”