Die Passasierspooragentskap (Prasa) se raad het onderneem om op te tree teen werknemers wat betrokke was by ongerymdhede wat onlangs in ʼn verslag van Adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), aan die lig gekom het.
Alles deur die skrywer RDM News Wire
ANC Jeugliga-lid gee geboorte op bus
ʼn Oos-Kaapse afgevaardigde van die ANC Jeugliga (ANCYL) het Donderdag op pad na die party se nasionale verkiesingskonferensie op ʼn bus geboorte gegee aan haar baba.
‘Rower’ by vulstasie doodgeskiet
ʼn Vermeende rower is Woensdag by ʼn vulstasie naby die Kaapstadse Internasionale Lughawe doodgeskiet.
Hofaansoek om Springbokke uit Wêreldbeker te hou teruggetrek
Die onbekende politieke party Agency for New Agenda (ANA) het Woensdag sy hofaansoek om die Suid-Afrikaanse rugbyspan te verhoed om aan die 2015-Wêreldbekerrugbytoernooi deel te neem, teruggetrek.
Man dood aangetref in Pta-huis
Die polisie sal ʼn geregtelike doodsondersoek doen nadat ʼn man Dinsdagmiddag dood aangetref is in die kombuis van sy huis in Moreletapark, Pretoria.
Stikeez nou ook op Gumtree beskikbaar
Stikeez, ʼn nuwe gier wat kinders op hol het en ouers honderde rande uit die sak jaag, is nou ook op Gumtree beskikbaar.
Familielid van Panayiotou-‘huurmoordenaar’ glo vas vir moord
ʼn Familielid van die man wat na bewering gehuur is om Jayde Panayiotou te vermoor, is in hegtenis geneem vir moord.
Fotograaf ontferm haar oor ‘mishandelde’ donkies
Die soeke na ʼn foto van die perfekte aalwyn het die Oos-Londense fotograaf, Marlene Neumann, bewus gemaak van die lot van donkies in die Oos-Kaap.
Ruiters afgegooi toe perde vir leeu skrik
Twee persone is Maandag beseer toe hulle van hul perde afgeval het nadat ʼn leeu hulle glo by ʼn wildtuin in Krugersdorp bestorm het.
Panayiotou-saak: ‘Huurmoordenaar’ kort nuwe prokureur
Die man wat daarvan verdink word dat hy Jayde Panayiotou geskiet het, kort ʼn nuwe prokureur nadat sy vorige prokureur, Anne Swanepoel, van die rol van prokureurs geskrap is.
MRK ondersoek NW-skool ná brand drie dowe leerders eis
“Die kommissie beveel aan dat daar meer gedoen moet word om te verseker dat kinders met gestremdhede nie net voorsien word van die aspekte van onderwys wat hul basiese reg is nie maar ook van veiligheid by skole.”
Party vra hof om Springbokke uit wêreldbeker te verban
ʼn Hofaansoek om die Suid-Afrikaanse rugbyspan te verhoed om aan die 2015-Rugbywêreldbeker deel te neem sal in die komende week in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor word.
Dodetal styg van gru-ongeluk waarin Swazi-meisies sterf
Die dodetal van die gru-ongeluk waarin talle jong Swazi-meisies dood is, het teen Sondag tot 65 gestyg.
DA het ‘die groot 5’ in sy visier
Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie (DA), het Saterdag gesê die party het sy oog op “die groot vyf” in volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesings.
US-bestuur moet sê oor transformasieplan en taalbeleid
Die bestuur van die Universiteit Stellenbosch is ontbied om volgende week Dinsdag antwoorde aan LP’s te verskaf oor transformasie-inisiatiewe.
DA soek antwoorde oor gebruik van Gupta-straler
Die DA het Woensdag adjunk-president Cyril Ramaphosa se gebruik van ʼn Gupta-vliegtuig vir ʼn amptelike besoek aan Japan bevraagteken en gesê die party sal seker maak die voorval word ondersoek.
Opbrengs van Malema-plaas aangewend vir misdaadbestryding
Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het gesê die opbrengs van meer as R2,5 miljoen van die verkoop van ʼn Limpopo-plaas wat aan Julius Malema, die EFF-leier, behoort het, sal aan staatsinstansies betaal word wat misdaad beveg.
Man vas na hy glo dreig om haweloses te vermoor
Die polisie in Oos-Londen het ʼn 38-jarige man in hegtenis geneem nadat hy glo gedreig het om hawelose mense te vermoor.
Beskuldigde weer in hof oor Top Billing-aanbieder se dood
Simba Mhere en sy vriendin, Kady-Shay O’Bryan‚ wat ʼn passasier in die motor was wat deur Mhere bestuur is, is op 31 Januarie op die ongelukstoneel in William Nicolweg dood.
Radio-aanbieder vas oor ‘seksuele dreigemente’
ʼn Bekende aanbieder by ʼn radiostasie in Port Elizabeth in die Oos-Kaap is Dinsdag by sy werkplek in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 22-jarige vrou herhaaldelike geteister het en glo oor die telefoon gedreig het om haar seksueel aan te rand.