Suid-Afrika kan egter gered word uit ʼn armoedekrisis as die NOP geïmplementeer word saam met goeie politieke en ekonomiese wil en leierskap.
Gaan die droogte die Wes-Kaap onderkry?
Verskillende weerdienste en landbouweerkundiges het reeds voorspellings gemaak oor hoe die reënval hierdie winter in die Wes-Kaap sou verloop, en terwyl die voorspellings dikwels verskil, is dit duidelik dat daar groot veranderings vir die inwoners van dié droogte geteisterde provinsie voorlê.
Agri Wes-Kaap: Landbou moet sy waterdeel kry om ramp te voorkom
Die droogte in die Wes-Kaap neem kritieke afmetings aan, nie net vir die stad Kaapstad nie, maar die landbou is ook diep in die knyp.
Nóg ʼn plaas deur voëlgriep getref
Die departement van landbou het gesê ʼn landwye verbod geld ook vir die verkoop van lêhoenders as slaghoenders tot verdere kennisgewing.
Ekonomiese uitskieter die teiken
Dit is juis wat die Suid-Afrikaanse boere doen. Hulle boer oor dekades heen, kundigheid is van geslag tot geslag oorgedra, hulle ken die klimaat en die boerderytoestande. En terwyl die res van die land geleidelik na die rommelhoop gly, blink die boere uit en toon die grootste enkele groei in die ekonomie.
Kennis, kundigheid in boerdery as grondslag vir groei
“Indien die regering ongeag die produksie-onvermoë van sy huidige oordragte gaan voortstu op sy huidige weg, moet hulle solank hul self gereed kry om die tekort aan voedsel in Suid-Afrika te bestuur.”
Agri Limpopo: Hou nou volhoubaarheid in landbou voor oë
“Landbou staan voor twee keuses. Landbou kan ʼn toeskouer langs die veld wees waar beleid tot nadeel van die landbou ontwikkel word, of landbou kan ʼn speler op daardie veld wees.”
Van rommel tot gemors
Dit is dalk ʼn sterker punt om met ons eie radikale ekonomiese opbou te begin. Dit sal egter beteken dat ons vernuwend en dalk selfs radikaal anders sal moet begin dink en optree om op enige wetlike wyse denkbaar die ANC en EFF se ekonomiese revolusie te frustreer.
Wetsontwerp op landbougrondbesit jaag buitelanders harnas in
Geen buitelander sal grond in Suid-Afrika kan bekom sonder om ’n swart vennoot te nader om dit saam in ’n vennootskap te koop nie.
Landbouhoewes: Wetsontwerp wemel van diskriminasie
“AfriSake sal die konstitusionele hof nader rakende die geldigheid van hierdie wetsontwerp indien dit onderteken word, omdat dit ’n skadelike uitwerking op die ekonomie, voedselsekuriteit en die beginsels van ’n oop en vryemarksisteem in ’n demokratiese samelewing sal hê.”
Is SA op pad na ’n rampspoedige grondtragedie?
Die retoriek en ideologies gedrewe uitsprake en feller wordende “afvat”-dreigemente rakende grond, en meer spesifiek plase, kan nie langer geïgnoreer word nie.
Hoenderbedryf: ‘Ons vra nie gunste, net regverdige behandeling’
Die implikasie van die inkrimping van die hoenderbedryf vir die landbou is veel wyer en verskeie randbedryfsrigtings sal ook hierdeur geraak word.
Jong boere uitgerus vir uitdagings van landbou
ʼn Groep van sowat 150 jong boere van regoor die land het Woensdag in Midrand by TLU SA se Jongboerkonferensie bymekaargekom om te gesels oor die volhoubaarheid van die landboubedryf vir die volgende generasie.
Is grondhervorming ʼn realistiese opsie?
Edward Blight verduidelik waarom grondhervorming nie die antwoord op enige van Suid-Afrika se ekonomiese probleme is nie.
Lesersbrief: Mag ons nie nét bid nie…
Mag ons nie net bid, maar ook doen!
Lesersbrief: Jy moet besluit, Pappie
Dit help nie om te vra waar gaan alles dan heen nie. Jy moet besluit.
PhD-projek pak indringer-wespes
Om veertig keer in vier jaar deur perdebye gesteek te word, is meer as wat die meeste mense kan verduur. Dit is egter wat Carolien van Zyl deurgemaak het om haar doktorsgraad in entomologie te behaal.
Elsenburg: Interdik kom teen studente wat ‘nie oplossing wil vind’
“Hierdie groep studente weier om deel van die bemiddelingsproses te wees. Dit is hulle reg. Ons sal egter nie toelaat dat enige student die voortsetting van onderrig by die instansie ontwrig nie.”
[Video] EFF-lede slaan landboustudente glo met swepe
Beeldmateriaal van mense in EFF-oorpakke wat glo studente van die Elsenburg-landboukollege met swepe en sambokke slaan, het Dinsdag aan die lig gekom.
Taalbesluit by Elsenburg-landboukollege omgekeer
Die besluit dat alle onderrig by Elsenburg-landboukollege slegs in Engels sal plaasvind soos vroeër die week aangekondig, is Vrydag tydens ʼn vergadering omgekeer. Beide Afrikaans en Engels is weer as onderrigtale ingestel.